Mattys Roets

3 replies [Last post]
Abel's picture
Offline
Joined: 2007/10/15
Does anybody know what happened with the Afrikaans singer Mattys Roets? Apparently he had an accident with a 1150 somewhere in the Freestate. I am interested to know what happened. Abel
The ride is the destination.
Offline
Joined: 2008/07/15
Yesterday he was still in ICU. The cause of the accident is still a mystery. Straight road, with no potholes and no other vehicles ....
Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14
It was early morning - he probably hit an iron pig (ystervark) or something. Website Administrator [http://honeybadger.net Honey Badger IT Services]

Committee: Webmaster / Ride Captain

Steph (not verified)
From: "Die Burger" Mathys Roets ernstig beseer in motorfietsongeluk LORAINE KALP 07/04/2009 01:16:36 AM - (SA) Bloemfontein. - Skokgolwe trek deur musiekkringe oor die ongeluk in die Vrystaat waarin die sanger Mathys Roets ernstig beseer is. Sy toestand was gister teen druktyd ernstig, maar stabiel. Roets, wat ’n kranige motorfietsryer is, was onderweg na die KKNK in Oudtshoorn toe hy gister omstreeks 09:00 naby Dewetsdorp op die pad na Wepener met sy geel BMW-motorfiets geval het. Mnr. Kobus O’Neil, ’n oudinwoner van Dewetsdorp wat van Wepener onderweg terug Kaap toe was, het glo die een oomblik die ligte van die motorfiets sien aankom en die volgende oomblik het “ ’n klomp goed” oor die pad aangerol gekom. O’Neil het by die ongelukstoneel stilgehou en hy en nog ’n motoris, mnr. Peet Potgieter, het die dokter en polisie op die dorp gebel. “Ons het gewonder of dit nou Mathys is, maar het in ’n boek sy naam gesien.” Mnr. Lucas Bezuidenhout, paramedikus en takbestuurder van ER24 in Bloemfontein, het gesê Roets is met erge kop-, rug- en borsbeserings na die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein gebring. Die nuus oor Roets se ongeluk het gou versprei. Hy sou van môre op die KKNK saam met Wouter van de Venter, Leon Ecroignard, Blackie Swart, Thean Kotzé en Mel Botes in die kontemporêre musiekstuk Ses Snare in die Laerskool Wesbank se saal optree. Roets, wat in 1984 aan die Hoërskool Reitz gematrikuleer het, onthaal gereeld sy seuns, Liam en Yuan, en vriende met motorfietssaamtrekke op sy plaas buite Memel in die Oos-Vrystaat. Mev. Esmarie Cronjé, hospitaalwoordvoerder, het sy toestand as kritiek, maar bestendig bestempel. Hy is in die neuro-waakeenheid. Mej. Anelia Marais van Voetprint-produksies wat namens die familie met die media praat, het gesê Roets en sy ouers het gister van sy huis in Centurion in Pretoria na die KKNK gery. Hulle is vooruit met ’n motor en het die nuus oor Roets se ongeluk gekry toe hulle naby George was. Hulle het teruggedraai om hul seun in Bloemfontein by te staan. Ander familielede het ook gisteraand daar aangekom.Mathys Roets's 1150GSMathys Roets's 1150GS