Slakkie na Brakkie se Veldkombuis/Boesmanland Bewondering

Matewis's picture

Soos julle kan sien van die opskrif kon ek nie besluit op die titel vir hierdie blog nie. Ek was nou vir 'n hele rukkie stil, dit was winter en daar het nie enige epic trippies gebeur nie. Maar dit beteken nie dat daar nie gery is nie. Ek het net so bietjie die voertuig met die dakliggie gebruik.

Begin September vir die eerste keer my bakkie "off the beaten track" gevat by Brandvlei Kelder se 4x4 dag. En man was dit nou sports. Baie respek gekry vir my bakkie en ook gesien dat die dreaded sandmonster wat ek op 'n fiets nie wil sien nie, eintlik nie so erg is nie, in 'n bakkie.

Genoeg van dit. Slakkie na Brakkie het begin as 'n lekker kuier so na aan die einde van die jaar. Die mense wat gaan is omtrent opgewonde en die kinders het my al 'n maand voor die tyd begin uitvra oor hoe dit daar lyk, wat ons als gaan doen ens.  Ek kry hier begin September 'n boodskap van 'n vriend waarmee ek lanklaas gechat het, wanneer kom jou volgende blog uit? Behalwe my Bybel is dit al wat ek lees. Wel Wera, hier is hy nou. Dis nou tyd dat jy daai stofskoeter koop.

Die Boesmanland/Namakwaland, het ek nou al geleer in my 23 jaar wat ek daar kom, doen nie iets halfhartig nie. Dis ALLES of niks. As dit droog is, is dit bitter droog, maar as die Here die sluise van die hemel oopmaak, word hierdie dorre landskap omtower in 'n wonderwêreld van kleur. Soos in die Tankwa was dit 'n uitsonderlike blomme jaar nes hier in die Namakwaland. Vir iemand wie se hart na aan die grond lê was hierdie gedig baie treffend en so waar.

BLOMMEKYKERS
George Weideman

juliemaand en die familie skryf
sal daar blomme wees vanjaar?
is vooruitsigte goed of sleg?
nooit vra hoe staan die koring
het dit al gereën    het die skaap kondisie nie
aljimmers net die blomme

en end Augustus kom die konvooie
uit die kaap die baai en die transvaal
kom kombi’s en langslapgatkarre
kom trap gousblom en sporrie snuif
kom bier en braairib in die hand
die kameras die zirr en klik
van kykgat tot by kamieskroon
(tot selfs ouma nie meer kan lag nie)

julle noordwesters is darem gasvry
maar hoe leef julle sonder tv?
‘t amper vir hom gesê dankie ons sien ver genoeg
maar verdeë of hy sal verstaan
as ons ver oor die vlaktes na die weste tuur
sien ons hoe wissel kleur op kleur:
bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
en die baldadigste geel  varkensknol
saans die son pure bontkopdoek
snags die sterre ons eie silwerdoek
vroegskemer smôrs misroepertjie wat fuuut
die mis stoot oor    klaasvakie stout sê sjuut

maar as die blomme vir hulle te veel word
of die water darem te brak, dan pak hulle in
wat die oë sien en die hande kan dra:
here wat sal pam sê van die “karos” -
wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
hoe groen sal ou herbie nie wees nie!
imagine ‘n egte “tonteldoos”! dalk
kan jy die watsenaam - gat, né? -  gat-
skuur vir ‘n deurstop vat
en o ja dankievirriewildsbiltong
dis awfulnicevanjulle sê my watsievinnigstepad
uit hierdie godverlate gat

somtyds voel mens
jy sien net die bittergousblom
en gifmelkbos
somtyds wil mens bid
kom toemaakmis
kom trek jou sluier
kom maak jou kinders se oë toe
of oostewind
kom waai jou waai
kom waai maar
alles
moerland toe

Dis 8 September en elke jaar wil ek een EPIC trip doen. So raak ek aan die gesels met Jani, 'n kollega by die werk en die voorstel kom: Hoekom nie 'n Amazing Race hou nie?? Nou ja, nou moet sy maar help reel want ek het gedink dit is iets wat mens maklik aanmekaar kan sit. Toe nou nie.

Ons trip na Brakkie se Veldkombuis het toe 'n lekker vooruitsig bygekry. DIS BASAAR NAWEEK OP LOERIESFONTEIN!! Nou as jy nog nie 'n basaar op 'n plattelandse dorpie bygewoon het nie, het jy 'n gat in jou opvoeding. Nou my vrou gaan my heel moontlik stenig, maar in 2018 hou ons 'n BASAAR-JAAR. Gaan besoek die klein dorpies met die motorfietse en hou saam met die mense basaar. Ek het al staaltjies gehoor van die basaar. Sekere tannies se gebak word hoog aangeslaan en sodra die doomnie klaar gebid het is die basaar oop vir koop. Volgens oorlewering sit mense hul hande op die koeke sodat niemand dit koop voordat hulle nie kans kry nie. Al selfs gehoor van 'n tannie wat haar vinger in een van die koeke gedruk het sodat sy seker is niemand anders koop hom nie.

Om eerlik te wees was ek self seker hier vroeg in my hoërskool loopbaan laas hier met 'n basaar. Daai tyd het ek nog met die bakkie in die dorp gery sonder enige bekommernis dat die polisie my gaan aftrek. En om iemand sonder 'n valhelm op 'n motorfiets te sien ry was ook niks snaaks nie. Dit was 'n rustigheid in die dorp. Met die nuwe windlaaiers wat tans gebou word net buite die dorp is daar nuwe lewe in die dorp.

Dis die Maandag, voor die Vrydag. En ek is soos 'n stout opgewonde kind. My ma gaan my nou seker kruisig maar Sondag-aand toe ek by die huis kom van 'n kuiertjie in Villiersdorp by die skoonmense het ek die KTM in die garage een kyk gegee, vir Chantelle gesê ek gaan gou 'n draai ry, om die blok en terug en toe die ou begin strip. Nou gaan die manne wat my ken vra? KTM??? Ja kêrels. Ek het 'n pel van my en my broer, wat nou al soos 'n kind in ons huis is gevra of my broer sy fiets kan leen vir die trip. Die rede vir dit is ons het nog nooit saam 'n rit op die motorfietse beleef nie. Louis het gesê Miela kan hom enige tyd leen hy moet net gediens word. Nou ja terug by die hede. Ek het die Katie gou gestrip en die fietse werk eintlik verbasend maklik. 00:00 in die bed gekom en 4:00 Maandag more toe lê ek wakker. Maar opgestaan en aan die gang gekom. Hierdie week gaan slaap weer min wees.

Dit was toe ook 'n week van min slaap. Gelukkig is ek dit al gewoond. klokslag 2:50 elke more was ek wakker. Dan kry ek die vraag? Vir wat is jy alweer wakker? Ek le en maak lysies van als wat ek moet onthou. So toe staan ek maar op en maak verder lysies in die TV kamer.  Gelukkig hou ek van sulke goed.Die Dinsdag voor die trip het ek verlof ingesit. Hlux het nuwe skokbrekers voor gekry, nuwe radio is ingebou en terwyl ek besig was is al die vaal groen liggies in die dash met LED outjies vervang. Witvos se knobblies is opgetrek vir die grondpad, shopping gedoen vir die stort ens.

20160927_081228

20160927_081221img-20160918-wa0043img-20160919-wa0050

Donderdag het aangebreek en ek na werk het ek die laaste paar rondjaag ure gehad.

Biltong en steak gekoop. Krat Coke by Giant gekoop en toe gejaag vir die huis. By die huis aangekom het my ouers net na my gestop. Wikus moes nog hulle goed bring, Gerhard het sy net kom haal. Toe almal weg het het die uwe begin pak. Saalsakke mooi vasgestrap en toe net toe ek wil begin pak besluit ek hoe meer spasie ek het hoe meer nonsens gaan ek rondry. Saalsakke dadelik afgehaal en my pakproses sommer baie makliker gemaak. Intussen het ek maar solank begin om die bakkie ook te pak. Bakkie het diesel gekort en eers gery om hom vol te maak. Met beide klaar gepak was dit skuins voor 11 en tyd vir die bed. Emile het 'n krisis met sy bike klere gehad en sou eers die volgende oggend deurkom.

Die afgesproke tyd was 7:00 by Engen Cape Gate.6:20 het ons uitgetrek om Fiela te gaan aflaai. Sy sou saam met oom Anton en tannie Bibi ry. Chantelle het haar huis sleutel vergeet en ek het hom in die topbox gegooi. Louis het sy huis se sleutel in die KTM se kissie vergeet en Emile moes dit gou gaan aflaai. In die Kaap het Miela nie vreeslik rigting sense nie en ek is toe opgesaal met die taak. Groet en vlieg weg, deur die verkeer oppad na Durbanville. Daar aangekom bel Chantelle, sy het nie die huis se sleutel nie. 6:50 is ek weer oppad huis toe om die sleutel af te laai. Intussen begin die boodskappe deurkom die manne is by Engen. Nou ek is nooit laat nie. Ek haat dit en hier was ek toe nou laat. By die petrolpompe aangekom gooi ek gou bietjie Cream-soda vir Witvos net om te hoor die kaartmasjiene buite werk nie.

20160930_071528

So moes ek toe in 'n ry gaan staan binne in die winkel net sodat ek my petrol kon betaal. Op die stadium was ek glad nie 'n happy camper nie. Met die fietse vol Cream-soda het my foon gelui. Oom Anton hulle was by Wynland Engen. Ek het gesê hulle moet toe sommer die Klipheuwel pad vat ons kry mekaar sommer langs die pad.

Heinrich, Ruth en Liezel was oppad uit Tableview en ons sou mekaar by Wimpy kry. Hulle het so bietjie laat gehardloop en toe kry ons mekaar sommer buite Malmesbury by 'n padstal.

20160930_08071020160930_08283714542456_10153846315651892_3291108585760308564_ofb_img_147548487875614516516_10153846314146892_2238790334009613350_n

20160930_082903
Miela probeer die BMW teken op sy baadjie toehou terwyl hy op 'n KTM sit.

Hiervandaan het dit heel lekker gegaan. By Piketberg het Heinrich gou ingeswik vir 'n toilet breukie  en ons het aangehou tot by die silos buite Piketberg. Hier net vinnig gestop vir 'n ruskansie en vir Heinrich om op te vang. Oom Anton en tannie Bibi het solank gery aangesien ons my ouers, skoonouers en Christine by Kardoesie sou kry. Ons het amper almal so gelyk daar aangekom. Dit was tyd vir 'n take-away koffie.

14484736_10153846318771892_1797922598785065989_n14449747_10153846321291892_3912712439456458925_n14484766_10153846316446892_2736382007221467533_n14517433_10153846318036892_8934173013205543659_n14516387_10153846317046892_2277179537078853495_n

14484845_10210261378631400_3479509218632840530_n14492471_10210261347830630_8699321186269602821_n14591693_10210261372791254_7727601726164471789_n

Die take-away koffie is gou bestel en ons het 'n lekker koffie weggesluk. Fiela het saam met oom Anton en tannie Bibi gery en was so gelukkig soos 'n vark in Palestina. Planne is gemaak dat ons sal afdraai op die Cederberg/Algeria pad. Van die mense in die groep, het weinig al die pad langs die dam af gery. Almal sien altyd Clanwilliam dam se wal en dis die indruk wat jy van die grootte van die dam het. Op die laagwater brug oor die rivier het ons eers gestop en bietjie fotos geneem. Fiela het die rivier se watertemperatuur saam met Heinrich gaan toets en vandaar is ons links al teen die dam af.

14449817_10153846320316892_8623390795800014113_n14481827_10153846322121892_8047329692505717750_o20160930_104337  fb_img_1475484896319fb_img_1475484905454ultimate_hdr_camera_20160930_104400fb_img_1475484892010

Almal was verbaas om te sien hoe groot die dam werklik is. Ons het 'n lekker plekkie langs die dam gevind en ingetrek vir ontbyt. Ek het met die beplanning van die toertjie geseê ek het net een reel. Ontbyt sal nie gekoop word nie. Dus geen Wimpy etc nie. SLEGS tuisgemaakte happies. En was die verskeidenheid nie lekker nie. Tuisgemaakte frikkadelle, kook-eiers, broodjies, koffie. Ons het die naweek omtrent lekker afgeskop.

14519802_1247566361949717_3920723557632986375_nfb_img_147548491171514517372_10153846328496892_9109806547011478130_n14517366_10153846325681892_2833862186800620974_n14502948_10153846323871892_5199590778982906020_nfb_img_1475484915291fb_img_147548491907120160930_10112020160930_11041814446202_10153846329766892_594144793714822190_n

Van hier het die roete al langs die dam af gekronkel. Clanwilliam toe. In Clanwilliam gekom sien Emile die KTM se nommerplaat het gegroet. Die vriendelike man van die Ford garage kom oorgestap en sien dit en sê sommer dadelik waar ons 'n nuwe een kan laat maak. Intussen maak ons gou vol en Emile ry af om die nommerplaat te vervang. 45min later is hy geholpe en ons besluit om die roete bietjie aan te pas aangesien ons bang was die tyd vang ons. Van hier het ons die N7 bestyg rigting Vanrhynsdorp.

14517540_10153846331031892_3129134740469414343_n20160930_121656

By hierdie boonste garage het wyle Tolla nog so die manne gevang met die Tolla-bakkie wat nie wou start nie. As ek reg onthou het hy toe 2 Panados en 'n bietjie water in die tenk gegooi en daar vat die ou weer.

Op Vanrhynsdorp het ons gou volgemaak en rigting gevat Nieuwoudtville toe. Hier is 'n welbekende motorfiets museum. Met meer as 400 motorfietse is dit nogal iets om te sien.

20160930_14321320160930_143441

Ek het gou gaan geld trek en MTN lugtyd gekoop. Op 'n sekere punt by die Veldkombuis is daar MTN opvangs en met die dat Chantelle met die bakkie oppad was wou ek darem op hoogte bly van hul vordering. Oom Anton het die bostrok se neus solank in Loeriesfontein se rigting gewys en Heinrich was kort op sy hakke. Ek was nie bekommerd nie aangesien ons hulle weer behoort te vang voor hulle die afdraai na Kliprand/Brakkie bereik. Dit was toe nou nie so nie. Miela ken gelukkig die pad en ek het hom laat voorvat Brakkie toe terwyl ek die res gou in Loeriesfontein gaan haal het. My pa het ook Loeries toe gery om gou 2 coolers met ys op te tel. Met die manne in die dorp opgespoor het ons koers gekies plaas toe. Miela hulle het by oom Ewie se hek gestop en daar is bietjie vloeibare verversings afgesit deur my pa. Ek het nie lang stories gemaak nie aangesien die bome al begin lang skaduwees gooi het.

20160930_15584220160930_154821fb_img_1475484931429

Ek het Appie sommer by die ingang na die plaas raakgeloop en hy het gesê oom Klaas en tannie Danelia is reeds bo by die Veldkombuis. Ons het maar die grootpad gevat en sommer by die indraai na die Veldkombuis kry ons menige motorfietsryer se groot vrees. SAND!! Ek het sommer in die eerste 3 meter amper my stopsels losgeval maar het wonder bo wonder bo gebly. Almal is darem ongeskonde deur. Ek trek toe bo op die kop af vir 'n fotosessie en die ander manne ry solank. 20160930_161812 20160930_162132  fb_img_1475484944153ultimate_hdr_camera_20160930_162148

Nie te ver in die pad af nie sien ek die manne dam op. Miela het 'n skermutseling gehad met die wal langs die pad. Met die nader-ry sien ek die plek lyk bekend. Selfde plek waar ek in 2014 so bietjie die pad byster geraak het. Later die aand sal dit toe uitkom dat Emile op die spesifieke plek met die Dakar plaas gekoop het, ek het toe in 2014 ook vir my 'n stukkie grond gekoop en Emile het toe 2016 net die tradisie voortgesit en seker gemaak die stukkie grond behoort nog aan die Matthee-familie. Ons het hierdie die Matthee S gedoop. 'n Bordjie sal met die volgende geleentheid geplant moet word. Gelukkig was die enigste skade aan die ego. Ons reis verder tot by die Veldkombuis het sonder voorval verloop. Daar aangekom het oom Klaas ons sommer reguit op in die kloof gewys sodat ons kon kamp opslaan. Almal het vir hulle 'n plekkie uitgesoek en begin tent opslaan.

14463196_10153846342031892_4898890472489680592_n

My ma sê altyd. Sorg eerste dat jou kooi-goed uitgesort is. Met die tent opgeslaan het ek gou vir Chantelle gaan bel om te hoor hoe ver hulle is. Hulle was by Klawer en ek het vir Callie en Heinrich nader getrek sodat ons gou ry om hulle te gaan haal. Daniel moes al op Brakkie gewees het en Heinrich sou sommer saam met hom terugry kamp toe. Net mooi toe ons aankom na Brakkie se hek kom Daniel met die pad afgery. Heinrich het by hom ingespring en ek en Miela het koers gekies teerpad toe. Net na ons deur die trek-hek is sien ek iets beweeg regs voor in die pad. Menende dis 'n steenbokkie. Toe ons by die plek kom waar ek die beweging gesien het dop 'n groot rooijakkals deur die draad en draf rustig dieper die veld in. Gelukkig vir hom het ek nie 'n skietding gehad nie en kon ek ook nie met die bakkie oor die draad nie.14480511_10205048616854060_6283638156994783169_o

Ons het vir Chantelle net anderkant Ant Grieta Skuinskoek se huis gekry. Ek het sommer my bakkie se wiel gevat en Chantelle het by Emile ingeklim. By die kamp aangekom het ons ingespring en vir Daniel gou gehelp om sy tent op te slaan. Oom Klaas, Tannie Danelia, Emsie en Appie was hard aan die werskaf langs die vuur. Voorgereg was skilpadjies, biltong en droewors en chips. Ek het so vooraf gaan proe hoe smaak die skaaprib en was die mense in vir 'n treat!!!

14441090_10153846369761892_7247753378052288963_n14449963_10153846364781892_3344774276038929340_n14484665_10153846355776892_5193594103257453590_n14516613_10153846343466892_3276712587581824405_n14517477_10153846345481892_2433154811756703083_n14563412_10153846344926892_6951358466470736087_n14448885_10153846348191892_1407633033419965368_n

Met elkeen se bord gevul met primecut skaaprib, aartappelslaai, mengeslaai, boerewors en roosterkoek het daar 'n stilte oor die Veldkombuis gedaal. Almal was vreetsaam. Dit was die lekkerste skaaprib wat ek al geeet het. En ek het al 'n hele paar skaapribbes deurgewerk in my leeftyd. Die kersie op die koek was toe die pot met Melkkos oopgemaak word. Ons almal was vol, maar het plekgemaak vir daai melkkos. Jaco en Eduard het toe ook opgedaag uit die Kaap. Die ouer jongmense het koersgekies katel toe. Chantelle hulle het die bakkie gevat en padgevat terug Brakkie toe waar hulle die aand sou oorslaap. Ons jongspan het lapa toe geskuif en die vuur ordentlik gestook. Grappe is vertel en ons sit nog so, toe se iemand maar hier stop 'n bakkie. Stap uit en hier staan my silwer Hilux buite. Die ruit gaan af en 'n baie opgewerkte vrou sê ek moet nou op my motorfiets klim en hulle tot by die plaas vat. Hulle het verdwaal. Uur en 'n half later weer terug by die kampterrein. Ek en Callie het toe maar gedwee in LangJaco se bakkie geklim en hulle agtervolg. Almal in die Hilux sit vasgepak met baba-stoeltjies of slapende kinders en Chantelle moes elke hek oopmaak. So dis 3 hekke oppad uit, en toe 3 hekke oppad terug. By die eerste hek het ons net gestop, Carel mik so na die deur se handvatsel toe die Hilux se oopvlieg. Daai donkerkop klim uit en die hek word oopgemaak. Op daardie stadium was die humeur redelik kort. Vir Callie se beskerming het ek toe voorgestel hy moet haar los dat sy al die hekke oopmaak. En toe maak sy 3 hekke oppad uit ook weer oop. Totaal 9 hekke. Nou vir die wat 'n plaashek ken, hulle het 'n kettingtjie aan wat om die paal gaan en weer inhaak. Tolla het die storie vertel van swingry op Citrusdal en die manne in die swings wat toe met die wegvlie met die wiel gelykhang. Nou daardie haak aan die kettingtjie het my aan die storie herinner soos die hekke oopvlie van befoeterheid.  Toe ons by die hek net na Die Hel kom sien ek bakkieligte van onder met die pad opkom. Ek en Callie draai toe om en begin maar weer die terugtog. Ek het so teen 1:00 halt geroep en verstaan van die manne het eers teen 3:00 in die bed gekom.

Saterdag oggend was almal maar traag vir opstaan. Die idee was om vroeg in die dorp te wees vir die basaar. Let wel. Die IDEE. Die uitvoering het egter nie so vlot verloop nie. Ons het sommer van die Veldkombuis koers gekies dorp toe. Die sandstukke het verbasend lekker gery so vroeg in die oggend. Weet nie of dit was omdat die grond nog koud was en of dit die vorige aand se vloeibare moed was nie. Die dorp het gewink en toe ek my kom kry gallop ek en Witvos heel voor teen 'n lekker 120km/h! By die teerpad het ek net gewag dat almal weer bymekaar kom en toe sit ons die stuk in BASAAR toe.

20161001_08383220161001_08383520161001_09200820161001_09204620161001_092124

Die laatslaap was nie so goeie idee nie want die goete op die basaar het letterlik soos soetkoek verkoop. Daar was darem nog vleis oor en pannekoek. Ons lê toe so bietjie weg onder die pannekoek. Hier het ek toe ook vir Zanie de Villiers en haar ma raakgeloop. Die vriende wat ook van Worcester af kom maar ook nou verbintenis het met Loeriesfontein. My pa het weer vir Gezina du Toit(nee Louw), dogter van oudraadslid Elie Louw, ook afkomstig van Worcester raakgeloop. Nou kyk as ek in die wêreld is, is die dorp heel laaste op my lysie van plekke om te besoek.

Ons almal het besluit dat die volgende stop Loeriesfontein Central Traders of in kort LCT sal wees. Ons was lus vir ietsie lekkers. Ons het die hele stoep beset en die mense net voor ons het milkshakes gehad. Ek vat toe 'n kans vir 'n koffie-milkshake en jou wrintie-waar. Noelene se ek kan maar bestel. Op die ou einde het meeste van die mense milkshakes gedrink en ons bestel toe 'n bord of 2 slapchips. Wat toe uitdraai om 3 borde te wees. LCT het 'n spesiale sous en die chips is nog home-made. Nie koop in pakke en deepfry gou nie. Ek dink ek het 2 van die 3 borde chips geëet. Al agter die lekkerte en die sous aan.

14589850_10153855303621892_56842341682842852_o14570656_10153855315591892_2928060784749559534_o14542371_10153855303646892_1516082012628469025_o14525048_10153855315766892_1348518113431908883_o14615782_10153855303526892_2699734584543584865_o14590023_10153855303536892_7229773931701444967_o14520413_10153855316546892_9216399297930072856_n

Gedurende die eterasie het ek gou oorgestap Kooperasie toe. Hier ontdek ek toe rekke waarmee ek my bagasie op die skoeter vastrek vir BAIE goedkoper as in Kaapfontein. Ek koop toe sommer 2 stelle. Terug by LCT het ons so stelselmatig begin klaarmaak en betaal. Die volgende stop was Die Windpomp Museum. Oppad soontoe sien ek Loeriesfontein se klerewinkel regoorkant die Spar. Stop gou en hardloop daar in. Kry toe 2 pare Mohair sokkies teen R80 per paar asook 'n USB karcharger vir die selfone. Net af in die pad en om die draai het die Windpomp/Fred Turner Museum ons tot stilstand gebring. In 'n wêreld en gebied waar water skaars is, is windpompe letterlik die lewensaar van mens en dier dwarsoor die wêreld.

20161001_12011620161001_12010220161001_12042614492507_10153846353966892_7173035298617569962_n14481761_10205048611373923_7955545821763207437_o14589898_10153855328071892_1140843598461393287_o14589792_10153855328301892_2540852997842032320_o14615854_10153855328226892_4341776794468460950_o14612618_10153855327986892_5580798885654441506_ofb_img_1475484757956

14542600_10153855332341892_623032868956764143_o14525139_10153855327811892_5908526428871406729_o

Deesdae word windpompe vervang met nuwerwetse pompe wat op sonkrag loop. Hulle is net vrek duur. Ons het so bietjie terug in tyd gegaan met 'n ossewa, asbosskerm ens. Elke keer as ek hier inloop staan ek verwonderd aan hoe vindingryk ons voorvaders was en hoe goed in die natuur gebruik is om hulle lewe gemakliker te maak. Om terug te kom na die Asbos skerm toe. Die dame by die museum het vertel dat die asbosse altyd onderste-bo op die skerm gepak word. Dit help dat die water afdrup en die onderste gedeeltes van die skerm digter maak. Nog 'n rede vir dit is dat dit enkelpunte van die asbos na bo wys en dan 'n soort van tregter vorm wat maak dat die rook altyd na bo trek en nie warrel in die skerm nie.

Van die Museum het ons gestop om gou cream-soda in die skoeters te gooi en met die stop daar toe twee manne van Vredendal op Honda XR650's. Hulle het ook met dieselfde pad van Kliprand af gekom. Sommer so vir die dag net 'n draai gaan ry. Met als vol petrol het ons net na 1 koers gekies Brakkie toe. Oom Ewie het ons voorgekeer en gese ons moet gou 'n draai maak op Graafwater. Miela het sommer voorgevat en ek het hier by Witwater kortpad gevat deur die veld. Duidelik het daar bitter lanklaas 'n voertuig op daardie paadjie geloop en hel was dit mooi. Net my spoor in die veld en die blomme plate teen die pad.

By oom Ewie het ons gou 'n koeldrankie genuttig en ek se toe ek wil sommer veld deur Veldkombuis toe ry. Heinrich se toe hulle ry saam en ons ry toe veldlangs en kry die mooiste plate blomme.

20161001_13575520161001_13583620161001_13585820161001_13590620161001_14250420161001_14251814492432_10153846326681892_8827509020393653900_n14485163_10153846362311892_7795981238136964513_n14479549_10153846359416892_6913400447500648079_n14457373_10153846357621892_3574682461527961309_n

Oppad Veldkombuis toe het ek nog gestop vir 'n vinnige foto of 2.

14589732_10153855332861892_2338414539622139853_o

 

14448950_10205048518171593_4478907181970719643_n14479621_10205048522371698_6108996004645443740_n14484723_10205048614694006_7886722045727340469_n14494664_10205048615334022_7265670094097886617_nfb_img_147548479968014608808_10153855349326892_6461807737621690503_ofb_img_1475484840294fb_img_1475484833989fb_img_1475484811162

Die ander mense het by oom Klaas in die huis gebad en gestort en ons hardebaarde het die koue aangevat. Verseker weet ons nou die patent werk en koud sal ons nie weer stort nie.

14589643_10153855348936892_7344207223884586717_o

Die kinders het ons heel dag al geroer oor kettie en windbuks skiet. Die windbukse het uitgekom en vandaar is daar teiken geskiet, kettie-rekke het geklap en effe later het ons die reuk van vuur gekry.

14563553_10153846341511892_4071404866067860905_n14556756_10153855348931892_7801952442241212026_oimg-20161005-wa0165img-20161005-wa0161img-20161005-wa0160img-20161005-wa0159img-20161005-wa0157img-20161005-wa0156img-20161005-wa0155img-20161005-wa0151img-20161005-wa0147img-20161005-wa0149img-20161005-wa0145img-20161005-wa0144img-20161005-wa0142img-20161005-wa0141img-20161005-wa0138

Op die spyskaart was skaapnek, soet butternut met heuning en kaneel oor, orige aartappelslaai en 'n lekker beetslaai. Die skaapnek en butternut is in die klei-oond gaargemaak. Iets wat die stadsjapies nie ken nie. Ons almal het gaan posvat in die boonste skerm en die vuur het die omliggende rotse met drogbeelde laat dans.  So met die skemer het Christine 'n panoramiese foto geneem van die boonste skerm af. Met die dat sy inzoom op die foto ontdek sy dat sy 'n spook afgeneem het.

whatsapp-image-2016-10-12-at-07-15-13

Die veelbesproke foto

Oom Mic, een van die groot plaaslike geeste het 'n spesiale uitnodiging gekry. Met sy hees stem mag hy maar 'n storie vertel. In my 23 jaar wat ek hier kom het ek nog nooit dieselfde storie 2 keer gehoor nie. En oom Mic mag maar 'n storie vertel. Met die dat Christine die spook afgeneem het kom die storie van Oom Faan tevore. Nou as jy die storie wil hoor, moet jy maar die Plaaskombuis kom besoek. Neukery is net oom Mic gaan nie die een wees wat dit vertel nie. Die manne het die bakkies nader getrek om die voetbal oor die draadloos te luister.

img-20161005-wa0188img-20161005-wa0186

Oom Mic en Miela

img-20161005-wa0185img-20161005-wa0183img-20161005-wa0190img-20161005-wa0189img-20161005-wa0182img-20161005-wa0181img-20161005-wa0180img-20161005-wa0179img-20161005-wa0178img-20161005-wa0177img-20161005-wa0176img-20161005-wa0175img-20161005-wa0173img-20161005-wa0172img-20161005-wa0171

20160930_19060914601133_10154578113473615_6198844157978456612_n14520575_10154578112823615_2613244628839748225_n

img-20161005-wa0164img-20161005-wa0109img-20161005-wa0107img-20161005-wa0106img-20161005-wa0052img-20161005-wa0051img-20161005-wa005014484665_10153846355776892_5193594103257453590_n14470593_10153846369276892_8940355261901197621_n

14615777_10153855349776892_4205498916151494990_oimg-20161005-wa0169img-20161005-wa0166

Ons het toe gaan draai by witspoke, swartspoke en vaalspoke. Daar is later 'n bottel melktertjies uitgetrek om die koeligheid so bietjie te verjaag. Oom Klaas en tannie Danelia het laat weet die kos is reg en was ons in vir 'n treat. Die vleis het van die skaapnek afgeval. Butterskorsie met heuning en kaneel. Almal het hulle blinkbek geeet. Nagereg was melktert en lekker koffie.

14563313_10153846377091892_8349294589014990742_n

Die span wat in die huise geslaap het, het nog so rukkie gekuier en toe huiswaarts gekeer. Ek het die jongspan so bietjie met die bakkie uitgevat om die naglewe te gaan sien. Ek het so rukkie terug 'n lekker spotlight gekoop vir min geld en dit was perfek vir hierdie uitstappie. Ons het steenbokkies gesien, bakoorjakkelse, 2 trek-springbokke, skape en 'n bakkievrag hase! Met die terugkeer het ons ouer jongspan het weer vuur gestook en lekker in die lapa gekuier. Ek het later besluit om te gaan oe rus aangesien ons die volgende dag weer die 500km terug Kaap toe moes aanpak. Deur die nag het die wind opgekom en geruk aan die tente. Ek het die wind so rukkie lê en luister en toe opgestaan om die storthokkie af te slaan. Met die storthokkie afgeslaan het ek teruggekruip in my tent en moet sê toe het ek vir dood geslaap. vir so uur en 'n half. Ons almal was maar traag om op te staan. So stuk-stuk het ons ontwaak en afgestap Veldkombuis toe. Die eerste manne het die ketel/urn opgestart vir 'n welverdiende koffie.

Appie het vroeg al opgedaag en daar is sommer dadelik 'n bulvuur gemaak. Nie lank na dit nie het oom Klaas en sy span aangeland en daar is in alle erns begin met ontbyt. Roer-eier, kaasworsies, bacon, brood, roosterkoek, skuinskoek, gebraaide uie en mushrooms, oorskiet skaapnek, skilpadjies, skaaprib en gebraaide tamatietjies was op die spyskaart. Ons het aangesit vir 'n feesmaal!

img-20161005-wa0065img-20161005-wa0074img-20161005-wa0073img-20161005-wa0070img-20161005-wa0069img-20161005-wa0064img-20161005-wa0066img-20161005-wa0062img-20161005-wa0061img-20161005-wa0063img-20161005-wa0058img-20161005-wa0057img-20161005-wa005514457387_10153846371971892_7096877726504010172_nimg-20161005-wa0076

Na ons die innerlike verkwik het, het die opruim en oppak begin. Dis altyd die gedeelte wat ek die meeste haat. Ons het stelselmatig begin opruim en die voertuie begin laai. Daar is lasate paar fotos geneem en 'n groepfoto.

14516554_10153846370546892_5440467115972787933_n

img-20161005-wa0133img-20161005-wa0132img-20161005-wa0129img-20161005-wa0128img-20161005-wa0127img-20161005-wa0125img-20161005-wa0122img-20161005-wa0121img-20161005-wa0120img-20161005-wa0118img-20161005-wa0116img-20161005-wa0113img-20161005-wa0112img-20161005-wa0110img-20161005-wa0099img-20161005-wa0098img-20161005-wa0096img-20161005-wa0095img-20161005-wa0082img-20161005-wa0077

Nadat als gelaai is het ons gou 'n laaste stop op Brakkie gemaak om te groet. Maar voor ons die grootpad aanvat het Callie en Lana besluit hulle moet darem net eers vir hulle 'n stukkie grond koop. Op die laaste 5m sand. Gelukkig was daar nie skade nie en die spoed was baie laag. Van Brakkie af is ons Graafwater toe om vir Eduard op te tel. Oppad het Callie gevoel sy Swart Hings se agterste skokbreker is nie meer met ons nie. Ons het gegroet by oom Ewie hulle en Ilana het saam met my gery tot by die teerpad. Oom Anton en Tannie Bibi was glad nie haastig nie en is vandaar dorp toe om eers bietjie te gaan rondloop. Ons het maar die krane oopgedraai aangesien ons nog 'n redelik afstand gehad het wat voorle. Vanrhyns pas het ek op nommer 99 die afdraai na regs geneem om by die boonste uitkykpunt te stop. Callie was te vinnig en besluit toe om die onderste afdraai na regs te vat. Ligte foutjie aangesien daai pad omtrent sleg was. Callievallie het seker gemaak hy besit genoeg grond in die Noordkaap en hom nog 'n stukkie aangeskaf. Wikkels het gou gehelp dat hulle die skoeter optel en ons het maar op veiliger grond gestop vir 'n paar fotos. Vanrhynsdorp het ons volgemaak en ons volgende stop was Kardoesie waar ons net sou finaal groet. Ons het Kardoesie net oopgevang en gou 'n bordjie slaptjips afgesluk met 'n melkskommel. Net voor Citrusdal het die Kat 'n voeltjie gevang wat saamgery het tot by Kardoesie.

20161002_14380920161002_143816

Ek het hierdie foto op Gesigboek gelaai en 'n vriend van my lewer toe hierdie pragtige kommentaar wat die Knersvlakte so mooi opsom: " So wyd soos die Heer se genade." - Andre Rossouw

20161002_14381920161002_14385120161002_14390220161002_144212i20161002_14424020161002_14424620161002_14432720161002_14482120161002_14482320161002_14482520161002_17231020161002_172314

Ons het almal gegroet en my ouers het afgedraai Porterville toe en ons het vir oulaas gou petrol ingegooi in Piketberg. Die laaste ent pad het ons gewikkel en was so rondom 19:00 almal veilig by hul bestemmings. Goed gatlam, maar tevrede. Na my aankoms by die huis het almal laat hoor hulle is veilig. Die volgende boodskappe was wanneer maak ons weer so? En gaan ons volgende keer langer bly?? Nou ja. Lyk my 2017 is reeds vol en hy moet nog aanbreek!!

As jy Namakwaland toe kom huil jy twee keer. Wanneer jy daar aankom en wanneer jy weer daar weggaan.

Namakwaland, mag die Here ons spaar om volgende jaar weer in jou buidel te kom nes-skop. Al is dit net vir 'n naweek.

Matewis oor en uit.

Comments

Hayleyscomet's picture
Offline
Joined: 2007/06/30

 

Excellent Trip report Matewis 

How long did it take you to write that and load the report if i may ask ? 

Glad to see people still take time.

 

Looks like a Good trip was had.

Wayne

Ride Like the Wind

Cool

Matewis's picture
Offline
Joined: 2013/08/03

Hi Wayne, I have a blog and write there actually. But it took me close to 2 weeks to get this far. I don't sleep a lot so most of the writing was done in the early morning hours. 

After 4 attempts to get it posted here I took a chance and copy paste and it worked!! I did a video with the gopro footage as well but at 900mb it's a bit big to post here.

Glad you enjoyed it!! Keep your eyes peeled. there might be a similar trip towards the end of the year.

 

Jaco

“Don’t go where the path my lead… Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson https://kettingsaag.wordpress.com/ https://witvosblog.wordpress.com/

Hayleyscomet's picture
Offline
Joined: 2007/06/30

 

 

Excellent well done.

You should sleep more wink

Nice BLOG 

Wayne 

Ride Like the Wind

Cool

Jackie Wiese's picture
Offline
Joined: 2012/02/26

Dankie Matewis

Het jou blog sommer baie geniet.

"Life is journey - Make life a ride"!

Groetnis

 

Ilana Kotze's picture
Offline
Joined: 2016/01/18

Dit was 'n ongelooflike lekker trippie, stunning mense, kos was so lekker, ons almal het so lekker ge-eet.

Die natuur is so mooi, daar is nie woorde om te beskryf hoe mooi nie.

Brakkie se veldkombuis het 'n baie spesiale plekkie in my hart.

Jaco dankie weereens vir al jou reelings en moeite vir 'n trip wat 'n mens nooit sal kan vergeet nie.

Matewis's picture
Offline
Joined: 2013/08/03

Ja dit was amazing. Daai wereld kom lê onder 'n mens se vel en sy stof was jy nooit af nie.

 

Bly jy het dit geniet!!!

“Don’t go where the path my lead… Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson https://kettingsaag.wordpress.com/ https://witvosblog.wordpress.com/

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14

Hoe dan nou?  Het jy vergeet dat jy dit tevore al "gepost" het?  Wat van http://bmwmotorradclubcape.co.za/slakkie-na-brakkie-se-veldkombuis-boesmanland-bewondering?

Committee: Webmaster / Ride Captain

Matewis's picture
Offline
Joined: 2013/08/03

Charles ek hou nie tred nie. SORRY! DOUBLE POST

“Don’t go where the path my lead… Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson https://kettingsaag.wordpress.com/ https://witvosblog.wordpress.com/

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14

Sjym man!  Dubbele werk.  Jy geniet dit seker.  Sommige fotos is darem 'n bietjie anders. laugh

Committee: Webmaster / Ride Captain

Matewis's picture
Offline
Joined: 2013/08/03

Hahahaha ek moet se ek geniet die skryf ja. Lekker om weer bietjie deur dit te gaan en te herleef. 

“Don’t go where the path my lead… Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson https://kettingsaag.wordpress.com/ https://witvosblog.wordpress.com/