Trip met n Twist*

As you all know me I am Afrikaans speaking so please bear with me! I’m not gonna write in English and I’m not a writer or a poet, if you don’t understand Afrikaans ask Charles to include a translater lol.

Hierdie keer het die uitstappie n twist gehad!  Paul van Niekerk het Poolse besoekers gehad wat by hom tuis gegaan het, hulle toer om die wêreld met n BMW 800 Adventure (besoek sy fb blad – around the globe) so die Saterdag aand het ons n heerlike Eg Suid-Afrikaanse Braai gehad om hulle welkom te laat voel aangesien hulle saam ons gaan ry Sondag.

Op die fiets is min plek, maar daai girl spring op en af soos niks oor daai bagasie

Baie gelag, ek speak very deliciously Ingels en by dit is ek bang my tande val uit met die foreign language, Toe Marta langs my kom sit het ek geweet die “Pawpaw gaan nou die Fan strike”daar is vooraf  besluit hulle gaan my tenminste 1 woord in Pools leer. My hel hier trek Marta weg met iets soos Sannie sal sewe sakke sout sleep! Dit was baie moeilik ek gesê slaan maar oor.  Uiteindelik is ek 2 woorde geleer en dit is “KURWA” en pysznosci (lekker) maar Kurwa is makliker om uit tespreek.

Linda die Beginner :)

Jill, Lukas,Marta, 

Sondag oggend het almal by mekaar gekom by Engen Plattekloof, 42 Mense en 32Bikes  met onder andere 8 Vroue ryers. Briefing is gedoen, en reëls is gegee! Ons sal by du Toiskloof lodge weer regroup en soos ons die laaste draai bo neem, net voor die ou tonnel, sien ek die klomp fietse staan en ek skel in my helmet oor die relings verander het min wetend dat dit n geval was van now you see me now you don’t.   n  Onbekende biker het voor Gary hulle geval, ek dog vandag moet ek my noodhulp wys (nie vernuut kursus geloop en 95% gekry), maar tog tebly toe die man rondloop en CPR is nie nodig J daar is gewag tot sy vriende opdaag.

 

 

Vandaar het ons regs gedraai by weegbrug slanghoek village deur Wolseley, verby Tulbach en Ceres deur Hermon na Riebeeck Kasteel.

Marta, Lukas en Linda 

Die ontbyt was by Café Felix, defnitief iets om aan tebeveel!  Die tafels was buite in styl gedek en vir die gaste is n poolse ontbyt gegoogle en voor berei (dit bestaan hoofsaaklik uit gerasperde kool, wors, tamatiepasta en geposjeerde eiers).

Die oggend is afgesluit met n gratis bier proe by Garigista Beer co.  Dit was baie lekker, die bestandele word plaaslik verbrou en die 1 wat ek defnitief kan aan beveel is Batt Pis. Besoek hul gerus!

Terloops – KURWA beteken prostituut, Bitch

Baie dankie vir elkeen se bydrae om dit n lekker dag temaak, dankie ook aan Gary en Jill vir al die moeite wat gedoen is. 

* Winner of the Ruslamere Trip Report of the Month trophy for Oct 2018

Comments

Garry van As's picture
Offline
Joined: 2017/06/27

Well done Marinda. Excellent report

Jackie Wiese's picture
Offline
Joined: 2012/02/26

Dit lyk so-o-o-o lekker en die Poolse gaste was sekerlik beïndruk met die BMWMCC en Suid Afrikaanse gasvryheid!

Dankie vir die inisiatief Gary, jy's gewis besig om naam te maak met jou Breakfast Runs.

Doen so voort!!

Garry van As's picture
Offline
Joined: 2017/06/27

Hi dankie Jackie. Ek probeer maar my besangel