Grondpad ry

77 replies [Last post]
GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21

'n Paar duimreels vir onervare grondpadryers is altyd welkom. 'n Vriend van my vertrek vanoggend op 'n vierdag grondpad toer na die OosKaap. Saam met hom is twee vriende wat wel kan ry, maar geen ondervinding van grondpaaie het nie. Hulle het my gevra om vir hulle 'n paar lyne te skryf oor grondpadry. Ek het gedink dit sal ook nuttig wees vir baie ouens op die forum.

Ek is geen fundi nie, en het al baie foute gemaak. Hier is wat ek dink belangrik is met grondpadry:

a) 'n Basiese kursus soos die "Introductory Course" is baie nuttig en regtig moeite-werd. Doen dit so gou moontlik.

b) Hou jou spoed onder beheer. Ry eerder te stadig as te vinnig.

c) Ry saam met groepe en leer van jou eie foute en leer by die sukses van ervare ryers. Moenie alleen ry nie, vir baie redes.

d) Goeie beskermende klere is noodsaaklik

e) Moenie bang wees nie, wees net versigtig.

f) Ervaring en selfvertroue gaan hand aan hand. 

Hier is wat ek vir hulle geskryf het

-----------------------------------------------------------  

‘n Paar duimreels vir NUWELINGE op grondpad

1. Wees BAIE versigtig met die voorrem. Rem met die voorwiel is baie effektief op grondpad, MAAR dan moet jy weet wat jy doen. 'n Beginner is geneig om te skrik en dan die voorrem vas te gryp – dis dodelik op grondpad. Aan die begin-tyd moet jy die voorrem so min moontlik gebruik, en wanneer jy dit wel gebruik - werk liggies daarmee (konsentreer daarop!) rem baie matig met een of twee vingers – nie die hele hand nie. Mens is gewoond aan teerpad, waar voorrem normaalweg en maklik gebruik word. Dit kos baie oefening om op grondpad veilig en effektief te rem met die voorwiel.

2. Rem met die ratte, sover as moontlik. Dis heel veiligste omdat die agterwiel bly draai, al sleep die band. Wissel ratte voor die draai. Vermy om af te rat binne die draai, veral as jy voel jy ry te vinnig - die agterwiel begin begin maklik sleep (agv laer rat) en dit verminder stabiliteit, dit laat jou skrik en dit vergroot die kans dat jy ander foute sal maak. 

3. Rem in 'n reguit lyn. Dis veiligste en doeltreffendste. Wanneer jy 'n draai ingaan moet jou spoed reeds reg wees. Doen afrat voor die draai. Vermy afrat binne 'n draai.

4. ABS AFgeskakel op grondpad. Om een of ander rede wil ABS op grondpad nie daardie laaste doodstil stop doen nie. Dit rem wel, maar net tot op 'n punt. Dit is wel waar dat ABS goed werk op gladde modder oppervlak. Maar, as beginner wil mens liewer van gladde modder wegbly.

5. Bande – knobblies is verreweg die beste vir grondpad, veral in modder, sand en los grond. Enigste nadeel is dat hulle vinnig slyt en nogal duur is. Dubbeldoel bande met diep en wye groewe is die beste volgende keuse.

6. Banddruk – baie belangrik. Die regte banddruk maak 'n hengse verskil (sien die stuk heel onder).

7. Hou jou spoed laag – gemaklike spoed minus 10kpu is gewoonlik reg.

8. Verminder spoed betyds, veral voor draaie. ‘n Blinde draai of draai met slegte grond of los gruis kom baie skielik op jou af! Rem met die ratte en agterrem. Vermy dit om binne die draai ratte te wissel.

9. Staan sover as moontlik – oefen dit. Mens het baie meer beheer oor die bike omdat jou eie gewig apart van die bike beweeg.

10. Goue reel: ''Stand up, Look up, Open up''. Staan Op, Kyk Op, maak Oop jou kniee (moenie tenk knyp nie)

11. Sand – sagte bande. Staan, plaas gewig so ver agtertoe as moontlik (strek arms vorentoe), laat die bike sweef, hou stuur met sagte arms vas, ry reguit vorentoe (moenie probeer stuur nie). Tweede rat werk goed, maak geleidelik oop soos jy deur die sand beweeg sodat agterwiel heeltyd effens vinniger as die bike loop. Moenie ‘n spoor probeer volg nie. Oefen, oefen, oefen!

12. Modder – Balans is alles, veral indien in gladde modder. Moenie stuur met die hande nie, hou reguit en stuur met die voete (staan en verplaas gewig links/regs) - [makliker gese' as gedaan! ]  Hou konstante enjinspoed, moenie versnel nie (agterwiel begin spin en gooi agterkant weg). Een van die sleg dinge van modder is dat dit die band se spoor toesmeer en jy dan effektief alle vastrap verloor.  Anders as op droee grond, help ABS help nogal baie in gladde modder, as jy die slag moet rem.

13. Water – ‘n Splash is lekker en heel veilig in meeste gevalle. Oppas vir ronde spoelklippe, veral waar mos daarop gegroei het (bv stroompies). Toets diepte van water indien dit dieperig lyk. Oppas vir gladde modder waar jy anderkant uitgaan – hou reguit en hou konstante enjinspoed.

14. Oppas vir los ronde klippies of gruis op harde pad. Doen moeite om in die spoor te bly, veral voor en om draaie.

15. Opdraendes met los klippe – versnel genoeg op die gelykte, bou momentum op. Kies betyds die beste lyn. Maak geleidelik toe soos jy opgaan (dit voorkom dat die agterwiel begin maal). Jou momentum aan die begin is die sleutel tot sukses.

16. Afdraendes met los oppervlak – begin stadig en hou in laagste ratte, hou lae spoed. Gebruik min of geen rem. En verkieslik slegs agterrem.

17. Spoelslote in die rigting van die pad is gevaarlik, veral vir ‘n ligte bike. Bly uit hulle uit. Dieselfde vir voertuigspore wat droog geword het.

18. Deurstamp van voorband. Oppas dat die voorband (wat effens afgeblaas is vir die grondpad) deurstamp teen groot klippe of rotsriwwe. Hierdie gevaar word baie verklein indien jy staan.

19. Rowwe oppervlakke is nie veel van ‘n probleem nie, veral as jy staan en nie te vinnig ry nie. Die bikes kan dit hanteer.

20. Inherente stabiliteit. Ek is altyd verbaas om te sien hoeveel inherente stabiliteit in ‘n bike is, solank sy wiele draai.

21. Stop gereeld en rus. Rowwe pad is meer vermoeiend as wat mens besef.

22. Skerp draai (soos in U-draai in 'n klein area) - Hou die enjin aan die loop, en op konstante spoed as jy skerp draai. Wees wakker - die bike val na die binnekant sodra jy enjinspoed verminder of as enjin vrek.

--------------------------------------------

En oor bande (herhaling van 'n Aug'07 stuk)

--------------------------------------------

Dirt road pressures

The tyre pressure is a compromise between Traction, Wear and Heat build-up.

Generally you find: More heat = more traction = quicker wear. This is much more evident on tarmac than on dirt.

Lower pressure = more heat build-up = quicker wear

Wider spaces on thread pattern = better grip on dirt = less rubber tread (because of spaces) = quicker wear (because of less tread rubber)

The pressures recommended by the manufacturer was established by them trying to offer the general user with an optimum balance between good wear vs good grip. You as intelligent rider should adjust the recommendation to suit your own detail needs. The lower tyre pressure gives larger footprint ---- better grip on dirt, but greater heat build-up especially with high speed (leading to quick wear).

Higher tyre pressure = smaller footprint, less grip on dirt, good grip on tar, reasonable heat build-up, reasonable wear.

Note: in some dirt cases a narrow footprint is better, eg in with pebbles on a hard surface. A narrow tyre penetrates better into the pebbles than a wider tyre. On the contrary, a wider tyre is better in sand because it penetrates less than a narrow tyre.

On dirt roads, Knobblies are best by far. Dual purpose tyres with wide grooves is next best choice. I found that 1.5bar front and back works well for my 1150GS (tubeless, dual purpose tyres) on average dirt road (eg when you dont know what to expect on the road ahead). With knobbly type tread, a pressure of 2bar front and back works well on dirt, and at this pressure one can do bit better speed on tarmac stretches. Viewed from another angle - a knobbly at tarmac pressure grips quite well on dirt without being deflated.

If lots of sand, then 1.2 at the back and 1.5 front. (note: very very seldom as low as 1.2bar ---- I do not like very low pressures (or sand) in any case.

If you carry a pillon or lots of luggage, raise front and back by 0.2 bar (ie 1.7 front, 1.7 back) If you carry both pillion and luggage, raise back another 0.2 bar (ie 1.7 front, 1.9 back).  If you as rider/driver is heavier than average, you need to increase the pressure accordingly (and vice versa for very light rider/driver).  Doing short distances with soft tyres on tarmac is OK, but keep speed down, inflate as soon as possible. Doing short distances on dirt road with tarmac pressure is also OK, provided you remember that yr grip is much less than with softer pressures. And be alert --- it will help saving your mirrors from damage.

Wet weather - same pressures as dry (dirt and tar respectively), reduce speed, increase awareness. Get yourself an analog (non-digital) tyre pressure gage. (Cheapies not recommended, goldplated fancy ones not worth the money. Neither digital ones - they seem to be great, until they let you down with a flat battery).  

Then experiment with pressures on your own bike & weight & style of riding. In order to get the best life out of your tyres, one has to accurately control the tyre pressure. It is much more sensitive to pressure than you can imagine. I once took a good 50% worn tyre to replacement in 500km of fast tarmac riding on 1.3bar. And only afterwards realised how lucky I was, not have suffered a blow-out! The recent track day was a revelation to me, regarding the behaviour of the tyres. How they heat up and feel/handle early and late in as few as 3 laps. By the way, for the track riding they recommended 2.5 front and 1.8 back. I used 2.5 front and 2bar back. (note low rear pressure for quick heat build-up, ie better grip)

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14
Regarding tyre pressure, during the Oudtshoorn trip I rode a while at full pressure on dirt. I was able to do it, but when I let the pressure down from 2.3bar (hot) to 1.8 bar, I felt an enormous improvement: * The ride was smoother, and * I had better grip and more control.

Committee: Webmaster / Ride Captain

Annie's picture
Offline
Joined: 2007/06/17
Like Charles I was also Very Relieved to finally get the chance to deflate on the trip to Oudtshoorn. I'd never really ridden off-road on 2.2 bar before With ABS! I eventually stopped at least just to switch off the ABS so that I wouldn't be doubly terrified... I find using front brakes OK on the dirt, but that you have to remember to be Gentle with them.
Geoff Russell's picture
Offline
Joined: 2007/09/25
The posting by GeelKameel refers; I agree with your posting and it is good advice. However the point number 3 about not using the front brakes will lead to disaster when riding off road if you DO NOT apply front brakes. I have seen many many times riders applying this advice (use only back brakes) with dangerous effect and even seen people fall because of it. Front brake use off road is very safe if applied in moderation. If you apply the brakes very heavily the front wheel will lock up and wash away beneath you. However moderate application of the front brake works 100% when riding dirt. Like all things about riding you must practice practice practice.......Front wheel braking is the same. Attend any of the courses and you will be taught to brake as such.

Committee: Ride Captain

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
GR you are correct re front braking. It is indeed effective, if applied correctly. My own experience is that I tended to grab the front brake in a fright situation. So, I may have over-emphasised this point, but keep in mind I wrote it for the benefit of two totally green riders. Thanks for yr comment. I would like to hear comments from others as well. GK
GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
I updated points 1 and 3 in order to be more generaly applicable. GK
Jaco's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
Hi GK, Wat ek as belangrik ervaar op 'n Dakar, wat ligter is en nie dieselfde "lae" massamiddelpunt as die boxers het, is - verplaas jou gewig na die buitekant van die fiets in 'n draai vir daai ekstra bietjie "grip". AS jou heupe na buite skuif behoort daar meer gewig op die buitenste pedaal te wees. Tweedens, kyk waar jy die draai wil uitgaan, m.a.w. fokus waar jy wil ry en nie soseer waar jou wiele nou is! (Hier kan ek van persoonlike ervaring getuig, of miskien is my kop net effens skeef?!) groete
Basset's picture
Offline
Joined: 2007/10/01
My ervaring van briek op 'n grondpad is om die voorbriek maar ruim aan te wend. Ek het op grondpaaie geleer motorfiets ry en sommige van my eerste fietse was padfietse! Ek moes lang afstande grondpad ry voordat ek 'n bietjie teer kon kry om hulle goed te gebruik. Wie van julle onthou nog die 2-stroke Yammie RD's van toeka? Die geheim in my opinie is om nie te skrik en te panic nie, want dan gaan jou spieëls grond raak. Die 4-slag fietse het soveel enjin remkrag (as jy die regte rat gebruik vir die situasie) dat die agterwiel in elk geval reeds hap-hap vir 'n vasbyt plekkie. Nog ekstra rem op hom help dan nie veel nie. Hy sal net sleep. Wat ook gevaarlik is. Oefen met jou voorbriek op verskillende grondpaaie en gebruik hom gerus. Jy sal verbaas wees hoe effektief dit kan wees. Sou die voorwiel lock, los net dadelik die briek en daai 21 duim gyro sal jou weer vinnig regop trek. I beleive I can fly!
n/a
Offline
Joined: 2007/06/23
Basset, Die reel is reeds om self teen 160km/h jou agterrem ten volle te gebruik (laat hom sleep) en dan eers jou tegniek met die voorrem uit te oefen.
n/a
GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
Lyk my jy hou van stof maak!! Baaaaie stof. Maar nou wonder ek wat die meeste stof gaan maak - Jou agterwiel of jou voorwiel of jou spieels of jou broek en baadjie, arms en bene :)
Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14
Kom na die [http://bmwmotorcycleclubcape.co.za/road-rider-and-pillion-training Intro to Offroad with pillion] kursus wat Geoff nou net gereel het. Ons sal leer om teen 60km/hr, '''met pillion''', die agterwiel te laat sleep en die voorbriek so hard as moontlik te gebruik tot net voor die voorwiel vasrem. Om die kursus te slaag en 'n sertifikaat te kry moet 'n paartjie wys hulle kan die noodrem oefening doen. groetnis Charles (ek wou in engels skryf maar is bekommerd ek work ge-herminated)

Committee: Webmaster / Ride Captain

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14
Basset, is dit 'n pronkende Funduro wat ek daar sien? Mooi. Moet hom aan Brenda Buttercup voorstel (of is dit 'n 'sy'). Die Funduro is nog steeds van die mooiste fietse wat bestaan.

Committee: Webmaster / Ride Captain

Basset's picture
Offline
Joined: 2007/10/01
Ek het niks teen die gebruik van 'n agterbriek nie. As jy jou agterwiel wil sleep kan jy dit doen, ek doen dit ook soms as die padhelling in my guns is. Maar om die voorbriek heeltemal te ignoreer?? Aikona. Dan moet ons ook onthou dat elke situasie op 'n grondpad is anders en daar is geen plaasvervanger vir die BBE (briek-beheer-eenheid) tussen jou ore nie. I beleive I can fly!
n/a
Basset's picture
Offline
Joined: 2007/10/01
Hallo Charles Ja, dit is 'n Funduro. "Hy" is 'n 96 model en het al vir my gevra of ek nie vir Brenda 'n e-mail wil stuur nie. Veral toe hy uitgevind het dat Brenda ook nie van die "loud crowd" hou nie. Ek was net nie seker of dit OK sal wees om die forum as 'n dating service te gebruik nie. Hy en sy swaer ('n Dakar) baljaar naweke op die stofpaaie. I beleive I can fly!
n/a
Offline
Joined: 2007/06/23
Stof maak ek ja Geelkameel, BAIE, maar broek en baadjie, arm en bene ? Nie sommer nie !
n/a
Basset's picture
Offline
Joined: 2007/10/01
Sorry. I (still) believe I can fly.
n/a
Basset's picture
Offline
Joined: 2007/10/01
charles wrote:
Kom na die [http://bmwmotorcycleclubcape.co.za/road-rider-and-pillion-training Intro to Offroad with pillion] kursus wat Geoff nou net gereel het. Ons sal leer om teen 60km/hr, '''met pillion''', die agterwiel te laat sleep en die voorbriek so hard as moontlik te gebruik tot net voor die voorwiel vasrem. Om die kursus te slaag en 'n sertifikaat te kry moet 'n paartjie wys hulle kan die noodrem oefening doen. groetnis Charles (ek wou in engels skryf maar is bekommerd ek work ge-herminated)
'n Slepende agterwiel het nie die stopkrag en stabiliteit van'n roterende agterwiel nie. Tensy jy in een of ander emulsie beweeg? Sorry maar ek kan nie saamstem dat die sleep van jou agterwiel jou vinniger sal laat stop nie. Gewoonlik word die sleep van die agterwiel gebruik om jou "aanvalshoek" te verander. I beleive I can fly!
n/a
William (not verified)
Basset Just a small word of advice from my long gone grandmother never forget about the word "lie" in believe I "beleive" I can fly! should be I "believe" I can fly!
Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14
Basset wrote:
'n Slepende agterwiel het nie die stopkrag en stabiliteit van'n roterende agterwiel nie. Tensy jy in een of ander emulsie beweeg? Sorry maar ek kan nie saamstem dat die sleep van jou agterwiel jou vinniger sal laat stop nie. Gewoonlik word die sleep van die agterwiel gebruik om jou "aanvalshoek" te verander.
You are quite right. Sliding friction (as when skidding) is less than static friction (when the wheel does not slide). On tar. On gravel, you are not on a solid surface. The intention with locking the back wheel is to dig through the loose stuff to the solid ground below, and to build up a wall of dirt in front of the back wheel to help you stop. It's almost as if the surface you are on/in is liquid (emulsion?). During our last course, we had 'dark horse' (an old RT) that could not turn off his ABS. During the emergency braking exercise, William was unable to lock the back wheel. All his stops were beautiful, controlled, rolling stops - but more than twice as long as our 'locked wheel' stops. Emergency braking is exactly that - not elegance, not absolute control, but stopping in the shortest distance in order to save your life.
Basset wrote:
I beleive I can fly!
'' 'i' before 'e' except after 'c'.'' ;-)

Committee: Webmaster / Ride Captain

Freakonaleash's picture
Offline
Joined: 2007/06/19
I know I can fly..........Gravity sucks!Gravity sucks!
n/a
Basset's picture
Offline
Joined: 2007/10/01
Ek het net geskop teen die stelling "vermy voorrem op grondpad" en kyk waar trek die draad nou! Briek is nou altyd emergency stops en my arme vriendin Gravity, she sucks! (Chuckle Chuckle) I believe I can fly!(Correct spelling this time)
n/a
GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
Hi Basset - ek volg nie mooi wat jy bedoel nie, maar ek is heppie as jy heppie is. My drie vriende is terug van hul Baviaanskloof trip. Ek is baie bly om te rapporteer dat hulle geen skade of valle gehad het nie. Wat merkwaardig is, is dat een van hulle nog nooit grondpad gery het nie. Hy is heelhuids deur op paaie wat by tye baie tegnies was. Die tweede ou het al bietjie grondpad gery. Derde ou is 'n ou hand in die stof. Wat betref voorrem op grondpad gebruik - ja, dis baie effektief, maar jy moet weet wat jy doen en hoe jy doen. 'n Kursus soos die Offroad Intro wat Kobus-hulle deurgemaak het (sien elders op Forum) is presies waar mens die regte tegniek leer, op die regte manier.
Basset's picture
Offline
Joined: 2007/10/01
Wat ek bedoel GK is dat my persoonlike styl van ry op 'n grondpad is dat ek die agterwiel gebruik vir enjin-remkrag en verder op my voorbriek staatmaak. Dit is natuurlik onder normale omstandighede. Vir noodsituasies? Wel, dis 'n ander storie. Dan kan net goeie opleiding of jare se ondervinding jou bas red. Dan is dit Bid & Briek met alles wat jy het en kyk wat gebeur! So 'n bietjie luck help ook. Jy het egter vir die manne goeie raad gegee, want op die verkeerde oppervlakte en teen die verkeerde dosis kan 'n voorbriek jou "Plusbus" toe stuur. (Dis nou die roomys kombi met die rooi "plus" op die kante en die eentonige musiek) I believe I can fly!
n/a
JohanM's picture
Offline
Joined: 2007/08/31
Ek was vandag by iemand wat al 'n enkel gebreek het en my ingelig het dat GS staan vir "geen sand" Ek het geen ervaring hiervan nie en dalk "stirr" ek, maar die kenners se reaksie op die vraag kan dalk baie help!
Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14
Hi Johan They also say 'BMW' stands for 'Be My Wife'. Both sayings are poppycock. What is true is that riding on sand, '''on any bike''' is tricky at first, especially for a novice. Have a look at our experiences at Atlantis: * [http://bmwmotorcycleclubcape.co.za/atlantis-day GS and GSA at Atlantis], and * [http://bmwmotorcycleclubcape.co.za/brenda-does-atlantis Brenda does Atlantis], where Brenda is an old Funduro, said to be more '''on-road''' than off, and I have only been riding for 2 years and am not very fit, strong or big. The thing about riding a bigger bike on sand is: # You need to know how - you cannot rely on correcting mistakes by putting your foot down or throwing your body weight around. # You need speed and/or acceleration. Novices tend to slow down when they hit sand - which causes the very thing they are afraid of. # There is no middle ground: you either ride at walking pace, with your feet on the ground walking you through, or you ride at faster than 50km/hr. Most accidents happen when a rider is starting up, before s/he has enough speed, or when slowing down or stopping. # The sand-riding guide says to ride at a speed 10% faster than what you are comfortable with - this is obviously difficult to do and frightening. My own experience is that Brenda just wants to do the right thing, and when I let her, and stop interfering, she can handle almost anything. So, I would say that 'GS' stands for ''Geen Strond'' - you need to know how to ride and don't blame your tools when you fall.

Committee: Webmaster / Ride Captain

Padlangs (not verified)
Hello JohanM, Werk die dame in n "klerewinkel" in Durbanweg? Hulle het BAIE ervaring van teerpad ry, toe koop hulle n off-road fiets en gaan ry sand (met n pasasier). Jy is volwasse genoeg om eers te wil leer hoe om jou fiets te gebruik van die teer af. Sover my kennis strek het hulle NIE die opleiding gehad nie - nou blameer hulle die fiets. Dit is tragies wanneer iemand n "brand" beswadder (al is dit met n glimlag). Hoeveel van hulle klante weet die "hele" storie, en glo slegs die "geen sand" storie? Nietemin weerhou ek my daarvan om die winkel/persoon te identifiseer, hulle lewer wel n goeie bydrae.
JohanM's picture
Offline
Joined: 2007/08/31
Mens leer regtig by julle, dankie. ...en smile oor die opmerkings ... en antwoord sekere vrae liewer nie! Nou moet ek net op die grond kom!
Padlangs (not verified)
Jip Johan, dit is belangrik om te onthou baie van die mense wat hier skryf ken mekaar goed - dus is baie van die opmerking "tong-in-die-kies".
Basset's picture
Offline
Joined: 2007/10/01
Padlangs wrote:
Hello JohanM, Werk die dame in n "klerewinkel" in Durbanweg? Hulle het BAIE ervaring van teerpad ry, toe koop hulle n off-road fiets en gaan ry sand (met n pasasier). Jy is volwasse genoeg om eers te wil leer hoe om jou fiets te gebruik van die teer af. Sover my kennis strek het hulle NIE die opleiding gehad nie - nou blameer hulle die fiets. Dit is tragies wanneer iemand n "brand" beswadder (al is dit met n glimlag). Hoeveel van hulle klante weet die "hele" storie, en glo slegs die "geen sand" storie? Nietemin weerhou ek my daarvan om die winkel/persoon te identifiseer, hulle lewer wel n goeie bydrae.
Johan, hier slaan Padlangs die spyker op sy kop. Sand is nie so maklik nie en om dit met 'n pasasier aan te pak as jy dit nog nie behoorlik onder die knie het nie is moeilikheid soek. Ek self het nog nie 'n GS in die sand gery nie, maar het al gesien hoe iemand (wat kan) dit doen. Baie indrukwekkend!! Hy het ook vir my 'n tip gegee, blykbaar het 'n mens twee GROOT albasters nodig. Ek probeer dit nog uitfigure?? I believe I can fly!
n/a
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Nog 'n manier om te beskryf hoe sand gery moet word is "STAND UP, LOOK UP, OPEN UP !!" Albasters is ook een van die benodighede....he he Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

JohanM's picture
Offline
Joined: 2007/08/31
Ek sien julle CV's se julle ry al al lank - en steeds kan julle nie die albasterding uitfigure nie?! Dus moet ek vra of die albasters op die GS groter moet wees as die albasters op die 650's ens? Ligter fietse ry mos makliker in sand. Ek sou dus aanneem dat die swaarder GS spesiale omsigtigheid en vaardigheid verg - en sal maar bly uikyk vir die volgende beginnerskursusse! Intussen kan julle ons help met die albasters - is hulle van glas of van yster? Of dalk heeltemal van 'n ander materiaal?!
Basset's picture
Offline
Joined: 2007/10/01
Nee Johan, daar is nie 'n voorgeskrewe size nie, net nie XSmall nie. Jy moet maar twee vat en gaan toets en dan verstellings maak tot jy die regte size het om te kan doen wat jy wil doen. Ek glo jy is op die regte pad, 'n kursus is 'n goeie manier om albasters te upsize. Baie Saterdae ry ek so 'n kopskoonmakertjie wat maklike grondpad is en nie die hele dag in beslag neem nie. Sal jou laat weet as ek gaan dan kan jy saamry as jy wil. Tyd in die saal is goed vir die "mens/masjien" verhouding. I believe I can fly!
n/a
Padlangs (not verified)
Johan, die manne se tonge is al weer erg in die kieste. :) Jip - jy moet weet wat jy doen wanneer jy op n fiets klim, en daar is beslis sekere "trieks" om sukses vol van die pad af te ry. Maar ek het al genoeg "nuwe" mense sien inkom en n paar kursesse later is hulle gemaklik op baie verskillende terreine. Ek het nou die dag gekyk na die video van die laaste Atlantis-sand ry dag. Dit was interesant om na die komentaar te luister (onthou ek is n TEER man). Die enkeles wat aan die begin gesukkel het, het almal sekere basiese foute gemaak - die "eksperts" het helle gehelp en gou-gou was die manne self ook "mak" op die sand. Dit is ook so dat MANS die langste vat om te leer. :( Skynbaar "luister" die vrouens beter na die instrukteurs en kry dinge dus gouer reg. Ek is seker hier erens is n "les". :)
GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
JohanM wrote:
Ek sien julle ........ nie die albasterding uitfigure nie?! Dus moet ek vra of die albasters op die GS groter moet wees as die albasters op die 650's ens? ...... Intussen kan julle ons help met die albasters ...
Jong, hierdie albaster-ding is vir jou 'n ding! 'n Man moet maar aanvaar jou eie albasters is die regte grootte en regte hardheid. Toets daarvan in nie aan te beveel nie! Die probleem is dat hulle agterna effens te groot en effens te hard is :) Hierdie GS-verskynsel is baie fyn uitgewerk ---- jy sal vind dat indien 'n pillion agterop sit, is die bestuurder meestal 'n man. Dis 'n set om die albasters kwaaier te toets indien dit sou toets. En hierdie ding wat die kenners vertel van Opstaan en ry ---- dis om die albasters weg te kry van die beskerming van daardie sagte op-stukkie van die sitplek. Nog iets - hoekom is die bike se parte so duur? Dis om die albaster-toetser te straf omdat hy hulle in die eerste plek getoets het. ;) Gelukkig loop die bike op wiele en nie op albasters nie :) :) Hoekom vrouens glo beter, gouer en makliker leer as mans? Hulle het nie die albaster-probleem nie. --------- Ons sien uit dat jy sal kans kry om eendag saam te ry.
Basset's picture
Offline
Joined: 2007/10/01
Volpunte vir GeelKameel. Mooi verduideliking man! Net een vraag nog vir GK, is daar twee duikies in jou fiets se tenk? Dis nou op die deel net bokant die op-stukkie van die sitplek? I believe I can fly!
n/a
die malletjie (not verified)
JohanM, There is only one way to get better on any surface and that is by practice, practice, practice and once again practices! I ride reasonable on sand with or without a pillion and the only reason for that is the courses I have attended and the practice or exposure I had to those elements. If you are going to ride in sand with a pillion you need total trust between the two of you and a method to communicate your intentions. I for one don’t have to tell my pillion I am going to stand up, lean back or shift my weight left or right she feels it by my body language. Again it comes by practice. What did Gary Player say “ The more I practice the luckier I get! “ Amper vergeet ek! Beskermende klere!!!!!!!!! Almost forgot! Protective clothing!!!!!!!!!!! Jy gaan val, you will fall! You dont want to and will avoid it at great cost. You must however always expect the worst and dress accordingly! Do it today, maybe there is no tomorrow!
JohanM's picture
Offline
Joined: 2007/08/31
Ek lees graag die kommentaar en neem kennis van alles waarmee mens rekening moet hou op grond en sand - het ongelukkig die twee kursuse van onlangs moes mis - sien uit na volgende datums.. (Yes - I do have protective clothing - one thing may be missing still though after reading all the above said things - a "ballbox" like in cricket?!)
GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
Basset wrote:
.... Net een vraag nog vir GK, is daar twee duikies in jou fiets se tenk? Dis nou op die deel net bokant die op-stukkie van die sitplek?
Nee, gelukkig nie. Ehhh, lyk my ek is van die sagte soort. So sag soos sand en soos modder. :)
Basset's picture
Offline
Joined: 2007/10/01
So lyk 'n tenk nadat 'n man albasters getoets het! Reg geraai, dit is 'n RD350 tenk uit die dae voordat ek met die fyn stemmetjie begin praat het! Hie hie. Albaster toetstenkAlbaster toetstenk I believe I can fly!
n/a
GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
:D :D Dit lyk my meer na die merk van 'n volstruiseier !!! Ek glo jy kan vlieg, maar dalk moet jy bietjie meer aandag gee aan jou landings! ;)
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Hoe sit man met sulke albasters.....? VERSIGTIG.... Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

Offline
Joined: 2007/11/28
GeelKameel se Reel 10 Staan sover as moontlik – oefen dit. Mens het baie meer beheer oor die bike omdat jou eie gewig apart van die bike beweeg. Ek stem saam met GeelKameel op die punt, dit is baie belangrik en dit gee jou baie beter beheer. Dit gaan egter nie so seer oor jou gewig wat apart beweeg nie, maar meer oor jou gewig nou baie laer oorgedra word op die fiets, 'footpegs' plaas van 'seat'. Dit veroorsaak dat jou balanspunt baie laer raak op jou fiets, soos ek verstaan. Cheers
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
EugeneO - niemand behalwe jy kon dit so mooi in suiwer afrikaans verduidelik nie. Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14
Luister manne Die storie van you balanspunt laer wees weens die feit dat jy nou op die pegs staan is pure strond. Die balanspunt van twee gewigte, (joune en die van die fiets) het niks te doen met waar hulle aangeheg is. GK is heeltemal reg - alhoewel die balansput hoer is as jy staan, is die feit dat jy nou van die beweging van die fiets ongekoppel is van meer belang. Die instrukteurs op die BMW kursuse probeer om die wetenskaplike verduideliking in ''layman's terms'' gee, en hulle gebruik terme soos 'intelligent gravity' wat nie die selfde beteken as die opregte swaartepunt nie. Ek weet want ek is opgelei as 'n ruimte fisikus (ja, amper 'n 'rocket scientist') en het lank gedink oor die wetenskap van motorfietse. As ek by die huis kom en 'n bietjie tyd op die hande het kan ek 'n paar tekeninge maak of fotos van eksperimente neem. Dan sal julle sien wat ek bedoel.

Committee: Webmaster / Ride Captain

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
100% reg Charles. Die totale swaartepunt as jy staan is baie hoe"r as wanneer jy sit. Maar terwyl mens staan is hoogte van swaartepunt heeltemaal onbelangrik. Terwyl jy sit is die totale swaartepunt wel belangrik omdat jy en die bike dan as een massa beweeg. '''Wanneer jy staan''' is die vertikale posisie v.d. totale swaartepunt heeltemaal onbelangrik omdat - a) wanneer jy staan is jou eie gewig onafhanklik van die bike en kan die twee massas afsonderlik beweeg. Jou massa sweef as't ware op jou voete. b) jy kan jou gewig verplaas deur jou gewig van een voetpeg na die ander te beweeg, en daardeur kompenseer vir wat die bike doen (bv baie skerp draai) c) die bike beweeg vry onder jou en dan kan dit sy inherente stabiliteit beter benut (bv in sand) d) in gevalle waar jy die bike se stabiliteit wel wil beiinvloed, kan jy dit wel doen deur gewig op die voetpegs te verander. Geen van bg is moontlik nie terwyl jy sit. Al voordeel van sit is dat jou voete rus en jy nader aan die grond is. ...en dalk het mens die (vals) gevoel dat jy minder hard gaan val as jy sit... :)
Offline
Joined: 2007/11/28
Ek is nou nie so geleerd met die 'rockets' soos Charles nie maar ek verstaan die makliker beweeglikheid van jou gewig wanneer jy staan, maar ek verstaan nie die punt nie : Wanneer jy staan is die vertikale posisie v.d. totale swaartepunt heeltemaal onbelangrik omdat - a) wanneer jy staan is jou eie gewig onafhanklik van die bike en kan die twee massas afsonderlik beweeg. Jou massa sweef as't ware op jou voete. Behalwe as jou voete bo die 'pegs' sweef, is jou massa nie onafhanklik van die 'bike' nie. As jy jou bike op 'n skaal sit, is die gewig dieselfde, of jy nou sit op die saal, of staan op die 'pegs'. Wat wel verskil is die feit dat jou gewig word op die 'pegs' oorgedra na die 'bike' toe en nie meer 'n meter hoër op die saal nie. Die grootste deel van die 'bike' & ryer se totale massa is dus nou onder die middelpunt van die 'bike', laer aan die grond. Selfde beginsel hoekom 'n boot 'n kiel onder die water het en nie bo-op die dek nie. Cheers
Andyman's picture
Offline
Joined: 2007/06/22
I say "Bugger the wetenskaplike Redes vir staan". All i know is I am more stable, handle the bike better and feel I'm "in the groove' when I'm standing on the pegs. Yes, I shift my body weight forward when accelerating, and to the back on decelearation and onto the outer peg in a corner and I feel SECURE. So much more secure. If I sit in the same circumstances I easily leave a brown stain on the seat and end up going much slower. You go try standing and sitting in technical or loose stuff and youy'll also find standing is far safer than sitting. Many really excellent riders never stand and rarely do their mirrors touch the ground. They got a 'touch' I don't have. I only done 20 000km off-tar, so don't have much experience, but what little I do have is enough to get me instantly up on the pegs, knees wide open, hands loose on the grips, chin up high, looking to the horison soon as i reach a technical patch (loose sand, wash-away, deep sand, water) and man, I feel invincible while the bike she dances, prances and hussles her own way over the technical. Andyman Yup that's me. Standing up in the traffic on the 1150GSA.

Andyman
Anyone can ride a bike fast....   But can you ride your bike real slow???

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14
There is no denying Andy's comment - ''it just works(tm)''. However, it is useful to understand why it works so that you can make the right adaptation in other circumstances. For example, as a result of my off-road riding, I had gotten in the habit of keeping myself upright with weight on the outer peg even when riding corners on tar. Maxl was behind me and observed that I was unable to corner as well as the others on the passes in Oudtshoorn as a result of this tactic. His diagnosis was correct - my stance works off-road, but is not the best to use on tar. Now, on tar, I get my weight low and on the inside of the corner, and Brenda zooms around the curve beautifully. There is a reason all those photos show Rossi in that pose... Danie, you are right that when standing, your relative position to the bike is more independent of the bike's movement. But it is not completely independent, because if it were, you would still be ''sweefing'' over the spot in your driveway where you started your trip while Geel Kameel would be in Wupperthal giving Brenda Buttercup a jolly good rodgering ;-). Having a higher centre of gravity strongly affects the centripetal forces on you and the bike when you take corners at speed, which means you need to counter-steer more aggressively, which increases the demand for traction from your front wheel. So, when cornering on gravel at speed it is probably better to sit.

Committee: Webmaster / Ride Captain

die malletjie (not verified)
Leon, Lourens, help!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! What is the experts opinion to this? Do it today, maybe there is no tomorrow!
Offline
Joined: 2007/06/30
Wel, eerstens, baie dankie Charles vir die mooi woorde en komplimente !! Dit doen die opleiding sommer baie goed !! Hoe verduidelik jy nou fisika wette op 'n off-road kursus ? Jy "skep" terme (wat enige wetenskap professor sal laat gril) om jouself oor te dra sodat die mense net kan begryp dat dit beter is om te staan. Dis hoe die dinge werk, dis hoe ek dit toepas en dit werk vir my. Kom ons begin op die teerpad. As ek op die teerpad ry (meer as 42 km per uur) en sê ons draai na links, dan is daar die volgende kragte wat werk : 1. gravitasie - wat die fiets na onder "trek" (die wiele op die pad hou) 2. giroskopiese kragte van die wiele wat draai. Hierdie krag sal altyd poog om die fiets regop te hou. Vat 'n fiets wiel, hou dit weerskant aan die as vas, spin dit en los dan eenkant van die as. Die wiel sal regop bly al hou jy dit net aan die een kant vas. 3. Middelpunt vlietende krag. Hierdie krag is die een waarteen jy leun in die draai. Dit beteken dat hierdie krag die een is wat jou" na buite druk". 4. Dan is daar natuurlik ook nog die krag van die oog, want waar jy kyk, daar sal jy gaan. Maar dit is seker nie in die wetenskap boeke nie. 5. Nog een "fisika wet". As jy 'n wiel aan die as vashou en jy spin hom vorentoe en jy druk die as aan die linkerkant in dieselfde rigting as wat die wiel spin, dan is daar 'n krag wat die bokant van die wiel na links "laat omval" (gaan probeer dit) Dit is dan ook die rede waarom ons "counter steer". Counter steering help om die fiets in die draai te laat lê. 6. Nou die groot vraag : hoekom wil ons in die draai lê ? 'n Motorfiets se wiel is nie plat onder soos 'n motor s'n nie. Dit wat ons om 'n draai vat op 'n fiets is die "kleiner radius (of omtrek) beginsel. Die wiel met die "ronde profiel" gaan altyd in die ringting van die kleinste radius beweeg. Die radius (en omtrek) van die band is die grootste reg in die middel en raak al kleiner na die kant toe. Neem 'n motorfiets band, hou dit regop en rol dit vorentoe - dit rol reguit vorentoe. Neem nou dieselfde band , laat dit oorleun na links en rol dit reguit vorentoe - die band rol in 'n draai na links. Dit bewys dat die band altyd die kleiner radius of omtrek se rigting "soek". Kom ons ry nou deur die draai na links : 1. Kies die beste lyn en kyk deur die draai. (punt 4 hierbo) 2. Counter steer (druk die handle bar na regs) dit laat die fiets na links kantel. (punt 5 hierbo) 3. Die kleiner radius aan die linkerkant van die bande laat die fiets nou na links draai. (punt 6 hierbo) 4. Ons moet nou ons linker skouer in die teenoorgestelde ringting van die middelpunt vlietende krag (wat ons uit die draai probeer druk) druk. Dit is dan nou die "lê" in die draai. (punt 3 hierbo) 5. Die wrywing van die band op die teer is wat keer dat die middelpunt vlietende krag ons nie laat gly nie. As ek nou na links lê en ek trap harder met my linker voet op die peg, dan is ek besig om in dieselfde rigting as hierdie krag te werk. As ek egter harder met my regter voet op die peg trap dan is ek besig om meer gewig aan die "buite kant" te plaas wat wat die band gaan help om meer wrywing of "grip" te kry. (punt 3 hierbo) 6. Onthou om te versnel deur die draai. Die kleiner omtrek van die band moet vinniger draai om dieselfde snelheid te handhaaf. Dis nou eers genoeg teerpad. Ek sal later die grondpad draai beskryf.
Geoff Russell's picture
Offline
Joined: 2007/09/25
Ons wag in spanning!!!!!!!!!!!!!!!!!

Committee: Ride Captain