Katbergpas - 'n Kat met Kloue

GeelKameel's picture
'''Katberg – ‘n Kat met Kloue''' Ek het grootgeword in hierdie omgewing en baie stories gehoor van noue ontkomings in die Katbergpas – destyds die enigste padroete tussen Fort Beaufort en Queenstown. My pa het my vertel dat hulle op ‘n keer in digte mis oor die Katberg pas gery het. My Oupa het bestuur en my pa-hulle moes weerskante van die kar loop en teen die deur tik sodra die kar te naby die afgrond beweeg. Die bestuurder kon nie sien waar die pad se rand is nie! Sedertdien is die nuwe teerpadpas gebou en word die ou pas gladnie meer onderhou nie. Van daardie tyd af het die ou Katbergpas my gefassineer en wou ek self gaan kyk hoe dit daar lyk. Die reis het begin by Port Alfred waar ek by my broer en skoonsus gekuier het. Saterdag vroegoggend is ek daar weg. Port AlfredPort Alfred Al met die kuspad langs (teer), verby die Visriviermond en links op ‘n grondpad gemerk “Fallodon”. (ek het tot vandag toe nog geen Fallodon gesien of gehoor nie....) RoetekaartRoetekaart Fallodon pad na PeddieFallodon pad na Peddie Ek het besluit om nie my bande sagter te maak nie (bly 2.5 agter, 2.3 voor) omdat die pad goed gelyk het en ek ‘n splinternuwe semi-knobblie (Heidenau) voor op die bike gehad het. Ek wou sien hoe die nuwe band hom gedra. Die pad was heelpad mooi groen, soms twee-spoor, met hier en daar bietjie los gruis. Ek was baie beiindruk met die band. Veral in los gruis en met rem. In die middel van nerens is hierdie baie mooi boom (ek weetnie watse soort boom dit is nie). Sy een hooftak het afgebreek maar groei verder, so met sy elmboog op die grond. Mooi boomMooi boom Anderkant Peddie was die pad steeds mooi, maar ek was bekommerd dat, wanneer hulle hierdie hengse klippe na die ryvlak skraap, baie buitebande in die slag gaan bly.... Hengse klippe vir die padHengse klippe vir die pad Op hierdie stuk pad het ek op ‘n klein monument afgekom, met ‘n plakkaat wat verduidelik dat hierdie gedenkplaat een is van ‘n reeks op die Makana roete. Die Makana roete vertel interessante episodes uit die OosKaap se geskiedenis. Makana RouteMakana Route Steeds was die pad heel maklik en ek het in die Sam Knott Reservaat se hek ingery. Vriendelike hekwag en geen kostes. Hier kan mens afdraai na enige van vele (Lanie-) natuur/wildplase. Doubledrif wyserbordDoubledrif wyserbord In die reservaat het ek darem twee diere gesien – olifante daar doer in die kloof en ‘n kameelperd wat my lank aangekyk het. Ek is seker hy was jaloers op die GeelKameel! GeelKameel en BontkameelGeelKameel en Bontkameel Twee olifanteTwee olifante Anderkant die reservaat 'n kort stukkie teer na Alice en Hogsback, toe weer grondpad verder na die Michelspas. Roete verderaanRoete verderaan By Hogsback het ek die bande sagter gemaak. Ek het voor en agter na 1.8bar (koude druk) verminder. Dit is harder as my gewone 1.5bar. Die rede was dat ek so beiindruk was met die semi-knobblie dat ek nie rede gesien het om sagter te gaan nie. Veral omdat ek heelwat klippe verwag het in die pad wat voorle^. MichelspasMichelspas Steil maar maklike padSteil maar maklike pad Onlangs geskraapOnlangs geskraap Hierdie pas was baie onlangs geskraap. Dus heel maklik om te ry, behalwe om katvoet te wees vir die los gruis op die ryvlak. Weereens was ek baie beiindruk met die Heidenau. Nog steil plekkeNog steil plekkeTaamlik steil op paar ‘n plekke. Die laaste ding wat ek verwag het (maar moet seker nie verbaas wees nie) was 'n gemors-hoop in die middel van 'n mooi pas... Hoop gemorsHoop gemors Onder in die vlakte het ek ‘n paar nuuskierige donkies ontmoet. Hulle het my gestaan en kyk tot ek weer vertrek het. DonkiesDonkies Tipies van baie bruggies Tipiese bruggieTipiese bruggie Seymour is maar nog een van die talle voorbeelde van die totale agteruitgang en verval van omtrent alles wat eens mooi en trots was in hierdie gebied. Seymour in distressSeymour in distress Katberg hotel, met Katberg in die agtergrondKatberg hotel, met Katberg in die agtergrond Katbergpas begin hier by Highlands rondKatbergpas begin hier by Highlands rond Die Katberg is in die suidelike deel van die Winterbergreeks, noord van die Amatola bergreeks. Andrew Giddes Baines het die (ou) Katberg pass uitgele^ en met bouwerk begin in 1860. Sowat 3000 gevangene-werkers het die arbeid verskaf. Andrew is in 1864 dood, kort voordat die pas voltooi is. Volgens een van my kaarte is die pas se kruin 1700m bo seespieel, en sy steilheid is 1:8 (teenoor 1:15 van bv Du Toitskloofpas). ‘n Paar km op in die pas is ‘n kort brug wat van geelhout en klip gebou is. Dit is merkwaardig dat hierdie brug nog staan – die geelhout dra sy vrag al 150 jaar! Geelhout brugGeelhout brug Tipiese toneel vroeg in die pasTipiese toneel vroeg in die pas Van hier af het die pad algaande rowwer en steiler geword. Op baie plekke het ek aan die Holgatpas en die Combrinkpas in die Baviaanskloof gedink. Een verskil met Holgatpas is dat die rowwe dele van Katbergpas baie langer aanhou. Los ronde klippe saam met spoelslote was die grootste uitdaging. Af en toe stuk rowwe klipbanke. Al wat ek heeltyd gedink het was om die enjin aan die loop te hou en die GS te vertrou. As jy hier val en seerkry sal hulle jou geraamte en ‘n geroesde bike kry. Op meeste plekke is die afgrond sommer hier by jou bene. Opwinding en adrenalien! As ek terugdink – nie regtig ‘n pad vir solo-ry nie. Die risiko van skade is redelik groot. Los klippeLos klippe Nog klippeNog klippe En skerp draaieEn skerp draaie Amper boAmper bo Die pas hou baie lank aan. Ek skat sowat 10km tot bo, dan nog ‘n paar km gelykerige pad tot waar die Devil’s Bellows begin. Bo-op die plato is die afdraai na Waylands – ‘n historiese plaasopstal van sowat 150 jaar oud. Afdraai WaylandsAfdraai Waylands ‘n Ent verder die afdraai na Tarkastad – ‘n baie mooi pad wat ekself nog eendag wil ry. Dit is ook rof en vervalle, maar loop al langs die Koonap rivier tot naby Bedford/Adelaide. Afdraai TarkastadAfdraai Tarkastad Toe ek die gelyktes tref daar bo-op die berg, was ek meteens bewus daarvan dat die wind besonder sterk was. By tye so sterk dat dit moeilik was om in die smal ryspoor te bly. Dis toe dat ek besef dat hierdie gebied nie verniet “Devil’s Bellows” genoem word nie. Naby BellowsNaby Bellows Hier het ek gewens daar was ander ouens saam met my om die uitsigte te deel. Ek het effens gesukkel om om te draai (wind en los klippe) maar ek het die terugtog vol opwinding aangepak. Devils Bellows panoramaDevils Bellows panorama Nou weer op pad af, verby die hoogste punt van die pas. 1700m bo seespieel1700m bo seespieel Op pad afOp pad af Nog klipriwweNog klipriwwe En meer klippeEn meer klippe Die afgaan was eintlik relatief maklik. Teen hierdie tyd het ek die bande en vir GK totaal vertrou en net rigting gegee. My keuse van 1.8 bar was 100% reg. Heelwat klippe en rotsriwwe sou dalk skade veroorsaak het indien die bande sagter was. Nog 'n skerp draaiNog 'n skerp draai Met die afgaan het ek dikwels gestop en fotos geneem. Met die opgaan was dit te gevaarlik om sommer net te stop, daarom het ek besluit om fotos te neem met die afgaan. Panorama naby bo, oostelike rigtingPanorama naby bo, oostelike rigting Daar is baie brande in die OosKaap - let op hoe blou-dynserig is die lug in al die panorama fotos. Ongelukkig glo heelwat van die plaaslike bevolking dat veldbrande reen bring. Panorama in suidelike rigtingPanorama in suidelike rigting En die "Huge rock in road" soos gemerk in GarMap Huge rockHuge rock Terug by die voet van die pas het ek ‘n paar dinge besef: 1. Ek is baie gelukkig om alleen op en terug te wees sonder skade 2. Solo-ry is lekker, maar dis lekkerder as jy ry-maats het en die opwinding kan deel 3. Hierdie is ‘n pas wat elke GS-ryer behoort te kom ry 4. Die vryheid wat ‘n GS bike jou bied is onbeskryflik. Terug by die beginTerug by die begin Ek het ‘n hele ruk hier rondgehang en die laatmiddag geniet. Dit was te laat om die Mancazana/Grashoek stuk pad te ry soos wat ek beplan het. Dus het ek toe maar stadig, kuier-kuier na Fort Beaufort te ry. Op pad na FB het ek die (eens baie populere) kuierplek van die jongmense van 1960-1970 gesien. Tidbury’s Toll Hotel. In die baie ou dae was dit glo ‘n tolhek op die roete na die binneland. Later jare ook ‘n treinstasie vir oa die lemoenboere langs die Katrivier en ‘n nog later ‘n populere hotel/kroeg/kuierplek. Vandag lyk dit so’.... Tidbury's Toll stasieTidbury's Toll stasie Tidbury's Toll hotelTidbury's Toll hotel Daar in FB het ek ‘n bekostigbare gastehuis opgespoor en iets te ete gaan soek. Interessant was die feit dat daar net drie opsies was vir eet in FB: die “tavern” by die Total garage (jy wil nie soontoe gaan nie, wil jy?) of jou gastehuis (indien hulle voorberei het vir jou) of die CountryClub buite die dorp. Toevallig was my gasheer ene Mark Tidbury, ‘n seun van die Tidbury’s Toll familie, en ook ‘n aktiewe lid van die Country Club....anders sou ek honger gaan slaap het. Ons het lang onthou-jy-nog stories gesels voordat ek in die bed geduik het. Die volgende dag (Sondag) was my plan om my “geboorteplaas”, Grashoek, in die Mancazana en daarvandaan na my “groot-word” plaas, Rietfontein, te ry. Natuurlik op al die grondpaaie waar ek grootgeword het. Maar, dis ‘n ander storie wat wag om geskryf te word. Interessante skakels: http://www.wegtydskrif.co.za/bestemmings/storie/39

Comments

Hayleyscomet's picture
Offline
Joined: 2007/06/30
Stunning Danie ,Thank you

Ride Like the Wind

Cool

Geoff Russell's picture
Offline
Joined: 2007/09/25
Dankie GK!

Committee: Ride Captain

JohanM's picture
Offline
Joined: 2007/08/31
Lekker Danie - sommer baie spyt dat my Kenhardt uitstappie en jou Katberg een oorvleuel het - ek sou dit baie saam met jou geniet het - veral omdat ek nie sommer alleen op sulke grondpaaie sou wou waag nie. (Nou hoe moet die engelsmanne nou voel? As ek my tripreport in afrikaans kon doen, sou dit ook 2x langer kon wees met meer foto's!) Groete
Offline
Joined: 2007/06/25
Danie ek is bly dat jy daai trip geniet het in 'n besonder mooi wereld. Ek en Jean is baie lief vir die O Kaap en sal waarskynlik Desember weer soontoe ry. Ignore opinions, heed facts. Bum in the saddle.

Think before you ink.

Trust is the most valuable asset.

I have the rest of my life to get old.

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
JohanM wrote:
....nou hoe moet die Engelsmanne nou voel?...
For the Engelsmanne - need a translation? I will do it (with pleasure), if requested. :) NS - JohanM, moenie worrie, eendag doen ons dit in 'n groep, dan ry ons ook die Koonap/Tarkastad gedeelte en sommer ook die Bastervoetpad tussen Ugie en Elliot
rynet's picture
Offline
Joined: 2008/03/17
Dankie GK, lekker gelees aan jou verslag, volgende keer gaan ek saam :) ''"4 wheels move the body,'' ''2 wheels move the soul"''
n/a
Annie's picture
Offline
Joined: 2007/06/17
Dankie Danie! Dis jammer ek het nie 'n baaik daardie naweek al gehad nie! Ek onthou, ons het hierdie paaie 'n paar jare terug in ons Landrover gedoen - en toe was daardie passe net modder...ons het taamlik gegly (afdraend) op verskeie plekke - maar ongelooflik mooi. Ek is baie jaloers! Eendag, sal ek hom uitry met my nuwe fiets...
AJ
AJ's picture
Offline
Joined: 2007/11/02
Baie mooi plek waar jy gery het.Dankie vir die verslag in Afrikaans nou kon ek dit ook gelees het.
Neil Terry's picture
Offline
Joined: 2007/07/01
Baie dankie, Danie, die foto's is uitsteekend!!
Daantjie's picture
Offline
Joined: 2008/01/24
GK, Sit my naam op jou lys vir die dag as jy 'n trip Gifberg toe reel.
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Danie kan jy my die GPS file stuur vir hierdie roete ASSEBLIEF - ek en Tracey is bietjie af....wil dalk die trip gaan doen. johan@ghib.com Groete Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
GPS roete het ek ongelukkig nie (geen GPS), maar ek kan dit vir jou op papier inkleur en stuur. Ook paar variasies. Wanneer het jy dit nodig? Maar ek is seker jy kan dit maklik van papier na GPS oorplaas. Die betrokke paaie word almal op GarMap gewys. Waar gaan julle "basiskamp" wees, waarvandaan julle vertrek?
Offline
Joined: 2008/06/02
Hierdie Engelsman het lekker gelees, dankie! :)
Offline
Joined: 2009/07/29
KANNIE BEKOSTIG OM SULKE ARTIKELS TE LEES NIE---RAAK TE JALOERS ANDREB