Woody Cape, Alexandria, Cannon Rocks, Boknes

GeelKameel's picture
Oujaarsdag het 'n kort maar baie besonderse trippie opgelewer. Ons het by broer en skoonsus gekuier in Alexandria, en wou vir oulaas 'n halfdag trippie maak. Van Alexandria deur die Woody Cape reservaat na Cannon Rocks en Boknes. Die verassing van die dag was die asemrowende Woody Cape bos tussen Alex en die see. Eerste stop was in Alex dorp by die Quinn uitstalling van brons beelde. Party baie mooi, ander bietjie te funny na my smaak. Baie duur (BMW onderdele is speletjies teen Quinn se pryse). QuinnQuinn Aan die PE kant van Alexandria is 'n afdraai wat gemerk is "Addo Woody Cape". 'n Rustige grondpad oor die vlaktes lei jou na die Alexandria Forest en verder in die Addo Woody Cape Bos. Ewe skielik sien jy twee groot bome langs die pad. Twee baie besondere bomeTwee baie besondere bome En skaars 1km verder tref jy 'n klomp groot bome.... eers groot bomeeers groot bome en skielik is jy binne-in 'n digte bos. Dit laat mens onwillekeurig aan die tuinroete dink. Woody Cape bosWoody Cape bos Nog meer bosNog meer bos Die bos hou 'n paar km aan, en hou dan net so skielik op wanneer jy naby die see kom. Geen olifante of ander diere gesien nie, al is die woord Addo oral te sien. Addo sonder olifante?Addo sonder olifante? Teen die see draai mens noord-oos en ry tot bo-op 'n hoogte. Hiervandaan kan mens ver na noord en na suid sien teen die kus. Bird Island is glo ook sigbaar hiervandaan, maar die mistigheid oor die see was te veel om die eiland te sien. Bietjie opwinding hier....om beter te sien het ek gekies om oor die skuins grasvlakte te ry... nat, glad en vol molshope. Gelukkig geen probleme. See vistaSee vista 'n Hele ent noordwaarts kry jy Cannon Rocks met sy lang strand en skeepswrak. Cannon RocksCannon Rocks Hiervandaan 'n kort entjie na Boknes se strand en groot lagoon. Die lagoon is besonder vol van al die vloedwater. BoknesBoknes Laatmiddag terug na ons basis om gereed te maak vir die Oujaar-makietie in Kenton-on-Sea. Oujaar makietieOujaar makietie