Boknes

GeelKameel's picture

Woody Cape, Alexandria, Cannon Rocks, Boknes

Oujaarsdag het 'n kort maar baie besonderse trippie opgelewer. Ons het by broer en skoonsus gekuier in Alexandria, en wou vir oulaas 'n halfdag trippie maak. Van Alexandria deur die Woody Cape reservaat na Cannon Rocks en Boknes. Die verassing van die dag was die asemrowende Woody Cape bos tussen Alex en die see. Eerste stop was in Alex dorp by die Quinn uitstalling van brons beelde. Party baie mooi, ander bietjie te funny na my smaak. Baie duur (BMW onderdele is speletjies teen Quinn se pryse). QuinnQuinn Aan die PE kant van Alexandria is 'n afdraai wat gemerk is "Addo Woody Cape". 'n Rustige grondpad oor die vlaktes lei jou na die Alexandria Forest en verder in die Addo Woody Cape Bos. Ewe skielik sien jy twee groot bome langs die pad.
Syndicate content