Kariega, Ecca, Bathurst in die OosKaap

GeelKameel's picture
''Kariega, Ecca, Bathurst in die OosKaap'' Die OosKaap bly maar een van die mees besonderse dele van ons land. Groot variasie van natuur en topografie. Ek gaan gereeld soontoe en elke jaar word ek verras met iets nuuts. Tussen Alexandria en Boesmansriviermond is 'n afdraai wat gemerk is 'Ngciyo' (S33d39'12" E26d32'11"E). Dit is 'n kort grondpad wat plaaslik bekend staan as die "Poor man's Game Drive". Dit loop vanaf die R72 na 'n teerpad (gemerk 343) tussen Kenton-on-Sea en Salem. NgciyoNgciyo Weerskante van die pad is hoe" heinings van 'n hele paar wildplase. Dit is 'n openbare pad, in baie goeie toestand en mens sien baie wild so al met die pad langs. Ghio wetlands reservaatGhio wetlands reservaat 'n Trop blouwildebeeste teenaan die pad het aan die hardloop geraak toe ek met my helder blou baadjie naderstaan vir 'n foto. In die verte het 'n klompie elande, springbokke en volstruise rustig gewei. Die grondpad slinger sowat 12km totdat dit by Swindon by 'n teerpad aansluit. Hier het ons links gedraai in die rigting van Salem. Oral was daar wild te sien. Baie blesbokke en blouwildebeeste. Ook rooibokke. Die vlakvarke wat gewoonlik daar is, was ongelukkig nerens te sien nie. Ook nie die leeus nie. SwindonSwindon 'n Ent verder by Ocean View het ons gestop om die mooi uitsig te geniet. Hier naby was pynappel lande en ver op die horison die see. uitsig by Ocean Viewuitsig by Ocean View In die Mount Pleasant omgewing het ons op kameelperde en sebras afgekom. Dit was baie mooi, maar vir my baie vreemd omdat dit 'ingevoerde' diere is in die OosKaap. My kamera het hard probeer, maar die kameelperde was bietjie ver vir 'n goeie foto, al het ek die kamera styf teen 'n paal vasgedruk. Naby Mount PleasantNaby Mount Pleasant Die zebra heel regs het ons 'soooooo'gestaan en kyk en duidelik gewys wat hy van ons dink! ZebrasZebras Salem is 'n baie klein plekkie (ongeveer drie geboue). Maar die winkel is SALEM PLACE (nogal!) en die enkele telefoonpaal laat mens dink hierdie Salem-plek is 'n kommunikasie-sentrum. Salem Place (nogal!)Salem Place (nogal!) Volgende stop was die Setlaarsmonument, met die dorp uitgestrek daar onder. Grahamstad vistaGrahamstad vista Op die Rhodes kampus staan hierdie fiets-struktuur. Nogal baie indrukwekkend! Ek wonder of dit beter sou lyk met enjins in die fietse... Fietsbeeld by RhodesFietsbeeld by Rhodes Grahamstad se Katedraal en die stadsaal se toring (links agter) van sandsteen bly van die mooiste landmerke in die omgewing. KatedraalKatedraal Net vir die afwisseling het ons 'n deel van die Ecca-pas (tussen Grahamstad en Fort Beaufort) gery. Ecca pasEcca pas So halfpad af (33d12'09.86" S 26d 37'08.86" E ) het ons gestop en die ongelooflike vreedsaamheid van die omgewing geniet. Dit is steil en diep af na die kloof daar onder, met die oorkantse helling wat lyk of dit hier naby jou is. Besondere vreedsaamheid in EccaBesondere vreedsaamheid in Ecca Terug na Grahamstad en toe via Manley Flats na die Pig-n-Whistle in Bathurst vir 'n koffie. Manley Flats vistaManley Flats vista BathurstBathurst Bathurst is sterk besig om 'n toeriste-aantrekking te word. Baie van die inwoners is kuns-sinnige mense. Van die mense wat ons daar gesien het is so min of meer die moderne weergawe van jare gelede se hippies. Aantreklikhede vir ToeristeAantreklikhede vir Toeriste Die welbekende Trekkermuseum was ongelukkig gesluit. Die vorige aand was daar 'n Bierfees wat glo deur 12000 mense bygewoon is. Bathurst TrekkermuseumBathurst Trekkermuseum Daarvandaan na Port Alfred en 'n lekker ete langs die Marina, met bootjies wat tot laataand heen-en-weer vaar. Port Alfred marinaPort Alfred marina By die Marina ry mens oor die bekende staal boogbrug, helder verlig vir Kersfees. Port Alfred brugPort Alfred brug Ai, hoe wens ek dis steeds vakansie....

Comments

JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Ons was ook in die Oos Kaap in Dec en so ook by Bathurst, Prince Albert, Port Aflred ens. Defnitief 'n gedeelte van ons land wat ons nog baie gaan besoek !! Lekker trip report, Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

Offline
Joined: 2007/06/25
GeelKameel, ek het gewonder hoekom jy sooo stil is? Ons doen die Oos Kaap elke jaar end geniet dit ontsettend baie. Lekker report. Ignore opinions, heed facts. Feet on the pegs, always.

Think before you ink.

Trust is the most valuable asset.

I have the rest of my life to get old.