Awesome Dag Trip *

As n beginner en n versigtige 1 loer ek gereeld wanneer daar n trip vir ons beplan word, so kom die Greyton trip op wat ek al menig maal mee gemaak het want ek sal altyd n beginner bly, maar het km's nodig.

Ek is so opgewonde, ek kan dood! Fiets word gestrip, en sommer goeie diens gegee.  Net sodat Annemarie my bubble kan bars want ek is n volle maand uit met die datum.

Dit raak al kouer en kouer en ek begin twyfel, maar ek is ook nie n sussie en die saamwees en km's het die oorhand, duk mis en met gevriesde hande kom ons by donfords Stellenbosch by mekaar vir n heerlike warm koppie koffie en n muffin om die hol kol te vul

Aangesien ek n introvert is en meeste tyd alleen ry, kan ek in niemand se skadu staan nie, maar ons deel almal dieselfde passie, so die ys was gebreuk.

Andy gee gou sy speech, en die Uittog begin!! Lekker man Lekker.  Dis koel die windjie sny oor Sir Lowrys, op Botrivier het nog n lid aangesluit.  Toe ons die laaste draai van Shaw's Pass afkom en ek kyk links is dit mis en ek weet ons moet nou hier afdraai op die Terslaarsdal pad om die eerste stuk grond aan te durf en ek besef vandag ry ons letterlik tussen Hemel en Aarde!

Dag raak mooi!

Andy gee sy demonstrasie

Ons was altesaam 24 Fietse met 3 Pillions, en ek haal my hoed vir hulle af want jy as pillion het net die siel voor jou wat jy kan vashou, dit is my grootste nagmerrie as Adie se ry saam.  En as hy sê Vrou as iets gebeur los alles en spring sit my maag in my keel, want waar de hel moet ek heen spring?  Dan bid ek die heel pad dat ek tog nie nodig gaan he om te spring nie

 

Spesiale Verwelkomings bord

Die hele voorstoep is vir ons by mekaar gesit

Met die terug kom was die meeste se litte en gedagtes ontspanne, en kon ons lekker terug ry, ons tot bokke gesien, mens leer so baie by die group leaders wat al hul ondervinding met ons deel dat Andy se gesegde van No death grip, no death grip baie by my op gekom het, jy voel later so happy dat jy vir jou self in die helmet smile as jy jou boude swaai om n draai soos n "pro"

Die dag is soos gewoonlik afgesluit by die bekende Houwhoek Padstal vir lekker koffie of die wat braaf was vir n Magnum.

* Winner of the monthly Ruslamere Trip Report trophy

Comments

Offline
Joined: 2007/06/25

Mevrou, jy skryf darem oulik, dankie.

Think before you ink.

Trust is the most valuable asset.

I have the rest of my life to get old.

Tony's picture
Offline
Joined: 2008/08/24

Mevrou? - dis seker beter as tannie smiley.

Baie mooi rysverslag, Marinda. Dit was 'n lekker rit op goedversorgde grondpaaie.

A bend in the road is not the end of the road... unless you fail to make the turn. ~Author Unknown

Andyman's picture
Offline
Joined: 2007/06/22

Wow, Thanks Marinda for the report and all the photos.

The weather really did roll off the mist as we approached and it turned out into a lovely day.

Lekker gekuier!

Andyman
Anyone can ride a bike fast....   But can you ride your bike real slow???

Andyman's picture
Offline
Joined: 2007/06/22

This report is on the 5th July Greyton Beginners intro to off tar riding.

 

http://bmwmccc.org.za/beginners-off-tar-day-ride-overberg-greyton-sunday-5th-july-2015-1

 

Thanks for the report Marinda

Andyman
Anyone can ride a bike fast....   But can you ride your bike real slow???