Ouberg, Karelskraal, Gamkapoort

GeelKameel's picture

​Sedert ek op die mountainpassessouthafrica webblad gelees het van die Karelskraalpas, wou ek self gaan kyk.   

sien http://www.mountainpassessouthafrica.co.za/find-a-pass/northern-cape/item/251-karelskraal-pass.html   
Ek het dit aan my vriend Wouter genoem ---- ja, hy ken die pad en hy wil dit baie graag met sy onlangs gekoopte 1200GS gaan ry. En toe vind ek (toevallig) uit dat my buurman reg langs my en sy niggie (twee huise verder) grootgeword het op presies daardie plase by Karelskraal.

Boonop het ek nognie die Gryskameel (1150GSA) op toer geneem nie. (Ja, die Geelkameel ry nou rond met iemand anders op sy rug!)


Vroeg Desember is ek en Wouter weg soontoe. 


Deur Bainskloof en brekfis by die ‘n padstal duskant Ceres.

Deur Ceres en regs afdraai anderkant Op-die-Berg. En weer regs na Katbakkiespas. 

Panorama suidwaarts vanaf Katbakkies.


Erosie van rotsriwwe en klippies wat oertyd vuurwarm uit die aarde geblaas is. 

Van Katbakkies op en Peerboompas af, dan noordwaarts op die R46 tot by Tankwa Karoo Plaasstal



Gemmerbier wat my later vol suiker gespuit het om te wys dat hy duidelik ontevrede was oor die hitte en skud! 

Van die plaasstal af weg van R46 ry ons oos die vlaktes in, in die rigting van Onder-Wadrif en Bo-Wadrif. Daar ‘n linksdraai na die Oubergpas.


Langs die pad is die verlate Windheuwel bossieskerm plaasstal. Is dit nou permanent toe? Dit sal baie jammer wees!

Op pad na die Oubergpas is daar indrukwekkende rotsformasies te sien

Daar doer kronkel die Oubergpas op en op tot bo.


Die aanloop na die pas is mooi tweespoor, met ‘n paar walle om erosie te keer. Ek het die eerste erosiewal te laat gesien en anderkant hom met ‘n gejuig geland. Die GSA het deurgeslaan tot op die suspensie se hardepunte. Bietjie geskrik en baie beiindruk dat die fiets niks oorgekom het nie!

Die pas self is in ‘n baie goeie rybare toestand regdeur.

Net onderkant die kruin het ons gestop en ‘n koffie geniet.

‘n Rustige rit tot by Sutherland en oorgeslaap op ‘n regte bed.

Die volgende more volgemaak en die pad gevat na die Karelskraalpas / Banksgate.
Die roete begin op die R356 teerpad tot by die SALT teleskoop, daarna grondpad. Ongeveer 35km buite Sutherland draai jy regs af by die Banksgate wyser.

Ongeveer 6km verder weer regs afdraai by Bloupoort/Fisantrivier.

Op pad ‘n plaasopstal, De Kuile, met klipkraal en vriendelike skaaphond. Hierdie is die plaas waar my buurman Chris grootgeword het.

En twee vrolike plaaskinders --- op ‘n te groot fiets

Drie km verder (ongeveer 15km vanaf die Bloupoort afdraai) is die afdraai na ‘n tweespoorpad na Karelskraalpas, langs ‘n vlak dam (plaaslik bekend as Koppies se dam). ‘n Geroesde en skaars leesbare padwyser wys regs na Merweville. 

Maar voor jy hier afdraai na Karelskraal, ry eers ‘n klein detour van sowat vyf km tot bo by die Engelsman se graf, op teen ‘n kort pas.




Hierdie is die plaas Kromkolk, waar my buurman se  niggie Kinnie  grootgeword het. Die afdraai na die plaasopstal is sowat 2km van Koppie se dam af, met ‘n buitengewone tuintjie by die afdraai 
 

Die ingang na die plaas KromKolk

En ‘n paar km anderkant die afdraai is ‘n kort pas, plaaslik bekend as die Nuweveldpas (is die regte naam dalk Sterboompas?). Dit is kort (2km), met mooi oppervlak, effens steil en baie lekker om te ry. Die uitsig alleen van bo maak dit die moeite werd om daar op te ry. Op sy kruin is ‘n gedenkgraf vir nege Engelse soldate wat in ‘n hinderlaag gesterf het. Hier naby was eens ’n klein Engelse buitepos wat die roete moes bewaak. 

Mooi uitsig oor die plaas Kromkolk.


Indien jy met hierdie pad sou aanhou, sou jy in Fraserburg uitkom. Draai liewer om en gaan terug na die afdraai na Karelskraalpas. 

Die Karelskraalpad begin tipies tweespoor en hou ‘n paar km aan. 
Geleidelik word dit meer rof.

Skielik is jy in die pas, met ‘n paar klipbanke wat jou welkom heet.


Nie te moeilik nie, maar jy moet goed konsentreer en jou lyne mooi kies, veral tussen die eerste en tweede plato. 

Op pad af is twee of drie klein plato’s waar jy kan stop en die besondere uitsig geniet. Stop maar by elkeen, dis die moeite werd.

Om die eerste draaie verskyn ‘n onverwagse en asemrowende uitsig. Duidelik die produk van miljoene jare se erosie en grondverskuiwings. Diep onder is die boloop van die Dwyka rivier. Na die Noord-ooste is Aasvoeelkrans hier naby jou, wat deel is van die Nuweveldberge. Ons het twee witkruisarende gesien, hoog en ver.


Daar ver na die suidooste is ‘n plaasdam sigbaar, plaaslik bekend as Koos Erasmus se dam. 

'n Bietjie koffie....


Terugkyk vanaf die vlakte onder. Die pas begin bo agter die koppie en eindig in die klofie hier duskant.

Laer af loop die pas uit op ‘n vlakte met ruines van klipgeboue. Aan die westekant ‘n ou skooltjie en oos van die pad die oorblyfsels van die eerste veeboer se huis en kraal. Die klofies daar rond is volgroei met bome en bosse, terwyl die vlaktes meer klippe het as grond.



‘n Besonderse klipformasie in hierdie omgewing

Die eerste veeboer was glo iemand wat uit die Transvaal gevlug het toe hulle hom gesoek het vir diamantsmokkelary. Hy het per trein Kaaptoe gevlug maar by Laingsburg afgeklim en land-in gevlug omdat hy besef het hulle wag vir hom in die Kaap. Hy het met bokke geboer in hierdie onherbergsame gebied.
Vroeg in die vorige eeu het ene Christiaan Blom en sy vrou Kitty jare lank hier geboer. 

Die Tannie Kitty het in haar tyd glo die wereld daar rond geregeer. Sy het ‘n vrugteboord en groentetuin naby die huis gehad. Daar word vertel dat sy eentyd las gehad het van Engelse soldate wat haar vrugte kom steel het. Een dag het sy van hulle in ‘n perskeboom betrap. Sy het die een met ‘n klip teen die oor gegooi en hul gewere afgevat. Aanvanklik wou sy niks weet van gewere teruggee nie. Uiteindelik het hulle tog die gewere teruggekry, nadat hulle ‘n stywe klomp rantsoene (blikkiesvleis, koekies, meel en wat nog) by haar afgelewer het.


My huidige buurman Chris en sy niggie Kinnie vertel met heimwee van hul kinderjare op De Kuile en Kromkolk. In somertye het hulle bo in die plaashuis gewoon, maar in die winter met hul vee afgetrek langs die Karelskraalpas af weens die koue en swak weiding bo op die Roggeveld plato. Hierdie is die  winter-huis soos dit nou lyk.

‘n Entjie anderkant die eerste driffie staan ‘n vergane ossewa wat gebruik is rondom die jaar 1878. Die wa is een van die latere “moderne” waens met bladvere en ‘n meganies gevorderde remstelsel. Mens wonder of sulke bladvere enige verskil gemaak het teen die kruipspoed wat ‘n ossewa beweeg het. Op die wa se kant is ‘n datum 1878 geverf.


Van hier af volg ‘n lang tweespoor pad met besonder baie variasie. Driffies, vlaktetjies, kort valleie en enkele plaashuise skuif verby soos mens ry. 


 ‘n Gedenkplaat vir ene Stephanus Marais, in 1942 opgerig deur Kitty en Christiaan Blom


Die bekendste van die plase is Banksgate, vernoem na die gate in die rotsbanke van die Dwyka rivier. 


Daar is baie hekke (twintig?) maar gelukkig was baie van hulle oop, waarskynlik sodat vee en wild tussen weiveld en water kan beweeg.


Op een plek het ons verkeerd gery en ‘n baie aangename heen-en-weer rit gehad na ‘n plaashuis met baie mooi tuin. Mev Esterhuysen was die vriendelikheid self en het ons genooi vir koffie. Ons tyd was bietjie min en pad lank. Ek is spyt ons het nie maar bietjie vertoef nie, ek is seker ons het hier ‘n baie lekker gesels gemisgeloop…


Die res van die pad na Merweville was maklik en mooi tweespoor. Dit word later driespoor, tot by die indraai na die BeaufortWes-Merweville pad.
Iewers hier het ons ‘n goeie illustrasie gesien van vasbyt om te oorleef in hierdie ongenaakbare wereld Hier moet jy kan vasbyt, al slaan die weerlig jou!


Volgende stop Merweville

Van Merweville per grondpad na Laingsburg via Koup en stukkie N1. Laingsburg petrol ingegooi en iets te ete gekry.

Daarvandaan via Rooinek en Witnekke, verby die afdraai na Anysberg reservaat. Kort by dei begin van die Sewewekepoort links na Gamkapoortdam. 


Die 26 km vanaf Sewewekepoort tot by Gamkapoortdam is besonder mooi om te ry. Vlaktes, passe, driwwe, klofies, wild en berge wissel mekaar gedurig af. 


Ons het gesien koedoe en gemsbok, springbok en bobbejaan. Almal mooi, blink en spekvet.


Die oornag by Gamkaspoort huisies was baie gesellig, met ‘n mooi uitsig oor die dam. 


Die volgende oggend rustig en stadig teruggery deur die mooi Gamkapoort, en toe suidwaarts deur die ewe mooi Sewewekepoort. Anderkant Sewewekepoort op die R62 vir brekfis in Ladismith.


En ‘n paar stewige splashe op pad laugh (sal ons dit ooit ontgroei!!!)


Van Ladismith na Montague op grondpad, verby Buffelspoort en suid van Anysberg reservaat verby.
Wye veilige pad met hele paar besonder mooi gedeeltes.


Iewers het ek gestop by hierdie bos vol mooi blomme. Wouter stop toe ook en ek vra hom of hy die bos ken. 


“Ja, dit is die Nearside Roadbush.”
 “O, okey”,  glo ek hom, en wys na die anderkant van die pad. “Daar is nog een”.
“Ja”, se’ hy, “dis die Farside Roadbush” 

cheeky

Van Montague af teerpad huistoe.

Hierdie roete is baie rustig, tegnies groen met paar oranje kolle (Karelskraalpas en Banksgate). Ideale roete vir twee aande oorslaap.

En ek is baie beiindruk met die Gryskameel (maar, die Geelkameel sou dit alles ook netso goed kon doen).

Nou sal my siel rus oor Karelskraal en ek is baie tevrede.

-------------------------------

Naskrif 2017: Slegte nuus is dat die pad deur Karelskraalpas in 2016 gedeproklameer is na 'n privaat pad -- en sedertdien gesluit is aan beide kante. Die stap is geneem om veediefstal te probeer verminder/keer. crying


 

Comments

Tony's picture
Offline
Joined: 2008/08/24

Mooi gedoen Danie! Lekker pad daai Karelskraai.

Kevin. Graham en ek het hom Desember 2014 gery oppad Baviaans toe.

Baie mooi fotos - bring goeie herinneringe terug.

A bend in the road is not the end of the road... unless you fail to make the turn. ~Author Unknown

Kevin Charleston's picture
Offline
Joined: 2011/09/09

Great report and pictures, thanks Danie. Some of my favourite roads.  Glad to hear most of the gates were open, when we did the Karelskraal pass they were all closed - very tiresome.  

Mwendo's picture
Offline
Joined: 2011/04/13

Lekkerrrrr!!!

Dankie Danie, sal beslis dié verslag in gedagte te hou wanneer ek weer iets in daai geweste pleeg.  

--
The only problem with hindsight, is you don't see it coming!

 
Geoff Russell's picture
Offline
Joined: 2007/09/25

Great report, thank you Danie.

Committee: Ride Captain

Offline
Joined: 2010/04/27

Baie mooi Danie! 

Take responsibility for the energy you bring into the room!

Nick van Niekerk's picture
Offline
Joined: 2015/05/28

Baie dankie Danie .

Karelskraalpas is op my lysie !!

Offline
Joined: 2015/07/20

Baie dankie Danie - dit was baie goed.

Wouter

Andyman's picture
Offline
Joined: 2007/06/22

Gee, lovely trip, great report.

Hmmm, another road I have yet to travel.

Andyman
Anyone can ride a bike fast....   But can you ride your bike real slow???

Zanie's picture
Offline
Joined: 2013/11/21

Pragtige wêreld daai. Nou is Karelskraalpas ook op my lysie, saam met die Gamkapoort dam pad. So much to see, so little time!

Pepe's picture
Offline
Joined: 2007/12/01

Andy, daar is selfs 'n ossewa vir jou versameling.

Work hard; play hard; never play when you work!

Warren Ellwood's picture
Offline
Joined: 2007/06/18

Very nice Danie.

 

"Before you speak, ask yourself, is it kind, is it necessary, is it true, and does it improve on the silence?"

Hans Ambulans's picture
Offline
Joined: 2013/10/01

Wat n nice trip report! Karelskraal klink soos n MOET!

Ek en Janice was self in November af Gamkaspoortdam toe, en toe seil daar n laaaaang kobra oor die pad, amper reg deur my voorwiel se speke.

Weet julle hoe ek lyk as ek gymnastics op n motorfiets doen? Scary.

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21

Die Karelskraalpas is gesluit met 'n ketting en slot! crying crying

Ek weetnie of dit permanent is of dalk tydelik nie. Ek weet ooknie of die pad aan die Merweville kant ook iewers gesluit is nie.

'n Vriend van my het oor die langnaweek (Apr'17) van Sutherland af na die Karelskraalpas gery en gevind die hek 'n kort entjie voor die pas is gesluit met 'n blinknuwe ketting en slot.

 

 

 

 

Andyman's picture
Offline
Joined: 2007/06/22

How did he close it again once he was through, cable-ties or another lock?

Andyman
Anyone can ride a bike fast....   But can you ride your bike real slow???

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21

He had to turn around. Not possible to by-pass the gate.

He actually intended to go only as far as the upper (first) plateau. He was driving a SUV and wanted to show the valley to his guests.

I plan to ask my neighbor to try & find out why the gate is locked, and whether it will be opened again. 

Andyman's picture
Offline
Joined: 2007/06/22

I have found my tyre lever very good at persuading padlocks and chain links, if there is no contact number on a gate.

Buggered if I ma going t tolerate driving on a public farm road for many km's with no warning of a locked gate up ahead, only to have to turn back.

I have done what needs to be done and left  a note.

Cable ties to a good job of re-connecting the links.

 

However, as stated a few times before on this forum, farmers lock gates because of quad bikers and other breeds of bikers/SUVers leaving the track and disrespecting the landowner.

Let us know Danie.....

Andyman
Anyone can ride a bike fast....   But can you ride your bike real slow???

Tony's picture
Offline
Joined: 2008/08/24

The joys of offroad riding.

How does one know whether you are riding on a public or private road?

AFAIK (most) maps/Google Earth do not differentiate.

Sections of roads are de-proclaimed from time to time, so what was a public road is no now no longer with no way of knowing what the official status is.

Unless you have a very good reason to force a gate open, you probably shouldn't.

Picture this - you break the lock and continue only end up at the next locked gate in full view of the owner sitting on his stoep - with or without a shotgun. Now that's a difficult situation to explain. wink

A bend in the road is not the end of the road... unless you fail to make the turn. ~Author Unknown

Zanie's picture
Offline
Joined: 2013/11/21

I struggle to understand you Andy: Chew my ear off for one 30m off-road section (where the ride-leader had organised it as an alternative given that the farmer was not around and had to lock the usual gate - the alternative was through a smaller gate where only bikes could fit and then a bush-whack to the faint path), but on the other hand encourage club members to go hack off locks (which our ride leader did not for one second contemplate when he thought yet another gate had been locked - even when he had specifically arranged with the farmer beforehand to ride that route and that it should be left open).

Tony has a point. On a ride in Jan this year, the older version of Tracks for Africa we used showed a connecting road to Witteberg (not the actual Witteberg route, but one that ends on it) as public, but it had a massive lock. We could have just cut it, but did a massive re-route through Anysberg instead. We found out later that the road had been deproclaimed.

Geelkameel: I really hope the gate isn't locked permanently. That would be a sad loss to the biker community. Let us know the outcome of the enquiries.

Andyman's picture
Offline
Joined: 2007/06/22

Tony, I think I ended up the farmer or another rneighbouring land owner soon after, on most occasion, (say 7 at the most in 8 years).

In the Sandveld, we encounter locked gates from time t time, some have  a contact number nad the person can tell you where they hid the key along the fence others there is no rhyme nor reason.

 

I respect a public road and I respect private land- never ride off the track- that's veld-lore 101.

 

A proclaimed road is another story, that's public road, where the landowners are driven by frustration to limit access.

Re-lock by using a padlock or a cable tie to reconnect the links.

Every time we talk to the land-owners we get the same story- 

"We locked the gate because you people on scoeters do not respect the track and ride all over as if it is your own land."

They say the tracks are visible form the air 20 yrs later.

 

However, that aside,  lets see , how GK goes with his contacts- I'd like to do that ride again soon.

Andyman
Anyone can ride a bike fast....   But can you ride your bike real slow???

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21

The road on which the Karelskraal pass is has been de-proclamated from public road to private road during 2016   crying

The reason why the farmers applied for de-proclamation to private road is to enable them to lock the gates in an effort to curb the rampant stock theft. 

Three gates on that road are now locked. One on the plateau above Karelskraal pass, one at the game farm in the valley and one on the Merweville side of the road. 

Slegte nuus vir ons wat graag op die grondpaaie toer...

So, motorbikes and touring vehicles were not the culpits, but we suffer the consequence of destructive acts by criminals  angry

Trigve Roberts comments on this very issue, see:

https://mountainpassessouthafrica.co.za/news/item/1138-latest-news-4th-m...

Unfortunately maps are slow to reflect roads that have been de-proclamated. The result is that many roads marked as public roads could well be private roads

 

 

 

Andyman's picture
Offline
Joined: 2007/06/22

Thanks Danie, I am sure we cna ride by prior arrangement though.

Will get the contact details from you.

 

On a note:

When a road is de-prolamated, the council is no longer responsible for the upkeep.

The down side for the landowners then is they need to maintain, no longer from user W&T, but from natural elements.

It may mean that the landowners will not deny reasonable access.

Andyman
Anyone can ride a bike fast....   But can you ride your bike real slow???