Timing marks 1200

6 replies [Last post]
Offline
Joined: 2007/08/21
Ek wil graag weet waar die inspeksie gaatjie vir die tydmerke op die 1200 sit. Op die 1150 sit die plug agter die regterkantste pot. Weet nie of ek in my ooglede vaskyk nie. Enige eimand wat kan help ?
Padlangs (not verified)
Vra liewer, wie kan jou help met n elektroniese workshop manual. Moet se^ ek sal self nie omgee vir n kopie nie.
Offline
Joined: 2007/08/21
Padlangs, word die tydreeling elektronies beheer? Indien wel, wat dan nou van die kleppe ?
Padlangs (not verified)
Dis mos nou hoekom ek sê ons moet liewer die elektroniese manual in die hande kry. Ek het die 1150 se manual, maar die 1200 is n heel nuwe ontwerp. Ek het al met iemand gepraat wat die 1200 se manual het - kan net nie die naam onthou nie. :( Hou maar duim vas, dit is bakgat klomp op die forum. Iemand sal sê waar ons die manual kan kry. Hou maar jou messenger dop.
Jaco's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
Wat's fout? Hi Roelof. Is daar 'n fout/simtoom wat jy wil regdokter? Groete
Offline
Joined: 2007/08/21
Nee man , ek hou mos daarvan om dinge self te doen.Filters opsit olie vervang, die basiese goed. Ek neem net my fiets na n handelaar toe as daar elektroniese foute is. Jy moet onthou ek is 2 ure se ry vanaf my naaste handelaar. Om dit te laat diens moet ek +- 600 km ry!!, gaan aflaai, terugkom, gaan haal, en weer terugkom.
Offline
Joined: 2007/06/23
Ek Het die 1200 CD, maar nie vir uitleen nie. Jy is welkom om copy (Print, nie cd copy) by my huis te kom maak. (Bob 083 5684995 Willow ridge 1 Roayal Ascot, Milnerton)
n/a