Beginner to gravel and off-road riding.

1 reply [Last post]
Weedkiller - Adie's picture
Offline
Joined: 2011/06/03

Hi

Ek klasifiseer myself nogsteeds as 'n beginner met die ryery.  Die hoof rede hiervoor is dat dit my 'wakker' hou.  Ek herhaal baie van die tegnieke soos ek ry.  'weigh the outside peg'.  Staan net as dit werklik nodig is, (Draaie bulte en tegniese dele) Kyk deur die draai.

Aan die enide van die dag moet mens gemaklik ry sodat jy nie gou moeg word en konsentrasie verloor.  (ek was twee keer van die pad af - een keer met enkel operasie ge-eindig)  Dit laat 'n mens sommer weer regop sit en aandag gee.

Die grootste uitdaging is om die 'regte' en die 'verkeerde' inligting te onderskei.  Daar is nie veel 'verkeerd' as mens so bietjie logika gebruik nie. (bande afblaas, staan ens.)  Van die tegnieke mag 'beter' wees maar dit voel aan die begin nie natuurlik nie.  Ry soos jy gemaklik voel en beproef wat die 'wyse manne' preek.  As jy gemaklik is dan 'werk dit vir jou' is my gevoel.

Ek het heelwat artikels gelees en probeer met elke rit meer te 'oefen'.

Remenber this: "Beauty is in the eye of the beholder", net so is die menings rondom rytegnieke.  Almal is half reg en almal is half verkeerd.  (Of die meeste)

Hier is 'n paar links na inligting.  

http://bmwmccc.org.za/grondpad-ry

Die een is 'n link na 'n redelike omvattende artikel met onder andere ook ander inligting. DIT IS 'N 4MB PDF!!

http://www.bestrestproducts.com/images/document/How%20To%20Ride%20A%20Motorcycle%20Off%20Road%20-%2007-02-12%201246.pdf

Dit is ook beskikbaar vanaf die hoof blad: http://www.bestrestproducts.com/

Adie

 


 

Eric McLaren's picture
Offline
Joined: 2011/08/11

Adie, I thought it was 'Beauty is in the eye of the beer holder?' Smile

Nice thread!

Committee: Off Road Captain