Around the Olifantshoek Mountains

Werner2's picture
I am going to do this trip report in Afrikaans. So het ek drie weke terug vir my 'n GS 1150 gekoop. Ek het 'n Africa Twin vir 3 jaar gehad en gevoel dis tyd om vir 'n sterker en meer moderne tegnologie te gaan. Almal "rave" altyd oor die 1150 GS'e so dis toe my keuse. Ons het Sondag oggend so 11H30 vertrek en net na Deben afgedraai op die grondpad. Ek het 12 jaar op Stilbaai gebly en elke grondpad wat daar kan wees gery, maar niks het my voorberei op wat gewag het nie. Die eerste stuk was baie los en het duidelik baie lank laas 'n padskraper of iets wat so lyk gesien. Ewe skielik het die grondpad na 'n dik sand pad verander. Ons kan net sowel in die Namib duine gewees het. Ek dink die manne kan hier kom oefen vir die Dakar. Ek het eers gevries vir die swaar fiets in die sand maar was verras hoe maklik hy hanteer het as jy net staan. Gelukkig was die sanderige stukke nooit langer as 5 km nie en die res van die pad het later al hoe makliker geraak soos jy gewoond geraak het. My maat het natuurlik koning gekraai met sy XR 600 wat minder as die helfte van my fiets geweeg het. Die veld was gras groen na die reen en ek dink dit sal die moeite werd wees om 'n lang trip deur Botswana ( as jy die muskiete kan oorleef) te doen. Tipies Afrika was daar die hele pad boerbokke, beeste en perde in die pad wat die lewe taamlik moeilik gemaak het. Einde ten laaste het ons veilig gery en ek kan nie verstaan dat elkeen nie vir hom of haar 'n motorfiets koop en gaan toer nie. Dis mos die lewe !
AttachmentSize
100_2006.jpg171.22 KB
100_2020.jpg186.92 KB
100_2022.jpg148.64 KB
100_2027.jpg102.58 KB
100_2036.jpg169.56 KB

Comments

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14
Hi Werner '''Dis''' nou 'n mooi bike! Geluk! :) Om prentjies in jou verslag in te sit, sit jou cursor in die text van die inset boksie waar jy die prent wil hê, dan kliek jy op die groen plusseintjie met die foto onder die inset boksie links. Die [http://bmwmotorcycleclubcape.co.za/faq FAQ] het 'n volle beskrywing. Website Administrator [http://honeybadger.net Honey Badger IT Services]

Committee: Webmaster / Ride Captain