Roadies Sutherland Winter Trip Report.

Turtle's picture

Siende dat daar gee “trip report” is vir die “Roadies” se Suterland Winter Trip nie, het ek besluit om dit te skryf. Maar ek is nie so gemaklik in Engels nie, so julle sal maar net tevrede moet wees met Afrikaans.

Vrydagaand 17:00: Die panniers is klaar gepak met elke moontlike warm kledingstuk wat in my kas is. Hulle is klaar vas gesit op die motorfiets. Moet nou net aan trek en die rugsak met die “cargo” net vas trek; reg vir vertrek.

pic 001pic 001

Saterdagoggend 05:00: Die wekker gaan af, maar ek is klaar wakker. Kon nie langer slaap nie, want die opgewondenheid was net te veel. Drink gou ‘n beker koffie, borsel tande en spring in die klere in. Die luggie het ‘n effense by aan hom, maar niks te ernstig nie. Trek maar warm aan. Wat jy nie gebring het nie kan jy nie later aan trek nie. Reg? Op die K1200S en daar gaan ek.

pic 002pic 002

06:15: Trek ek by die vulstasie in Platekloof in. Daar is nie een motorfiets in sig nie!? Is ek laat? Kan nie wees nie. Brain het gesê eers 7 uur vertrek. Stop maar by die pomp en begin die motorfiets vol maak. Ek vra die joggie of hier dalk al nog motorfietse was. Hy sê nee. Sjoe! Nou voel ek beter. Minute later kom Frans en sy seun Franco daar aan en toe voel ek sommer baie beter. Kort daar na kom Jerry daar aan en toe begin dinge vinnig gebeur.

06:45: Ek doen vinnig ‘n gebed. (In Afrikaans) en Brain sê sy sê oor die trip reëls en die beplande roete. Grappies word gemaak en toe word daar geklim en gestart.

07:02: Ons vertrek en vind onsself baie vinnig in formasie op die N1. Die son begin sy kop uit steek, maar die luggie bly koel. Gelukkig is ek warm aangetrek. Ons ry oor De Toitskloof Pas en stop by die Shell garage net buite Worchester. Daar besvlieg die helfte van ons die Steerstoonbank en bestel koffie en toebroodjies. “Dis mos minder morsig as burgers” sê my vriend Pieter Zandberg. Party ander maak gou die motorfietse vol. “If in doubt, fill up” was Brain se woorde aan my. Nou is my geleenheid vir ‘n paar vinnige foto’s. Het vergeet om te neem by die begin punt. Toemaar niks te erenstig nie. Oorlog is erger, daar is mense dood.

pic 003pic 003

pic 004pic 004

pic 005pic 005

pic006pic006

pic 007pic 007

08:20: Ons vertrek daarvan daan vir Robertson. Baie lekker rustig. My “speedo” raak, raak party mal so aan 140 km/h, maar dit is nie ‘n probleem nie, want dan “idle” die fiets mos maar net. Deur Robertson, op die uit kyk vir kamaratjies met blou uniforms. Gelukkig niks nie. Seker nog te vroeg vir hulle. Ons ry deur die dorp en by die sirkel draai ons regs na Bonnievale. Deur McGregor, waar ons deur kinders met swaaiende arms gegroet word. Daarna rustig aan na Bonnievale. Deur die dorp en aan na R60 (Swellendam Pad). By die aansluiting stop ons vir ‘n “smoke break”. Neem nog ‘n paar foto’s en daar gaan ons weer, op ons pad na Swellendam.

pic 008pic 008

pic 009pic 009

pic 010pic 010

pic 048pic 048

By Swellendam klim ons op die N2. Die spoed “inforcers” is besig om ‘n “trap” te lê. Gelukkig gaan ons nie weer hier verby kom nie. Ons draai in by die vulstasie net voor die Buffelsjagrivier afdraai. Daar toilet ons gou, drink en eet gou iets, rook ‘n sigaret en neem nog ‘n paar foto’s.

pic 011pic 011

pic 012pic 012

pic 013pic 013

pic 047pic 047

Daarna klim ons weer op die pad en draai af van die N2 af en op die R324 op. Deur Suurbraak en aan na die prentjie mooi Trudouw pass. Heng maar ons het ‘n mooi land. In Barrydale tap ons brandstof en vul ons, ons maagies  met masiewe burgers en iets te drinke, by The Country Pumpkin. Daar koop ek my R62 “badges” en  neem nog meer foto’s.

pic 046pic 046

pic 014pic 014

pic 015pic 015

pic 016pic 016

pic 017pic 017

pic 018pic 018

12:30: Na middagete vertrek ons vir Montagu. Nog ‘n baie mooi pad deur ‘n Van Gough skildery. In Montagu het dit gelyk asof die afdraai na die Koo vallei te vinnig vir sekere mense nader gekom het. ‘n Paar mens moes redelik hard rem om te kon draai en party ander moes maar die afdraai verby hou en omdraai om te kon terug kom. Ek dink dit was ‘n kwesie van die mense het die R62 so baie geniet, dat hulle vergeet het waarheen ons oppad was. Ons het op die Koo pad geklim en binne minute is ons verby die afdraai na Baden, die hot springs, wat my vrou se Oom besit. Ons het die kronkel pad begin aanpak en kort voor lank was ons by ‘n baie lekker af trek punt met ‘n ongelooflike mooi uitsig oor die vallei. Daar het ons ‘n “smoke break” gevat en die boude ‘n vinnige ruskans gegee en nog foto’s geneem. 10 Minute later vertrek ons weer, maar moet kort voor lank stop, want toe wil daar nie ‘n oproep deur kom na Brain se “head piece” nie. Maar ons is kort voor lank weer aan die beweeg en voor jy jouself behoorlik kan vergewis oor waar in die wêreld jy nou eintlik is, draai ons op die N1 op en ry ons in die rigting van die Touwsrivier. Oppad kom ons op ‘n ongeluks toeneel af, waar die drywer van ‘n semi, agter die stuur aan die slaap geraak het en toe hy wakker skrik, ruk hy die stuur om terug te kom op die pad, maar oordoen dit en gaan toe van die pad, aan die ander kant en rol die semi. Dit het ons later by ‘n insleepdiens drywer op Touwsrivier gehoor.

pic 019pic 019

pic 020pic 020

pic 021pic 021

pic 022pic 022

pic 023pic 023

Op Touwsrivier stop ons vir brandstof. Part gryp gou iets om te drink, terwyl ander die toilet besoek vir die nodige verligting. Frans het so bietjie langer moes neem as wat hy beplan het en hy en Jerry (ons sweeper) het so bietjie later vertrek as die res van ons. Ons in binne ‘n japtrap op Matjiesfontein. Daar gaan ook niks aan nie, behalwe die straatligte en dit ook net as dit donker is. Maar ek was nog nooit daar nie en vir my is dit altyd lekker om by nuwe plekke te stop. Ons stop voor die Hotel en beset die tafeltjies na ons vir ons iets te drinke bestel het. My knieë begin my so bietjie op kuil. Ou rugby beseerings wat my nou begin treiter. Anders is dit nog so ver ‘n baie lekker trip. Ons neem nog foto’s en wag vir Elvin en sy sware (ek dink) om by ons aan te sluit. Gelukkig is dit nie te lank nie, of hulle daag daar op, all smiles. Terwyl ons daar wag, daag die Trans Karoo Trein daar op en laai ‘n klompie toeruste daar af, wat seer sekerlik die dorp daardie aand sou op horings neem, of nie.

pic 024pic 024

pic 025pic 025

pic 026pic 026

pic 027pic 027

15:30: Ons vertrek vir Sutherland. Die pad is baie onbekend vir my en ek kry nie juis kans om regtig rond te kyk nie, want ek wil nie deur ‘n draai om kant betrap word nie. By die “Sutherland 80” afstands aanwysings bordjie begin ek te bid. Dit moet nou klaar kry. My knieë wil nie meer nie. Ek besluit ek gaan iets probeer. Ek staan op van my sitplek af en verbeel my ek ry een van daardie grondpad monsters. Dit lyk seker bietjie koemieklik van agter af, maar ek voel ‘n vy. Solank dit die pyn in my knieë verlig. Dit werk! My boude voel ook nou sommer beter. Daarna het ek dit seker nog twee keer gedoen, met dieselfde uitwerking. Ons kry boere wat besig is om skape te trek van een weiveld na ‘n ander. Kry so bietjie sneeu langs die pad in die skaduwee van een van die koppies, in die een pas waar ons deur is. Verder niks om oor huis toe teskryf nie. Ons arriveer in Sutherland om 16:30. Nou is dit jag vir die petrolstasie, voor dit toe maak om 17:00. Daar gekom, kry ons net een pomp wat werk. 17 motorfietse wat moet vol gemaak word. Dit gaan ‘n tydjie vat om te doen. Die joggie sal maar moet oortyd book.

Ek is die laaste een om my fiets vol te maak en saam vertrek en Pieter, my kamermaat, om ons bly plek te loop soek. Ons word baie vriedelik begroet deur ‘n Kobus by Galaxy wat ons na die Prokureurs Huis toe neem. Daar gekom parkeer ons die fietse in ‘n baie klein, vol garage, pak ons ryesels af en beset ons kamers. Ons trek ander klere aan en vervris ons-self met ‘n gesig was en hare nat maak, om die dag se vuil en helmet hare te laat verdwyn. Daarna sit ek en Pieter en gesels dik stukke, terwyl ons sy botteltjie Old Brown Sherry deel vir ‘n bietjie warmte en ontspan.

pic 031pic 031

pic 032pic 032

pic 033pic 033

pic 034pic 034

18:30 stap ons na ons onderskeidelike eet plekke toe. Pieter na Pearlman House toe en ek na die Jupiter toe. By die Jupiter gaan dit joolig. Die mens gesels en maak grappies met ‘n glas in die hand terwyl ander die TV skerms dop hou vir die “game” tussen die Blou Bulle en die Sharks. “Go Sharks!” Oops het ek dit hardop geskree? Lyk my nie iemand het my gehoor nie. Die gees is lekker vrolik. Ek gesels bietjie hier en gesels bietjie daar. Ek hoor by Brain dat dit die vroegste is wat die Club nog vertrek het op ‘n trip en dat dit die verste is wat nog in een dag gery is. Ek voel bevoorreg om te kon deel wees van die trippie. Geoff roep ons tot stilte (met ‘n groot gesukkel) en verwelkom almal by die Jupiter en in Sutherland. Hy vertel ‘n paar staaltjies en met die hoor ons van ‘n ou wat met ‘n Big Boy scooter sy weg na Sutherland gevind het. Hy kry ‘n beanie en serp van die Club af, om hom vir sy manhaftigheid te beloon. Almal klap vir hom hande en lag lekker oor die storie. Na die toespraak en afkondigings gemaak is, kon ons die kospotte bespring. Heerlike gebraaide varktjops, skaaptjops, skaapribbetjie, Griekse mengelslaai, tuis gebakte brood, met kaas en konfyt om van te kies, “potato bake” en gebakte gemmer pudding met ultramel vla om die laaste gaatjie toe te stop.

pic 028pic 028

pic 029pic 029

pic 030pic 030

pic 035pic 035

Na ete stap ek na buite en kan voel dat die tempratuur aansienlik gedaal het. Skielik is ek bly ek het die helfte van my klere kas in gepak. Ek neem die selfoon en kontak my vrou. Ons gesels so bietjie en toe ons klaar is keer ek terug Prokereurs Huis toe. Daar kry ek my kamer maat, Pieter, en ons maak klaar, om in die reeds opgewarmde bedens te spring. Ons bevind ons-self baie gou in droomland.

pic 036pic 036

Ongeveer 03:00 word ek wakker met ‘n helse dors en behoefte om by die toilet te kom. Na my afspraak met die poseleyn troon en my onderdane, keer ek terug kamer toe, wawyt wakker. Net om deur Pieter meegedeel te word, dat hy ook nou klaar geslaap het en lus het vir koffie. Ek klim terug in die bed en gesels oor alles en nog wat. 04:00 staan ons op en stap kombuis toe om te kyk of ons kan koffie kry. Ons annekseer iemand se klein blikkie koffie en sakkies Wimpy suiker. Terug in die bed met koffie gesels ons verder tot 06:00. Toe staan ek op en spring deur die stort. Heerlik, net wat die dokter voorgestel het. Daarna word alles weer op hulle geregtelike plekke in die panniers gepak. Teen 07:00 is ons klaar aangetrek en alles gepak. Reg om die fietse te laai en te start.

pic 037pic 037

pic 038pic 038

pic 039pic 039

pic 040pic 040

07:15: Nou is die groot toets. Gaan die motorfietse start? Ek druk die start knoppie en die fiets se motor swaai, maar vat nie onmiddelik nie. Ek swaai nog ‘n keer en toe spring die “stait” 4 aan die lewe en koer rustig voort asof dit nog nooit afgesit was nie. Pieter was nie so gelukkig nie. Syne het eers na ‘n hele paar probeer slae gestart. Ons laat die motors warm word en laai die bagasie op. Pieter se termometer wys dit is – 1 grade Celsius. Net voor 8uur vertrek ons vir Galaxy, om ontbyt daar te loop nuttig. Wat ‘n ontbyt!

09:02: Heerlik vol van die ontbyt, vertrek ons, (Ek, Pieter, Brain, sy vrou Ross, en nog drie ander) vir die Kaapse Skiereiland. 70 Km voor Matjiesfontein voel ek weer soos ek gevoel het Saterdagmiddag, oppad Suterland toe. My kniee begin weer te pyn en dit voel asof ek nog niks gerus het nie. Ek dink hulle noem dit “muscle memory”. Maar ons druk deur, probeer van die pyn vergeet. Ons stop op Touwesrivier, maak die fietse vol en nuttig ‘n koppie koffie en ‘n geroosterde toebroodjie.

pic 041pic 041

pic 042pic 042

Ongeveer 20 minute later is ons weer op die N1, oppad Kaap toe. Kort voor Worchester stop ek om ‘n foto van die sneeu op die bergpieke te neem. Moet darem een foto van sneeu hê. Daarna is dit verder. Ons is deur Worchester en oor Du Toitskloof Pas en kort voor lank het almal van ons, ons onderskeie afritte geneem, om by ons woonings uit te kom.

pic 043pic 043

By die huis het die trip leesing vir die hele trip oorgeslaan na 945 km. Dit alles in ongeveer 36 uur. Nie sleg nie. Dit is amper ‘n Iron Butt. Sal net eers so bietjie moet oeffen vir daardie een. Die vrou en die hond het my met ope arms en stert swaai begroet. Baie bly om my te sien. Ek was self bly om by die huis te kon wees en was maar redelik lam en tam gewees.

pic 044pic 044

pic 045pic 045

Tot volgende jaar dan, wanneer daar hopenlik dan meer sneeu sal wees.

Comments

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14

Baie mooi - dankie.  Ek sien jy het die fotos kleiner gemaak.  In toekoms, hoef jy nie hulle so klein te maak nie.  Maak hulle 1024x768 px.  Die stelsel sal hulle kleiner maak om in die trip report te wys, maar as 'n mens hulle kliek word die oorpronklike foto gewys.

Groete

Charles

Committee: Webmaster / Ride Captain

Leon1ee's picture
Offline
Joined: 2007/12/06

Die "souties" gaan sukkel om te vestaan. Miskien moet jy maar die Oxford afrikaans na engelse woordeboek "attach"

Lekker report in suiwer afrikaans en met soveel fein beskruiwing. Lank laas dit gesien spesiaal as jy daar aan dink dat ek is met 'n soutie getroud. Afrikaans is verlore in my huis.

Most motorcycle problems are caused by the nut that connects the handlebars to the saddle

Warren Ellwood's picture
Offline
Joined: 2007/06/18

Die "souties" verstaan fine dankie. Hierdie Yorkshireman was in die weermag en het gou geleer om Afrikaans te praat.

Lekker report. Mooi geskryf.

 

"Before you speak, ask yourself, is it kind, is it necessary, is it true, and does it improve on the silence?"

Geoff Russell's picture
Offline
Joined: 2007/09/25

Daar is niks foute met ons 'souties' nie............Lekker report oor 'n lekker naweek!

Committee: Ride Captain

Jeremy Martin's picture
Offline
Joined: 2008/10/14

This soutie vorstands the taal deliciously....

 

Thanks for a brilliant trip report!

n/a
Hamid Khan's picture
Offline
Joined: 2009/06/14

 

Groot verslag en fantastiese naweek ,  baie mooi dankie , Hamid

Jacqui Ferreira's picture
Offline
Joined: 2010/03/27

Sjoe - that was a good test of my afrikaans!  Thanks for this Road Report - enjoyed it very much.

 

Jax

Committee: Social Secretary

RUSTY- Russ Rathbone's picture
Offline
Joined: 2007/09/04

Great trip report, thanks for the time and effort. Hope to roll the rubber with you sooner than later.