Bloukranspas - n Prentjiesreport

GeelKameel's picture

Vir jare al het ek heen en terug gery na die OosKaap, en elke keer myself voorgeneem om deur die Bloukranspas te ry. Onlangs het ek besluit nou of nooit. En wat 'n lekker ervaring!

Ongelooflik mooi en rustig. Kos vir die siel.

Elke keer wanneer jy stop is daar 'n besondere stilte wat mens net in 'n bos vind. Mens hoor selfs die water kabbel oor die klippe daar onder in die kloof.

 

Die pad word duidelik lankal nie meer onderhou nie, maar dit is perfek rybaar.

Ek het van oos na wes gery. Soos jy op die N2 naderkom aan die afdraai, word jy al hoe meer herinner dat die pas gesluit is en ontoeganklik is. Oral is padtekens wat jou probeer keer.

'n Entjie verby Coldstream is daar 'n groot hoop grond op die pad. Met 'n netjiese verby-spoor.

Die pas begin stadigaan afsak na die kloof.

Party plekke is helfte van die pad toegeval aan die helling se kant, en paar plekke effens gesak aan die kloof se kant.

Hierdie is min of meer die ergste padskade wat ek gesien het.

    

En daar was ook voertuie op die pad.

Op twee of drie plekke het daar rotse in die pad gele', hierdie was min of meer die grootste van hulle. 

Ongelooflik stil, mooi en rustig.

 

Die brug oor die Varkrivier, 'n sy-tak van die Bloukransrivier.

Hier styg die pad weer aan die oorkantste helling van die volgende kloof

Die indrukwekkende Bloukransbrug

Baie mooi natuur tussen die twee riviere. 'n Ent vorentoe is die brug oor die Bloukransrivier.

En weer opdraende in die laaste deel van die pas. 

En dit was Bloukranspas - elke oomblik en elke kilometer die moeite werd!

Oor die N2 by die tol plaza en verder na Natures Valley en die Grootrivierpas.

Reuse bome oral.

Die waters by die Natures Valley Oord.

En die Grootrivierpas begin sy rustige klim.

En so lyk die Grootrivierpas van onder tot bo.

Lekker draaie, maar jy voel nie om vinnig te ry nie - die natuur is eenvoudig te mooi.

Doen jouself 'n guns, en ry deur hierdie twee passe, in plaas van die tolpad.

 

En gaan kyk gerus hierna:

https://mountainpassessouthafrica.co.za/find-a-pass/western-cape/item/133-bloukrans-pass-r102-garden-route.html

https://mountainpassessouthafrica.co.za/find-a-pass/western-cape/item/135-grootrivier-pass-r102-garden-route.html

Comments

Geoff Russell's picture
Offline
Joined: 2007/09/25

Mooi Danie.

Committee: Ride Captain

Jackie Wiese's picture
Offline
Joined: 2012/02/26

Dankie Danie

Dis oor en oor die moeite werd om die Bloukranspas aan te pak. Was baie jare vroeg die oggend daar nadat al die kennisgewings dat die pas gesluit, geïgnoreer was. Dit is net 'n groot jammerte dat die pragtige pad nie onderhou word nie!

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14

Dis verpligtend om onder in die Coke te swem!  Kaalgat.

Committee: Webmaster / Ride Captain

Zanie's picture
Offline
Joined: 2013/11/21

Mooi prentjies! Ons Kapenare begin vergeet van die kleur groen. Dankie vir die herrinnering.

Matewis's picture
Offline
Joined: 2013/08/03

Lekkerte!! Dink ek sal hom hierdie jaar 'n bietjie gaan ry!

“Don’t go where the path my lead… Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson https://kettingsaag.wordpress.com/ https://witvosblog.wordpress.com/