Antoniesberg - die Baviaanskloof se noordelike boetie

GeelKameel's picture

Antoniesberg - is dit die Baviaans se B-veld (soos beskryf as Grootrivierpoort in WegRy Desember 2007) of dalk die A-veld?

Die toer was oorspronklik deur Johan du Preez gereel, maar ongelukkig kon hy op die nippertjie weens onvoorsiene omstandighede nie saam met ons gaan nie.
Ons (Dries van Zyl, Aré van Zyl en GeelKameel) het inderhaas die roete bietjie aangepas en op 21 Des vertrek.

 

Kaart: Trip na Antoniesberg  Desember 2010

Dag 1 (450km): R62 tot op Barrydale, toe grondpad oor VanWyksdorp, Rooibergpas, Calitzdorp, Matjiesrivier, Swartbergpas tot in Prins Albert.
Dag 2 (770km): Vanaf Prins Albert met grondpad na Willowmore en verder tot in Steytlerville (al langs die Grootrivier). Toe suid gedraai en in die rigting van die Patensie gery.
Oor Antoniesberg en diep af deur die Grootrivier en oor tot in Patensie (grondpad). Daarvandaan teerpad via Jeffriesbaai en terug tot in Prins Albert (350km teer)
Dag 3 : Prins Albert reguit Kaaptoe (380km teerpad).

 

Dag 1

Roete dag1

Roetekaart dag1

Ons is 7uur die oggend uit Somerset Wes weg en het op Barrydale gebrekfis (Country Pumpkin, waar anders?). Ek het aan Derrick gevra of hy die Grootrivierpoort ken... Ja, se' hy, "it was resurfaced recently". Great, het ek gedink, ons gaan nie sukkel met rofpad nie.... [maar eintlik moes meer spesifiek gewees het - die Poort deur die Groorivier by Antoniesberg surprise ]

By Brandrivier bande afgeblaas

Brandrivier afdraai

Brandrivier afdraai vanaf N2

 

VanWyksdorp

VanWyksdorp

Ek wou petrol ingooi in Van Wyksdorp .... maar daar was geen petrol beskikbaar nie FrownEk was bekommerd dat die Geelkameel se petrol nie heeltemaal genoeg was om tot in Calitzdorp te ry nie en het toe met 'n plastiekpyp en ex-drankbottel drie liter petrol by Dries "geleen" (daar was baie drankbottels oral op die grond!) Rooiberg op

Rooiberg op

Rooiberg is altyd lekker en aanskoulik, aan altwee kante.

Rooiberg af

Rooiberg af

Op Calitzdorp het ons petrol volgemaak en dadelik verder gery al langs die soom van die Swartberg.
Ons het gehoop op water in die driffies, maar daar was niks. Geen splashes hierdie keer  Cry

Calitzdorpdam, Groenfontein, Kruisrivier, Matjiesrivier ... Swartbergpas
Groenvallei omgewing

Groenvallei omgewing

Waterstop by Kruisrivier. Dit was 'n baie warm dag.

Kruisrivier

Hiervandaan na die voet van die Swartbergpas.

Die Swartbergpas was so lekker en indrukwekkend soos altyd. Die pad was in goeie toestand, redelik min sinkplaat en min verkeer. Hele paar trapfietse. Ek het agter geraak met die fotonemery (soos gewoonlik....!)

Swartbergpas op - kyk terug

Swartbergpas op - terugkyk, rigting Calitzdorp

Fantastiese stuk pad!!

Fantastiese stuk pad!! Kyk net hoe verdwyn die kronkelpad doer onder.

Eindelik in Prins Albert, waar ons gou ys, vleis en biere gekoop het.

En  ja, dit word BAIE warm in Prins Albert. Ons het gevoel soos hierdie kerse....

Warm ! ! ! 

Baie Warm ! ! !

Ons was redelik kaput van die hitte. Ons het die res van die daglig gebruik om 'n lekker vleisie te braai.
Rustige vleisie op die kole

Rustige vleisie op die kole

Lekker ete!
Lekker ete!

Daglig > Donkerte > slaap, (snork?) > vroeg wakker > uitgerus > Dag 2

Roetekaart dag 2 (die rooi deel is die moeilike deel) 

Dag 2: Prins Albert na Willowmore na Steytlerville, oor Antoniesberg, deur die Grootrivier en aan na Patensie. En (teen sononder) terug na Prins Albert.

Vroegoggend 6uur het ons van Prins Albert vertrek, Ooswaarts op die grondpad na Willowmore.

Die pad was wyd en goed en maklik. Meestal 80 tot 100km/u. By tye selfs vinniger (veral ek, omdat ek dikwels agter raak agv fotostoppe). Van tyd tot tyd het ons deur klein poorte of driwwe gery. Nie vreeslik mooi of besonders nie. Net lekker om nuwe dele te sien.

Vroeg op pad

By Tierberg het ek vroegoggend 'n foto geneem. Net toe ek die kamera laat sak, toe hardloop 'n rooikat voor my oor die pad!
'n Ent verder, anderkant Tierberg se poort, het ek 'n duiker voor my sien hardloop, maar die foto gemis omdat die bokkie te vinnig verdwyn het.
Reg rondom my het ek koedoespore gesien. Dit is interessant dat koedoes deesdae reg-oor die Ooskaap voorkom.

Koedoespore Koedoespore

Die pad het op 'n kol smaller geword, maar steeds goed. Hier en daar 'n groot waterplas.

s

 

 En kort-kort mooi stukkies natuur.

Laagwaterbrug

 Brekfis in Willowmore

Brekfis in Willowmore

By die toerismeburo het ons 'n baie nuttige roetekaart gekry. Dit is duidelik dat die roete wat ons ry welbekend en populer is.

Noordwaarts uit die dorp na die R329 en gou weer afgedraai noordwaarts op die Grootrivierpad (die afdraai is duidelik aangedui).

Trompettersberg

Trompettersberg omgewing. Tipies van hierdie pad. Verderaan is daar ook wyer en lang ente reguit stukke.

Hier rond word meestal met angorabokke geboer, ook merino skape. Daar is ook heelwat wildplase en 4x4 roetes.

Ons het gehoop om die Grootrivier dikwels te sien, maar nee, byna niks van die rivier te sien nie. Ek onthou van net een keer wat ons op die oewer gery het. En hier was die rivier droog.

Sandkraalpoort

Grootrivier - een van die min kere dat ons dit gesien het. Ongelukkig droog.

 

Kort duskant die teer by Noorspoort

'n Mooi stukkie pad tussen koppe deur, kort duskant die teer naby Noorspoort, duskant Steytlerville.

En deur Noorspoort, met die vlae teen die kranse geverf. Daardie laaste vlag is wel die grootste (en nuutste), maar geverf op 'n deel van die krans wat erg verkrummel. Stukke van die vlag val van tyd tot tyd grond toe.
Noorspoort

'n Vinnige waterstop in Steytlerville. Dit was vrek warm! Ons kon nie lank vertoef nie want die ons het nog 'n lang pad gehad om te ry vir die dag.


warm
Buite Steytlerville is die (baie) openbare swembad. Swemklere is totaal opsioneel. Groot opgewondenheid het losgebreek toe hulle sien ek stop met die kamera. 'n Klompie van hulle het nadergehardloop, seker om hul ware te kom vertoon....

Sowat 15km suid van Steytlerville het ons suid-oos gedraai. Die Baviaanskloofberge het voor ons getroon. Later het die pad geleidelik oos gedraai en die Winterhoekberge was daar voor ons.

Die pad het mooi en wyd begin, met baie plasse water. Naderhand smaller en later twee-spoor. Geleidelik het ons spoed afgekom.


draa

Regsdraai naby Hadley plaas. Winterhoekberge op die horison.

Baie klipbanke en sewe (oop) hekke naby Bloukoprant.

Op pad na Antoniesberg

Winterhoekberge daar voor ons.

Baviaanskloofberge aan die regterkant

Baviaanskloofberge regs van ons

 Naby die begin van Antoniesberg

Naby die begin van Antoniesberg

 Kaart van die omgewing. Antoniesberg begin links bo. Die kruin is by die kort draaie middel bo. Die rooi lyn gee 'n idee van die steilte van die pad.

c

Kort voor lank was ons aan die begin van die Antoniesberg se pas. Rof en verspoel, maar darem droog. Hierdie deel  was die eerste keer op die dag wat ek gevoel het die omgewing is iets besonders. Die pad was effens tegnies maar mens kon lekker rondkyk en geniet.
GK

 Eerste opdraende van Antoniesberg

Eerste opdraende van Antoniesberg. Die stuk daar oorkant is waar die erge rofheid begin - voertuie het lang en diep groewe/slote getrap met die reen.

vers

Die Noordekant van Antoniesberg is baie rof en verspoel. Gelukkig droog.

c
Bo, op die hoogste punt van die Antoniesbergpas. Op die horison is die Winterhoekberge.


 Nou begin die afdraende na die Poort. Rof en baie klippe.

c

 Uitsig na Winterhoekberge en CocksComb. Hierdie stukkie van die pad is rustig, nie te steil en bied mooi uitsigte. Dit het my laat dink aan die pad verby De Vlugt.

 

 Baie klipbanke, rof en steil. Party dele nogal baie soos stukke van die ou Katbergpas.

Steeds rof en afdraende, maar genoeg vastrap.

 

Net voor jy die laaste steil stukkie afgaan, kan mens die klofie onder sien en die (steil, klipperige) opdraende aan die ander kant uit. Daardie opdraende word geleidelik gelyker tot op die rug van Elandsberg.

 

Die Grootrivier se drif.... eerste was Dries deur...(al moes hy voete gebruik teen die einde)

En toe Aré ... en hy het ook voete nodig gehad daar naby die annerkant.

Die water was nogal diep (gelyk met die middel van die enjinkoppe). Wat moeilik was hier is dat die klippe taamlik groot en rond was. Die bike het baie rondgespring en Aré het selfs tot stilstand gekom teen 'n groot (onsigbare) klip.

 q

En toe die GeelKameel. Baie entoesiestiese begin...tien tree later vrek hy sommernetso....! En hy wil niks weet van weer vat nie.

Die ander twee het kom help deurstoot (hulle skoene was in elk geval sopnat).

Nadat ons als wat nat is/was/kon gewees het droog probeer maak het, het GK gelukkig weer aan die gang gekom. 

Baie gelukkig het geeneen van die enjins water gesluk nie.

Ek se' jou, as jou bike daar onklaar raak, sal jy laaaaank wag vir hulp. Op die hele trip het ons presies drie ander bikes gesien, niemand anders nie.

Die fout met GK (het ek terug in die Kaap uitgevind) was 'n stukkende rubber op die "throttle feedback sensor". Water kortsluit die penne, dan weet die fancy elektronika nie wat om te doen nie, en vrek netdaar.


Anderkant uit die klofie en op boontoe. Baie en los klippe, steil! Die steilste dele is ongelukkig nie op foto nie want dit was te moeilik om te stop.

 

aa

Daar agter aan die oorkant is die afgaan na die water.

Op een stadium hier op was dit baie opwindend....al drie van ons het binne 2meter van mekaar gery. As een 'n fout sou maak was al drie grond toe. Gelukkig geen insident nie, en gelukkig al drie 1150's wat presies dieselfde ratverhouding het, dus presies dieselfde spoed kon ry. Ek het so by myself gedink "Battle-formation"

Wat hierdie deel ook moeilik gemaak het was dat die voertuie in nat weer allerhande spore getrap het en ons baie moes konsentreer om uit (diep) slote te bly. Op een stuk was die enigste rybare deel 'n streep van so 300mm wyd en ons moes hard konsentreer om op hom te bly.

 Bo-op die plato van Elandsberg het ons 'n lekker tweespoor pad gery.

 Mooi proteabosse.

Cocks Comb in die agtergrond en die mooiste bosse proteas al langs die pad.


 Regsdraai by die telkom toring/sender


Die laaste stuk grondpad na Patensie. Steilerig en rowwerig, maar droog en heel rybaar.

 
Patensie daar onder - eindelik weer beskawing. Die grondpaaie is agter die rug en dis nou teer al die pad tot in die Kaap. Wat 'n avontuur was hierdie afgelope klompie ure!
Dit was nou al 3uur die middag. Die Poort het ons baie meer tyd gekos as wat ons verwag het. In Patensie het ons volgemaak en bande gepomp. Daarvandaan 'n vinnige draai gemaak in Jeffriesbaai en toe via Langkloof tot in Prins Albert.
Nota: Die kortpad tussen Avontuur en Uniondale is herbou en weer oop. Dis nou 'n fantastiese stukkie teerpad met lang slap draaie.

Ons het laataand in volle donker eers in Prins Albert aangeland. Baie moeg en baie tevrede. 'n Afsaaldop gedrink en 'n vleisie gebraai voor ons gaan slaap het.

Dag 3 was een lang windstreep op teer terug Kaaptoe, via Laingsburg en N1. Op Matjiesfontein het ons 'n rustige bier gedrink en toe weer in die pad geval. Veilig en tevrede in die Kaap aangekom.

So, is Antoniesberg die A-veld of B-veld?
--
Die Baviaans bied baie meer in terme van kuierplekke en kykdinge, die Antoniesberg is maar arm in hierdie afdeling.
-- Die pad (wat ons aangetref het) het dele wat nogal moeiliker was as die Baviaans wat ek onthou. Ander tye kan dit dalk ook andersom wees, afhangende van onlangse reen en/of werk aan die pad.
-- Die mooi natuurskoon van die Baviaanskloof strek oor baie kilometers (100+) terwyl die Antoniesberg se mooi dele baie korter is (40km?).
-- Die Antoniesberg kan mens in 'n halfdag doen (Steytlerville <----> Patensie) terwyl 'n toer deur die Baviaanskloof 'n dagrit is (maar behoort ten minste twee te wees).
-- Moeite werd om te besoek? Baie beslis!
- Alleen deurry? Nee, liewer nie! As jy daar moeilikheid kry kan jy maklik vasval en baie lank wag op hulp. Oor die hele afstand het ons geen voertuie nie en net drie motorfietse gesien.
- Die enkele rivier-deurgang was nogal diep en lank. Groterige klippe wat dit moeilik maak om momentum te hou. Die bike spring baie rond en begin maklik spin teen 'n klip.

So, A-veld of B-veld?

Baviaans is grootboet, A-veld. Antoniesberg is kleinboet, B-veld. Maar mens moet altwee ontmoet. Dis verseker!

------------------

Interessante statistiek wat Aré gestuur het:

Totale km's gery volgens GPS se track log (Mapsource in hakies):
Dag 1 van BP Somerset Wes tot Prins Albert: 450 km (449 km)
Dag 2 van Prins Albert via Willowmore, Steytlerville, Grootrivier Poort, Patensie, Jeffreysbaai, Kareedouw, Uniondale, De Rust, PrAlbert: 769 km (765 km)
Dag 3 van Prins Albert na Lanners Landing:  359km  (360 km)
TOTAAL:  1578km  (1574 km)
 
Totale tyd geneem:  29:09 uur
Tyd beweeg:  20:33 uur
Tyd gestop:  8:36 uur
Gem. Spoed: 56.6 km/h
Gem. bewegende spoed: 80.3 km/h
Maks spoed:  157 km/h

Aré se 1150: Gem verbruik:  18.69 km/liter

 

Comments

Geoff Russell's picture
Offline
Joined: 2007/09/25

Great report and pics GK.

Committee: Ride Captain

Offline
Joined: 2009/12/09

Yes Geelkameel, jy KAN maar 'n tripverslag skryf, hoor! Altyd so lekker om te lees. kan nie wag vir die res van die foto's nie... Doet so voort! 

n/a
hd
hd's picture
Offline
Joined: 2007/06/18

Soos gewoonlik weer 'n lekker trip report met goeie fotos Danie! Wil hierdie jaar beslis op 'n paar trips gaan. Verlede jaar was maar  vir my 'n k*k jaar!

 

 

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14

Danie, I love your pictures.  Especially the ones showing all 3 1150 GSs WinkTongue out

Committee: Webmaster / Ride Captain

Andyman's picture
Offline
Joined: 2007/06/22

Keep it coming, finish the report.

what a lekker trip.

It was the entry speed bow wave in the river that starved the bike and stallled it I'm sure.

Andyman
Anyone can ride a bike fast....   But can you ride your bike real slow???

KarinP's picture
Offline
Joined: 2009/04/30

Ag maar ek lees & ry lekker saam, Danie! Dankie daarvoor, ek sien uit na die res...

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21

Foute op paar plekke reggemaak ... Antoniesberg was verkeerdelik genoem Grootrivierpoort sad

Die Grootrivierpoort is tussen Patensie en die Baviaanskloof.