Noord Kaap

daniej's picture

Ons eerste toer.

Van 26 tot 31 Desember het ek en Caren ons eerste trip aangepak. Die plan was om by vriende van ons te gaan kuier in Kathu en naby Kimberley. Dag 1. Struisbaai tot Carnarvon. 734km. Die eerste dag was veronderstel om 'n lang dag te wees. Ons was nie een seker of ons dit so ver gaan maak nie en wou uitvind of ons OK sal wees terwyl ons nog "relatief" naby aan die huis is. Ons het weggetrek op Suiderstrand ( naby Struisbaai ) en is van daar deur Bredasdorp, Bonnievale, Montagu, Touwsrivier, Sutherland, Fraserburg, Williston na Carnarvon. Die idee was om direk van Fraserburg na Carnarvon te ry, maar toe ek sien dit is grondpad en dit begin al laat raak is ons Williston om op die teerpad. Die pad tussen Sutherland en Fraserburg was taamlik verspoel van baie reen. ( Wat terloops nog geval het terwyl ons gery het!! Heel ironies dat ons taamlik ge-worry het oor die hitte van 'n Karoo trip in Desember ) Op Carnarvon het ons oorgebly by Lord Carnarvon Guesthouse. Kos was nogal 'n issue, want op Carnarvon gaan daar niks na 18:00 aan nie. Ons het toe op die ou end 'n steak by die hotel opgespoor.
Syndicate content