Een van my vriende het Vrydag Johannesburg toe gevlieg en daarvandaan 'n motor gehuur om sy nuwe R1200GSA te gaan optel by Speed Bike in Klerksdorp. Nie een van die handelaars in die Weskaap kon hom met 'n fiets help nie en na 6 maande se beloftes dat sy fiets volgende week sal kom, het hy toe 'n ander plan gemaak.
Hy wou selfs op 'n stadium'n KTM koop, maar ek het my bes gedoen om hom in ons kamp te hou. Vir sy pillion se onthalwe ook.
Saterdag oggend het hy toe die fiets in omvangs geneem. Baie trots in die pad geval, maar bel my toe van Brits af, sy fiets is DOOD.Die fiets het eers meer en meer krag verloor en nadat hy gestop het om dit te laat afkoel, wou hy glad nie eers wees start nie.
Ons het BMW on-call in die hande gekry en hulle het hom uitgehelp met ander vervoer en die fiets Kimberley toe gevat. Dankie aan Shane van Atlantic Motorad wat selfs na-ure bereid was om te help met die nodige voorstelle en raad.
Hy is vanoggend gekontak met die nuus dat die fiets se engin gegroet het. Een van die pistons het glo afgebreek en hulle bestel vir hom 'n nuwe enjin. Dis glo die derde fiets in die betrokke besending waarmee dit gebeur het.
Nodeloos om te sê, ek sit met 'n eiergesiggie. Die man is G**vol. Hy wag ses maande, en dan spandeer hy ekstra geld om 'n fiets in die hande te kry, en dan is dit die resultaat.
Ek hoop die res van hierdie besending word nou teruggetrek.
Het enige van julle dalk ook van hierdie probleem gehoor.
Arno