Ons eerste toer.

daniej's picture
Van 26 tot 31 Desember het ek en Caren ons eerste trip aangepak. Die plan was om by vriende van ons te gaan kuier in Kathu en naby Kimberley. Dag 1. Struisbaai tot Carnarvon. 734km. Die eerste dag was veronderstel om 'n lang dag te wees. Ons was nie een seker of ons dit so ver gaan maak nie en wou uitvind of ons OK sal wees terwyl ons nog "relatief" naby aan die huis is. Ons het weggetrek op Suiderstrand ( naby Struisbaai ) en is van daar deur Bredasdorp, Bonnievale, Montagu, Touwsrivier, Sutherland, Fraserburg, Williston na Carnarvon. Die idee was om direk van Fraserburg na Carnarvon te ry, maar toe ek sien dit is grondpad en dit begin al laat raak is ons Williston om op die teerpad. Die pad tussen Sutherland en Fraserburg was taamlik verspoel van baie reen. ( Wat terloops nog geval het terwyl ons gery het!! Heel ironies dat ons taamlik ge-worry het oor die hitte van 'n Karoo trip in Desember ) Op Carnarvon het ons oorgebly by Lord Carnarvon Guesthouse. Kos was nogal 'n issue, want op Carnarvon gaan daar niks na 18:00 aan nie. Ons het toe op die ou end 'n steak by die hotel opgespoor. Opgepak.Opgepak. Koo valleiKoo vallei In die Noord Kaap net voor Sutherland.In die Noord Kaap net voor Sutherland. Gooi sommer petrol op straat in op Sutherland.Gooi sommer petrol op straat in op Sutherland. Daar het taamlik reen geval.Daar het taamlik reen geval. Die paaie was sleg verspoel tussen Sutherland en FraserburgDie paaie was sleg verspoel tussen Sutherland en Fraserburg Na dag 1. Min geweet wat dag 2 voorle.Na dag 1. Min geweet wat dag 2 voorle. Dag 2. Carnarvon tot Kathu. 441km. Ons het vroeg weggetrek omdat ons vermoed het daar gaan 'n klompie grandpad vandag voorle. Dit het ook die vorige dag taamlik gereen in die omgewing so almal het maar net hulle koppe geskud as ek vra oor die grandpad Prieska se kant toe. As ek nou moet kommentaar lewer op die grondpad was dit nie SO sleg nie. Die probleem kom egter as dit jou eerste keer op so 'n pad is met jou vrou by jou en die fiets is gepak. Die eerste ruk het dit dus bietjie gesukkel. Dit was ook ons eerste keer wat ons geval het op die stuk pad. Ons was op pad deur 'n modderpoel wat die hele breedte van die pad was en die fiets begin gly eers een kant toe en toe ander kant toe. Hierna was daar nie meer keer nie. Gelukkig was die spoed baie laag en het net my ego skade opgedoen. Ons is van Carnarvon deur Prieska, Niekerkshoop, Griekwastad, Posmastburg na Kathu. Hier het ons oorgebly by 'n ou skool vriend van my. Die pad Prieska toe was erg nat.Die pad Prieska toe was erg nat. Net voor Prieska.Net voor Prieska. Die keer het ons bietjie meer modder gevat.Die keer het ons bietjie meer modder gevat. By Kathu. Nou daai is 'n groot trok!!By Kathu. Nou daai is 'n groot trok!! Dag 3 en 4 Kathu na Ulco. 230km Vandag is 'n kort trip tot by 'n vriendin van Caren. Ons bly dag 3 en 4 by haar oor. Ulco is 'n myndorp voor Kimberley waar klip gemyn word en sement daarvan gemaak word. Die rusdag was nogal aangenaam na die vorige 2 dae se ry. Blaaskans op 'n ysterklip hopie.Blaaskans op 'n ysterklip hopie. Ulco mynUlco myn. Dag 5. Ulco na Hanover. 393km. Die plan vir vandag was om Graaff Reinet toe te ry en daar oor te bly. Als het goed gegaan en na die vorige rus dag was ons lus vir ry. Net voor Hanover ry ons egter in 'n enorme donderstorm in. Die reen was nog ok, maar toe die blitse op die koppies rondom ons begin vas slaan het ek besluit ek gaan 'n gastehuis soek voor ons braai. Op die ou end het ons 'n baie nice gastehuis gekry en die mense was nice genoeg om ons motorfiets in 'n garage uit die storm te sit ( Vergenoeg Country Lodge ). Ons was omtrent deur nat toe ons in die kamer kom. By die groot gat in Kimberley.By die groot gat in Kimberley. 'n Dorp vernoem na 'n favourite drankie!!'n Dorp vernoem na 'n favourite drankie!! Dag 6. Hanover tot Bonnievale. 650km. Vandag het ons net die N1 gevat terug huis toe. Langs die pad al klaar weer een die beplan aan die volgende!! Terug op Bonnievale.Terug op Bonnievale. Ons het die geel roete gevolg. Het die pad net na Matjiesfintein Sutherland toe gevat ( my GPS was lyk my af ) Desember tripDesember trip

Comments

JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Lekker man - lyk asof julle dit geniet het. Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

ckloppers (not verified)
Nice :-) Corné Kloppers 0849130391 ckloppers@gmail.com
Offline
Joined: 2007/11/09
Dankie vir die moeite. Ek het ook die eerste keer die vakansie met modder te doen gekry. Scary (met gewone bande) Kobus Dream like you will live forever, live like you're going to die tomorrow
n/a
Padlangs (not verified)
Mag daar nog baie toere vir julle wees. Dit is darem LEKKER!! :)
daniej's picture
Offline
Joined: 2007/11/19
My vrou vertel my altyd ek raak stil as ek stres. Ek was blykbaar tjoepstil in die modder.
Offline
Joined: 2007/06/25
Lekker omgewing waar jy getoer het. Ek het die area op 'n stadium goed geken en verlang nog soentoe. Lekker report. Ignore opinions, heed facts. Feet on the pegs, always.

Think before you ink.

Trust is the most valuable asset.

I have the rest of my life to get old.

Offline
Joined: 2007/12/24
Baie lekker
GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
Great! Lekker! Dankie!
JohanM's picture
Offline
Joined: 2007/08/31
hmm Nou kon ek ook sien waar daardie Kappa panniers getoer het! Mooi fotos.
Offline
Joined: 2007/06/25
DanieJ Daai Dump trok het hy Mags op gehad? Vra sommer. Ignore opinions, heed facts. Feet on the pegs, always.

Think before you ink.

Trust is the most valuable asset.

I have the rest of my life to get old.

daniej's picture
Offline
Joined: 2007/11/19
Hi Cheesy, Ons was self erg oor die area daar bo naby Kathu en in Kimberley se rigting. Het 3 aande tussen die 2 dorpe gebly en elke aand was die weer puik gewees. Geen wind nie, net warm genoeg en net koel genoeg. Jong, ek het nie die mags gekyk nie, my mond het net oopgehang oor die grootte! Die vriend vertel ons toe dat daai trok is van die ou kleiner trokke wat hulle voorheen gebruik het!!
Offline
Joined: 2007/06/25
DanieJ In vroer jaare was die grootste so om en by 25 tonne met 'n 700 perde krag diesel engine en electriese motors aan gedrewe. This is just by the way. Ignore opinions, heed facts. Feet on the pegs, always.

Think before you ink.

Trust is the most valuable asset.

I have the rest of my life to get old.

AJ
AJ's picture
Offline
Joined: 2007/11/02
Hi daniej wat het julle op Bonnievale gemaak of vir wie ken jy daar? Ek sien jy staan voor Mnr Jordaan se huis.
daniej's picture
Offline
Joined: 2007/11/19
Hi Andries, Ons was vir nuwejaar by my ouers gewees. Mnr Jordaan is my pa. Het jy ook in houtwerk onder sy bankborsel deurgeloop? :-) Cheesy, imagine die dieselverbruik!!
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Bankborsel = inlynbringmeganisme !!! Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

daniej's picture
Offline
Joined: 2007/11/19
Eish. Ek sit sommer versigtig nou dat ek weer aan daai borsel dink. Wie sê 'n goeie pak slae werk nie! 15 jaar later onthou mens hom steeds.
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Vandag se kinders kort bietjie hiervan, maar miskien moet ek maar liewers stilbly hieroor - hier is dalk mense wat nou GLAD NIE met my saam stem nie..... Soos jy aandui - ek kan ook so paar "gatslae" onthou van die verlede.....ai hoe begin ek dan nou senuweagtige sweetjie ontwikkel.....ha ha !!! Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

daniej's picture
Offline
Joined: 2007/11/19
JdJ, Ja, dit is 'n debat wat nie vir die site bedoel is nie. Netnou netnou het ons vir Charles op ons. :-)
JohandeJager's picture
Offline
Joined: 2007/10/03
Jip - dis waar. Keep it SAFE !!

Johan de Jager "It's all about the ride, nothing else"

pietpetoors's picture
Offline
Joined: 2007/09/04
Danie, daardie saalsakke wat jy ophet, het jy hulle net so opgesit of 'n tsaalraam bygesit? Ek het presies sulkes op my Dakar gesit en na die eerste 10Km het die uitlaatpype sulke mooi groot gate in hulle gesmelt.
daniej's picture
Offline
Joined: 2007/11/19
Hi Piet, Jammer om te hoor van jou ongeluk die week. Nee, ek het nie 'n staalraam opgesit nie. Hulle het op hulle eie redelik hoog bo die uitlaatpyp gehang. Die voorste band is oor die passasier sitplek en die agterste een oor die topbox se basis. Ek het vir jou 'n foto hieronder ingesit. Ek het ook maar geworry toe ek hulle gekoop het by Cycle city en het omtrent baie op die N1 op pad huis toe gestop en eers gevoel. Pannier bande.Pannier bande. Kappa panniersKappa panniers
pietpetoors's picture
Offline
Joined: 2007/09/04
Kan nou op die fotos sien dit is presies die wat ek het. Ek het myne in Vredenburg gekoop, eers nog 'n paar krewe by 'n vriend gaan optel, die sommer in die panniers gesit om hulle te toets en Langebaan toe gery. Hulle het geen probleem gehad en ek was baie ingenome met my kopie. Die aand pak ek toe my tent en goeters vir die Wupperthal trip. Ry die Saterdag-oggend vroeg. Teen die tyd wat ek by die Engen langs die R27 stop (so 10km van my huis) toe is die sakke reeds in hulle kanon en daar is toe sommer 'n gat in die tent se vloer ook gesmelt. So ons kan dalk hieruit leer dat daardie sakke vir 'n 1200 werk, maar 650 eienaars moet maar passop, dit gaan 'n duur les wees.