Kathu

Werner2's picture

Around the Olifantshoek Mountains

I am going to do this trip report in Afrikaans. So het ek drie weke terug vir my 'n GS 1150 gekoop. Ek het 'n Africa Twin vir 3 jaar gehad en gevoel dis tyd om vir 'n sterker en meer moderne tegnologie te gaan. Almal "rave" altyd oor die 1150 GS'e so dis toe my keuse. Ons het Sondag oggend so 11H30 vertrek en net na Deben afgedraai op die grondpad. Ek het 12 jaar op Stilbaai gebly en elke grondpad wat daar kan wees gery, maar niks het my voorberei op wat gewag het nie. Die eerste stuk was baie los en het duidelik baie lank laas 'n padskraper of iets wat so lyk gesien. Ewe skielik het die grondpad na 'n dik sand pad verander.
Syndicate content