Ecca Pas

GeelKameel's picture

Kariega, Ecca, Bathurst in die OosKaap

''Kariega, Ecca, Bathurst in die OosKaap'' Die OosKaap bly maar een van die mees besonderse dele van ons land. Groot variasie van natuur en topografie. Ek gaan gereeld soontoe en elke jaar word ek verras met iets nuuts. Tussen Alexandria en Boesmansriviermond is 'n afdraai wat gemerk is 'Ngciyo' (S33d39'12" E26d32'11"E). Dit is 'n kort grondpad wat plaaslik bekend staan as die "Poor man's Game Drive". Dit loop vanaf die R72 na 'n teerpad (gemerk 343) tussen Kenton-on-Sea en Salem. NgciyoNgciyo Weerskante van die pad is hoe" heinings van 'n hele paar wildplase. Dit is 'n openbare pad, in baie goeie toestand en mens sien baie wild so al met die pad langs.
Syndicate content