Fort Beaufort

GeelKameel's picture

4 days, 10 Eastern Cape dirt passes - Day 1

 

 

 

Touring and discovering new parts of our country took on a completely new dimension when I started riding off-road with a motorbike many years ago. Once you start riding off-road, it is like seeing our country through a magnifying glass instead of through binoculars.

I spent my entire youth in the Eastern Cape, and was fortunate enough to live on a farm. 

GeelKameel's picture

Baie jare later

Ek het as plaasjapie in die Ooskaap grootgeword, in die omgewing van Fort Beaufort.

 

My eerste vyf jaar op die plaas Kroonkop/Grashoek (S32  41.509 E26  47.427) in die Mancazana vallei (Juanasberg), oos van die dorp. Die volgende paar dekades op die plaas Rietfontein (S32  52.386, E26  36.735) in die Gardenersdrif gebied, wes van die dorp.

 

‘n Tyd gelede het ek daar gaan toer om te sien wat geword het van daardie wereld wat ek 10jaar laas gesien het.  Die eerste dag was ‘n toer oor Hogsback, Michelspas en die Katbergpas.

GeelKameel's picture

Katbergpas - 'n Kat met Kloue

'''Katberg – ‘n Kat met Kloue''' Ek het grootgeword in hierdie omgewing en baie stories gehoor van noue ontkomings in die Katbergpas – destyds die enigste padroete tussen Fort Beaufort en Queenstown. My pa het my vertel dat hulle op ‘n keer in digte mis oor die Katberg pas gery het. My Oupa het bestuur en my pa-hulle moes weerskante van die kar loop en teen die deur tik sodra die kar te naby die afgrond beweeg. Die bestuurder kon nie sien waar die pad se rand is nie! Sedertdien is die nuwe teerpadpas gebou en word die ou pas gladnie meer onderhou nie. Van daardie tyd af het die ou Katbergpas my gefassineer en wou ek self gaan kyk hoe dit daar lyk.
Syndicate content