Sederberg en 13 passe --- 'n Dagtrip

GeelKameel's picture

Op 30 Oktober het Geoff Russell 'n dagtrippie gereel na Oasis en terug. 
Ek het gedink dis 'n goeie geleentheid om verder te ry om ook 'n paar ander passe te sien, spesifiek die Uitkykpas.

 

 

Vroegoggend het ons by Wynland N1 bymekaargekom. Daar was agt motorfietse en een passasier.

Geoff het ons via die Haaskraalpad en ander plaaspaaie na Gouda gelei.

Van Gouda na Ceres op teer deur die eerste twee passe van die dag (R46, Nieuwekloofpas en Michellspas).

By Ceres volgemaak en vertrek na Oasis.
Op deur Gydopas (pas #3), verby Op-die-Berg en in na die Sederberge.

Mooi rotse in die omgewing van Luiperdskloof.

 

'n Ent verder is die Blinkbergpas (pas #4) met sy twee stukkies teer.


Die volgende pas is die Grootrivierhoogtepas (pas #5). Op die T4A kaart word die eerste deel van hierdie pas aangedui as die Varkkloofpas (nie regtig 'n pas nie, kom ons se' dis pas #5a). Dit is die deel van Mount Ceder tot waar Grootrivierhoogtepas eintlik begin.

 

Grootrivierhoogtepas doer ver en Mount Ceder onder in die vlakte.


Vanaf die kruin van die Grootrivierhoogtepas is dit afdraende tot by Oasis.
By Oasis bietjie rus, iets koud drink en iets eet.


Ek het beplan om hiervandaan na die Uitkykpas te ry en via Op-die-Berg terug te ry. Drie manne het besluit om saam te ry: Wouter, Roodt en Nick, die ander het saam met Geoff teruggery.

Net anderkant Oasis het ons afgedraai op die Kromrivier pad.

Die 8km na Kromrivier kamp is 'n baie lekker tweespoor en baie mooi natuur.

Mooi bome by Kromrivier kamp.

Kort anderkant Kromrivier kamp moes ons bietjie deur die veld ry om verby 'n gespande rooi lint te kom.

Hierna het die baie mooi Kromrivierpas gevolg (pas #6). Ek het nie geweet van hierdie pas nie! Lekker verrassing! Tweespoor, goeie oppervlak en mooi vistas. Geen sand nie --- ek was baie verlig!

En hier sluit ons aan by die pad wat van Matjiesrivier/Oasis af kom. 

'n Rustige en moeitevrye 22km pad van hier af, verby Perdekloof plaas en deur die Sederberg Wildernis Area.

 

Uitkykpas (pas #7)

Die eerste wat jy sien van die Uitkykpas is die naambord want die pas sak van die vlakte af na diep onder in die kloof van die Uitkykrivier (op my T4A kaart ook gemerk as die Rondegatrivier).

Net anderkant die naambord maak 'n baie mooi vista voor jou oop. Die pad verdwyn hier voor jou om die draai en jy wonder hoe mens so ver en vinnig kan sak om op daardie onderste pad te kan uitkom. 

Die pas maak 'n skerp draai (geplaveide oppervlak) en sak vinnig laer af.

As mens so terugkyk kan jy net-net uitmaak waar die pad loop en waar die skerp draai is..

Die pas begin in die nek omtrent in die middel van die foto hier onder. Hierdie is 'n drie fotos wat gelas is, en al drie is nie ewe groot ---daarom die wit deel onder op die foto)

Hiervandaan verder in die Uitkyk vallei af, verby Algeria.

Groot dele van die pad is wyd en geplavei.

In die vallei vurk die pad --- regs na Clanwilliam en links na die N7/Citrusdal.

Dan volg die Nieuwoudspas (pas #8). 

Dit is nie veel van 'n pas nie, maar mooi uitsig as jy terugkyk in die vallei.
Die Rondegatrivier hier onder, Wolfberg is verder op na links (Noorde)

Hiervandaan sak mens af deur die Kriedouwkloofpas (pas #9) (ooknie veel van 'n pas nie...) tot by die kruising met die grondpad wat al langs die Clanwilliamdam loop.

Ons het bietjie gestop om asem te skep langs die dam.

Vriendelike piekniekers langs die pad

 

Citrusdal vir tenks volmaak en iets koud drink.

Wouter, Roodt en Nick het hier besluit om die vinniger pad (N7) te ry huistoe.

Ek het besluit daar is nog genoeg tyd om via Elandskloofpas en Op-die-Berg te ry, soos my oorspronklike plan was.

 

Bo in die Elandskloofpas (pas #10) kyk mens terug na Citrusdal se vlaktes.

 

​Op twee of drie plekke is hulle besig om die pad te herbou, duidelik wil hulle die teerpad verleng dieper die berge in.

 

Hier raak die pad bietjie steiler begin klim na die Middelbergpas (pas #11)

​​Die Middelbergpas was vir my 'n groot verrassing --- Buitengewoon mooi, goeie pad, lekker om te ry.
Vista in Noordelike rigting

Bokant die Middelbergpas word jy welkom geheet in die Cape Winelands District, met die Buffelshoekpas 'n klein entjie verder.

Die Buffelshoekpas (pas #12) is nie veel van 'n pas nie, ek sou hom gemis het as ek nie hierdie naam bord gesien het nie.

Mooi omgewing, so tussen die plase en boomlanings deur. Goeie paaie.

 

Dit was net na vieruur die middag dat ek weer volle teerpad getref het. Steeds baie mooi omgewing, maar die steil berge en indrukwekkende kranse is verby.

Terug in die Gydopas (reeds getel as pas #4)

Vyfuur se kant af deur die Gydopas.

En buite Ceres weer die Michellspas (reeds getel as pas #3)

Die laaste pas van die dag was Bainskloofpas, pas #13

 

Wat 'n moeite-werd dagtrip! Met die besondere Uitkykpas en ook die twee verrassings van die dag: Kromrivierpas en veral die Middelbergpas!

 

Statistiek:

12 uur se ry (06h30 tot 18h30), 598km. Dws gemiddelde spoed van 50km/u met die klomp stoppe ingesluit.

 

 

Comments

Mwendo's picture
Offline
Joined: 2011/04/13

Dankie GK, dis altyd lekker om van jou trippies te lees. En die Sederberge is nou maar eenmaal pragtig!

 

--
The only problem with hindsight, is you don't see it coming!

 
dtv
dtv's picture
Offline
Joined: 2007/11/06

"Geelkameel" lekker verslag en bekende, pragtige paaie! Net een skynbare probleempie: jou kameel is nie meer geel nie!!

God gave you a gift of 86 400 seconds to-day.  Have you used one to say Thank You?