Beginners rit na Gansbaai

Weedkiller - Adie's picture

Beginners rit na Gansbaai

Episode een. (so bietjie Afrikaans. Laat weet maar as ek moet vertaalYell)

So ‘n bietjie agtergrond.

Mike (seun) het so ‘n jaar gelede vir hom ‘n 2001 Dakar aangeskaf aangesien die 125cc fiets wat hy vir sy 16e verjaarsdag gekry het nou bietjie te klein is en reeds 28 000 km op het. (Hy het die Desember skool vakansie tussen graad 11 en 12 van Pietermaritzburg na Sabie gery. (1 400km)  Die rit na Sabie van 650km is in twee dae gedoen (Op moeder se aandrang) maar die terugtog is twee weke later in een dag afgejaag teen 80km/u.  Sy eerste ‘toer’.

Pannier raamPannier raam

fiets met Pannier raamfiets met Pannier raam

KragpuntKragpunt

(Ons het 'n werkswinkel waar ons allerhande dinge bou)

Die dakar moes eers ‘panniers’ en ‘n kragpunt vir die GPS en MP3 kry voor hy hier van Durbanville af Durban toe ry.

Die fiets is gediens en boetie is weg.  Eerste aand in PE en tweede in Durban. Na die 10 dae kamp het hy eers in Ladysmith gaan kuier en toe met N5 na Bloemfontein.

Daar was darem tyd vir verval en geskiedenis

GeskiedenisGeskiedenis

VervalVerval

Van Bloem is hy oor Redderburg suid om in Graff Reinet te slaap.  Daarvandaan was die plan om by ‘n vriendin in Tsitikama na die olifante te gaan kyk.  Die deel van die roete was kerke en ander geboue die fokus.

GeboueGeboue

Die verlatenheid, mooiheid en grondpad het toe die planne bietjie verander.

Mooi Verlate GrondpadMooi Verlate Grondpad

 Die oorlaaide panniers het die raam laat kraak.  Daar moes toe eers ‘n ompad gery word om die nodige herstelwerk in Pearston te doen.

Sweis en herstelwerkSweis en herstelwerk

Hiervandaan het hy besluit om net teerpad te ry as gevolg van die tyd wat verloor is. Die roete is toe deur Somerset Oos en PE Tzitzikama toe. (Oorspronklik sou dit oor Jansenville, Willowmore en Uniondale gewees het)

Daar was darem tyd vir die olifante en mak meerkatte voor hy laat middag weer tuis was.  As gevolg van die malle gejaag om in Tzitzikama te kom was daar nie veel tyd vir verdere fotos.

Olifant, Meerkat en sonsondergang. Die trip staan einde toe.Olifant, Meerkat en sonsondergang. Die trip staan einde toe.

En ons is bly boetie is weer tuis.

Uit en TuisUit en Tuis

Wat het ek hieruit geleer?

‘n Ouer sal altyd bekommerd wees oor sy kinders.  Die hunkering na my eie fiets raak al groter.  Ek en Mike praat al vir jare hoe ek met my 350 Honda van PE universiteit na Bloem en Kaapstad gery het, hoe ek as ‘mal’ jongmens geval het. (kan nie eens onthou hoeveel keer nie)  Dit het op ‘n staduim so erg geraak dat die duiwel vir my gesê het daar is nie meer plek by hom nie, ek moet maar ander heenkome soek want hy sien nie kans vir my nie.

Sedertdien was Mike weer Durban toe en maak tans reg vir sy volgende rit einde Junie 2011.

Volgende episode. (oor my)

My derde leerling lisensie, my fiets, die ouderdom, die BMW klub.

Adie

Comments

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14

Adie - ek sien uit na die volgende episode.  Die fotos is puik en ek geniet die taal.

Committee: Webmaster / Ride Captain

Tony's picture
Offline
Joined: 2008/08/24

Mooi so, Adie!

Maak asb. gou die volgende episode klaar .... ons wag.

A bend in the road is not the end of the road... unless you fail to make the turn. ~Author Unknown

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21

Lekker storie! Laat wiel met die res!!!

 

Offline
Joined: 2007/06/25

Adie, Hoekom vat dit so lank vir die volgende episode. Ja ek stem saam, om 'n ouer te wees is nie makalik nie. My oudste is 42 jaar oud en ek bly bekommered.

Soos Charles geniet ek dit baie as Afrikaans mooi geskryf is.

Think before you ink.

Trust is the most valuable asset.

I have the rest of my life to get old.

Weedkiller - Adie's picture
Offline
Joined: 2011/06/03

Dankie vir die terugvoer.

Ha Ha, ek is maar 'n stadige ou.  

Dit het my meer as twee weke geneem om te besluit hoe/of ek die artikel wil skryf. 

Rene, ek raak nou bekommerd, Ek is nou innie mid 50s en my oudste (Mike) is vroë twintigs.  Behalwe vir die duiwel wat my as jongmens gejaag het was daar nog 'n paar ander gate ook in die pad so ek het maar laat getrou. (Moet net gou eers vir moeder vra wanneer dit nou weer gewees het.) 

Uitgawe twee volg later vanaand. (Ek moet ook tussen my ontspanning 'n geldtjie probeer maak.)

Adie