RuanC

Rider Info

Your Current Bike
Bikeless
Years on a bike
3-5 years
Introduce yourself
My naam is Ruan. Ek is oorspronklik van Namibie, maar bly nou al van 2010 af in die Wes Kaap. Ek bly tans in Somerset Wes saam met my meisie en ons 2 pavement specials. Terwyl ek in Namibie gebly het was motorfietse my primere vervoer vir ongeveer 4 jaar. Die laaste fiets wat ek besit het was 'n Suzuki GSXR 1000 K7. Met die trek na SA moes ek ongelukkig die fiets verkoop, maar die gogga se tande sit nog diep in my vlees. Ek dreig nog elke paar maande om terug te klim op 'n motorfiets maar om verskeie redes kon ek dit tot dusver nog nie laat realiseer nie. Ek is wel huidiglik besig om my ducks in a row te kry om vroeg in 2015 'n F800GS aan te skaf. Ek het die superbike gier nou ontgroei en sal dit geniet om die natuurskoon van die Wes Kaap op 'n motorfiets te verken.

History

Member for
5 years 18 weeks