Kiepie

No replies
Offline
Joined: 2012/09/12

Nog n jaar het gekom en gegaan!

Sondag 6 Oktober 2019 was dit weer die gewilde CMA Ladies Breakfast ride, ongelukkig moes ek dit sonder my maatjie Ouma bywoon.  Die by eenkoms word sommer al vroeg uit verkoop

Die jaar se partytjie was by Toeka, watse mooi en interressante plek is dit nie.

Ons het aangemeld en elkeen het sy pakkie ontvang saam met n lucky draw nommer.

Ons is bederf van aankom tot einde, iets spesiaals soos elke vrou van dit hou was die jaar n "High Tea" en jy kon  met die motor of jou Bike gaan, daar was n roete gewees wat jy saam hulle kon ry.

 

"Dankie vir die deel van jul spesiale oggend.  Ons maak verseker volgende jaar 'n tafel vol. Reël asb."

Dit is n uittreksel uit verlede jaar se trip report, en wat hartseer was, dit was net Kiepie wat gegaan het,  daar is gevra vir watse klub jy ry, en ek het met trots my naam by BMW gesit, maar was teleurgesteld dat dit net ek was.  Daar word altyd gepraat van die BMW Kameradie, is daar so iets tussen ons vrouens?  Ek glo nie, want as ek nie my naam aan dit kan koppel nie neem ek nie deel nie.  

In die toekoms sal ek vir die 3 2 1 span ry, Jesus my twee wiele en ek.  Aan my maak dit nie saak vir wie dit is en tenbate van watter saak dit is nie.  Dit gaan oor die saam wees.

Die dag stukkie was oor wie laat ek vandag toe om saam my aan die tafel tesit?  En dit het my baie laat dink, ek is nie n baklei mens nie ek het n harde pad gestap tot waar ek is vandag en te dankie aan my Hemelse Pappa is ek nog hier.  Laat elkeen besluit wie hy aan sy tafel toelaat.  Ek sal wat wil gee om elke vrou van die klub aan my tafel te wil he.