The Rules of the Skills Challenge 2007

No replies
Offline
Joined: 2007/06/23
Die nuwe reëls vir die GS Challenge is in beginsel, volgens my, n stap in die regte rigting, maar n paar persoonlike verskille moet uitgelig word. Gewig is nie die enigste maatstaf wanneer dit by die indeel van klasse kom nie. Die grote van voorwiel van sekere fietse is seker die enkele grootste agterstand van bv. die 1200GS teenoor die HP2. ( Die wat gereeld hulle fietse off-road gebruik sal weet) Volgens my moet daar net twee klasse wees: Klas 1. 650 X reeks en HP2 (kompetisie fietse) Klas 2. Alle ander fietse. 5 uit elke klas gaan deur na fianals. Alle persone wat skills wil ry moet "red route" ry. As jy nie goed genoeg vir "red route" is nie, is jy nie goed genoeg vir Skills Challenge. Almal sal ewe moeg wees en die Skills Challenge vir almal op gelyke voet plaas. Indien almal met dieselfde fiets op dag 3 ry, moet dit n fiets wees wat nie aan enige van die 10 finaliste bekend is nie. Indien daar gekompeteer word vir pryse van nagenoeg R100,000 en self meer MOET die speelveld gelyk wees.
n/a