Namibia

21 replies [Last post]
Bester's picture
Offline
Joined: 2007/06/20
Nou ja, die Sersant het gese sy sal daaroor dink wat beteken ek moet dit reel voor sy nee se. Wil graag 'n trip doen Namibie toe teen einde van April. Laaste keer wat ek daar was het hulle nog 'n tent gebruik as grenspos... Enige raad van diegene wat onlangs daar was, plekke om na toe te gaan, plekke om te vermy ens sal waardeer word. Wil natuurlik nie te moeilike terrein ry wat die Sersant sal ontstel nie... En as daar iemand is wat wil saam, laat weet maar.
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Bester - ek sal GLAD nie omgee om saam te gaan nie - ek wil al lankal Namibia toe....het jy plek? Ek het nou die dag op Wilddogs 'n trip report gesien van manne wat NAM toe was.... Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

Bester's picture
Offline
Joined: 2007/06/20
Ek en Arno het al begin praat en het moontlik 'n vriend wat met sy Jeep wil saamgaan (vir die yskas met koue bier). Wil verkieslik meer as drie bikes wees, maar sal moet beperk tot so 5 of 6 (behalwe as Geoff saamgaan vir crowd control).
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Ek het vir so paar jaar in NAM gebly so ken so bietjie van die wereld - ek stel DEFNITIEF belang so hou my en Tracey asb. in gedagte - skree as ek kan help met beplanning asb. Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

ArnoR's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
Ek het so pas by die goverment gehoor dat een van Kwela se girls glo agter op n fiets deur Namibie en Botswana is. Sy sal probeer om die herhaling van die episode te tape. Dit sal dalk ook interessant wees om te sien watter roete hulle gevolg het. Bester, ek is beslis in, of my pillion verlof sal kan vermag, mag dalk knor. Dalk moet ons met Malletjie gesels oor die roete,ons moet maar die "water skaars" deel uitsny.
Bester's picture
Offline
Joined: 2007/06/20
Saak is reg
Bester's picture
Offline
Joined: 2007/06/20
Arno, datum tentatief vanaf 19 April to 2 Mei - dis al wat ek kon oop kry tussen al die werk. Sal dit pas?
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Die datum val natuurlik oor die Anysberg rit, maar nou ja dit is maar 1 van daai keuses wat ou sal moet maak. Die mooiste gedeelte van NAM is natuurlik NOORD NAM bo Windhoek nader Etosha se kant toe - ek sal gou oppad huis toe by Exclusive Books iets optel met besonderhede itv wat om te sien ens. en sommer 'n kaart ook van NAM. Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

Bester's picture
Offline
Joined: 2007/06/20
Ek ken 'n dokter wat 'n siekbrief kan gee as dit moet...
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Reel solank daai brief bester...ha ha, my verlof sal nie probleem wees nie, my regering mag dalk pyntjie he met haar verlof.... Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

Bester's picture
Offline
Joined: 2007/06/20
Ja, die noorde is mooi maar ek dink medikasie vir malaria is dan noodsaklik - as daar iemand is met meer kennis laat weet asb.
ArnoR's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
As Jy seker is van daai datums, dan sal ek verlof begin insit.
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

ArnoR's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
Dankie Johan, ek sal daar n draai gaan maak. Moet nou eers bietjie werk om te begin om die petrol geld bymekaar te kry.
Bester's picture
Offline
Joined: 2007/06/20
Ek gaan more aansoek doen vir verlof, Melanie sal eers Maandag haar dinge kan uitsorteer (hopelik).
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
As julle datums CONFIRMED is laat my weet - dan kap ek nat die kant. Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

Abel's picture
Offline
Joined: 2007/10/15
Ek sal baie graag wil saamry, maar die universiteit se program sal my nie toelaat nie. My plan is om in Junie in daardie rigting te ry. Hoop nie dat koue my gaan kortwiek nie. Nietemin, ek het 'n suster en swaer wat in Namibia woon en letterlik die land soos die palm van hul hande ken. As julle belangstel kan ek julle met hulle in kontak sit. Hulle is veral hulpvaardig met die 'agterpaaie'. Hulle het my en Lizl so twee jaar gelede gehelp om 'n trip van 'n leeftyd teen bekostigbare pryse te onderneem. As ek die nuutste Weg lees en na my SWA-familie luister oor pryse in Namibia, moet julle maar sorg dat julle beursies redelik stewig gepak is voor julle die trip aanpak!
The ride is the destination.
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
GWAAI - you keen mate?? Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

Bester's picture
Offline
Joined: 2007/06/20
Datums sal moontlik moet skuif na 10 to 23 Mei agv werksverpligtinge... Lyk ook nie op hirdie stadium of die sersant saam gaan nie. Hoe pas die nuwe datum die wat belang stel?
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Sal mooi moet gaan huiswerk doen en terugkom... Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

Bester's picture
Offline
Joined: 2007/06/20
Wil dalk ook Botswana en miskien Vic Falls insluit in toer. Gaan meestal 'n baked beans en toast trip wees, maar beplan om darem so twee of drie aande luuks te bly (wil kost so laag moontlik hou). Hoe lyk dit Johan, jy al jou huiswerk gedoen?
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Ek is nogsteeds BAIE keen so kom ons gaan aan met die beplanning - behoort nie probleem te he om weg te kom nie, sal net goeie beplanning van my kant af neem met sekere aspekte van my werk. Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"