Na die Middelpos avontuur, maak ons weer so!
Hierdie keer vat ons die (grond)pad op nog 'n onvergeetlike ekspedisie via Malgas oor Die Pont waaroor ons rustig om 'n braaivleisvuur en in die warm water van die Warmwaterberg Spa net buite Barrydale kan sit en gesels. Ons beplan om op die roete die gemeenskap in Elim te besoek met 'n donasie van kos / lekkers vir die kinders.
Ons het die kampeer area by die swembad bespreek waar ons Saterdag-aand gaan oornag. Jy moet net jou eie tent, swemklere en handoeke saamneem.
Daar is 'n "back-up vehicle" met genoeg spasie vir ekstra bagasie. Die koste is bereken teen R130 per persoon en sluit verblyf en aand-ete in. Ontbyt kan die Sondag-oggend by die restaurant geniet word(eie onkoste).Daar is 'n kafee en kroeg op die perseel.
Indien jy nog 'n onvergeetlike rit (met al die nodige 'Milo-stops') wil meemaak, kan jy my kontak. Besprekings is oop tot Vrydag die 21ste September.
Die volgende ouens het alreeds bevestig :
Geelkameel
Andyman
HD
Geoff
Derek
J Burger