NAMWAY Now with Pics

Leon Strauss's picture

NAMWAY – 5400Km IN 12 DAE ( 3/8/12 tot 15/8/12 )

Het dit al vir jou gevoel asof die stad jou vasdruk en eenvoudig net een te veel raak? Nou ja, dit is hoe hierdie trip ontstaan het. Ek en my vriend DT, het so gevoel, en dit is hoe Namway begin het – On Our Way To Nam.

Die beplanning is natuurlik amper die lekkerste, want die afwagting is so groot. Ons besluit om die lang roete te doen. Vanaf die Strand, deur Windhoek tot by Epupa Valle. Vir die wat daardie dag skool gebank en uitgemis het op die Aardrykskunde klas, is dit  op die Kunene Rivier, wat die grens is tussen Namibië en Angola.  Man, dit is ’n great plek.  Ek het vir 10 jaar in Windhoek gebly en Kaokoland was en ìs nog steeds my gunsteling toerplek.  Hierdie keer was egter my eerste besoek met ’n ysterperd!  Anyway,  dit begin mos toe so.................

Ons het besluit om so gou as moontlik bo by ons draaipunt,  Epupa, te kom.... so na ’n stewige ontbyt by ’n koffieplek in die Strand, groet ons onder ’n afvaardiging van vrougoed en vriende.  Man, die opwinding!  Ons is so opgewonde, ons kan ons lag nie hou nie!

Eerste stop by Piketberg

Ons oornag op die grens by Noordoewer en toe vat ons die vlaktes van die Suide. Die natuurskoon bly verruklik en met twee motorfietse op daai vlaktes..... min dinge kom daarby.  O ja, voor ek vergeet, ek ry ‘n 1200 GS en DT ‘n 800 GS.  Ons slaap toe in Windhoek, en doen onvermydelik by Joe’s Beerhouse aan vir ‘n sappige gemsbok steak.

Joe's Beerhouse of course

Die volgende dag rek die GS’e  behoorlik hulle bene! Ons laat Okahandja, Otjiwarongo, Outjo en Kamanjab agter en oornag by Opuwo.  Man, waar het ons daai boude gekry?... partykeer het dit gevoel asof ons glad nie boude het nie!! Maar ons GS ryers is mos bekend daarvoor om te staan en ry.........Big Buddies-OpuwoBig Buddies-Opuwo

Die volgende dag begin dìt waarvoor ons regtig gekom het........ grondpad en die boendoes! Man, kan twee mense so geseënd wees!  Hierdie tyd van die jaar is warm in Nam, so ons is bewus van die temperatuur in ons warm pakkies.  Ons kry lafenis by die local “winkel” op Okongwati en speel sommer gou ’n paar potte pool saam met die locals.  Hulle admireer natuurlik ons motorfietse en daar moet van almal foto’s geneem word.

Okangwati Store

Vroegmiddag begroet die wonderlike gesig van groen en water ons.... die Kunene rivier.  Dit is die lewe hierdie!! Daar word net rondgehang, geswem en gebraai. Ons toer het letterlik nou begin!

Epupa. Wat 'n gesig


Kamp by Epupa Valle

DT by ValleDT by Valle
Het jy die pilot gesien.......?

Waar is daai pilot

Ons het ’n lang pad wat voorlê, en val vroeg ini pad.  Ons oornag in die omtrek van Warmquelle duskant Sesfontein.  Hiervandaan druk ons deur na Aba Huab en gaan gooi ‘n klippie in die Wondergat.Ons bewonder die WondergatOns bewonder die Wondergat  Na ’n goeie nagrus, besoek ons die Verbrande Berg en die Orrelpype. 

                              Mmmm, biltong en pasta
Ek het toe ek die roete op MapSource beplan het, besluit om van hier die “kortpad” te vat na die Brandberg..... Man, het dit nou interessante gevolge gehad!  Ons pak so net na 08h00 op. Gewapen met 4 Energades elk, 4 liter water asook my army canteen, is ons reg vir die pad. Ons hoef tog afterall nie te ver die dag te ry nie.  Nou kyk, ek het ons roete vooraf op MapSource geplot, en gestoor op my GPS.  Die Landrover Hill en 4x4 waarskuwings op MapSource het my duidelik nie baie daai tyd gepla nie. Gou het die geskraapte pad ’n tweespoor  geraak. Nou het ons lekker gery!  Dit was die tipe pad wat ons gesoek het! Dit was ook nie lank voordat die temperatuur 30 °C was nie, maar ons was gerus, ons het mos genoeg vloeistowwe gehad.  Terloops, het julle al  “I Shouldn’t Be Alive” op Discovery gekyk...................?

 

Ons kom by Landrover Hill......peanuts vir my Landcruiser, maar ons bikes het net twee wiele.  Imagine steil afdraendes, groot ronde klippe wat geen footing bied, letterlik rotse waar ons moet af en fietse wat neig om topheavy te wees.  Geen plesier!  Maar ons is daar af, want dit is deel van die avontuur!  Toe begroet die eerste rivierloop ons!!! Teen daardie tyd was dit reeds 35 °C ! Probeer ‘n 1200GS wat tot op sy pens weggesak het in die sand, met al jou bagasie, met alle gear aan, in 35 °C te stoot.  Ons is moeg en die ongevraagde vraag maal in ons koppe, “ het ons genoeg water?”  Die rivierloop raak weer ’n tweespoor pad en ons skep asem en moed. Maar dit was van korte duur!  Hierdie keer is ons in die Mother van alle riviere en hy is droog.  Jy roep hom die Ugab rivier.  Hy loop tussen kranse deur en daar is geen ander manier om uit hom te kom behalwe as om vorentoe of agtertoe te gaan nie.  Ons wiele is afgeblaas tot op 0.6 bar.  Die bikes raak warm, ons raak  warm en dit is 12h00, amper 40 °C en................ ons vloeistof is op!!  Volgens my GPS moet ons nog 70km doen... Ons is so uitgeput en dors....  Ons tonge sit aan ons verhemeltes vas en by hierdie tyd so opgeswel dat dit so rond soos ’n budgie s’n is.  
Julle weet mos ons mans het oor die algemeen net een ding op die brein, maar die dag het ons net water op die brein gehad.  Jy kan nie glo hoe die dors na water totaal en al jou denke oorheers nie.  DT het begin hoofpyne kry van ontwatering.  Ek het in totaal 5 keer in die sand omgeval (Teen 10km/h klassifiseer dit seker nie as val nie).  Nou kyk, ek is nie ’n klein outjie nie (so om en by 1.95m) en ek kan ’n paar swaar goete optel, maar na die 3/de keer kon en daai 1200 nie gemove kry nie. Ons het later besluit dat as een vassit, die ander een net verbyry tot hy vaste grond kry en dan terugstap.  Keer op keer was die ysterperde op hulle se pense.  Die uitlaatpype het die grond so warm gebrand dat die sand ons hande gebrand het terwyl ons die grond uitgrawe. Wat erg was is dat ons kon sien dat iemand nie ver voor ons gery het nie. Die spore was vars en elke nou en dan was daar die tekens van ’n nat kolletjie in die sand.........

Ons het op ’n stadium weer gestop en plat op die grond gaan sit – DT het met sy hand so ’n stukkie grond skoongevee en droogweg gesê ons moet maar solank ’n boodskappie in die sand skryf.Waar is daai boodskap nouWaar is daai boodskap nou  Die gedagte het by ons opgekom dat dit  nou nie sou saak maak hoe sterk jou bankrekening was, of wie jy was nie. Hier was jy nou net aan die Here se genade uitgelewer!Die Ugab speel nie met n man op 'n GS nie...............Die Ugab speel nie met n man op 'n GS nie...............

Net vir 'n wyle uit die rivierNet vir 'n wyle uit die rivier

Uiteindelik was ons uit die Ugab, maar die ergste het nog voorgelê. ’n Tweespoor sandpad het ons begroet en duin op duin verder gekasty.SugSug  Ons het op die bikes gesit, in eerste rat en “geroei” met die bene net om te beweeg. Later het ons langs die spoor deur die bossies probeer. Dit het bietjie beter gegaan en meer traksie gegee. Hier is ek ’n paar keer deur doringbome, omdat ek nie kon uitswaai, of die krag gehad het nie. Eintlik het ek ook nie meer geworrie nie.  Gelukkig het ek geen papwiele gekry nie.  Die ander ligaamlike toestand wat ons nou begin onderkry het, was die geweldige krampe in ons bene – spesifiek in die binnebene. Dit was natuurlik as gevolg van die geroei met die bene terwyl ons op die bike was asook die ontwatering.  Elke nou en dan het een van ons van die bike gespring en letterlik gekrul van die pyn.

 

Die GPS wys ons is nou baie naby aan ons bestemming. Voor ons lê nog ‘n “river crossing”, en ek is om die minste te sê, goed gatvol vir sand en sommer vir die bike ook (wat abnormaal is).  Ons is daardeur sonder enige voorvalle, maar my selfvertroue het  ’n knou gekry...... Ons het ons bestemming bereik...., maar daar is niks.  Die White Lady Lodge MOET mos hier wees, maar hier is net droë kampeer plekke , twee voertuie, EN geen water.  Dit is nou 19h00 en ons is moedeloos verby! Ek sê  vir DT ons moet nog net so bietjie aanry.  Die son het reeds agter die Brandberg ingesak en dit is so half skemerig. Om die volgende bos begroet die wonderlikste gesig ons, ’n groot wit bord wat aandui dat die White Lady Lodge nog 1 km verder is. Ons beur met hernude krag voort,  stop voor die oase en val letterlik van ons bikes af.  My eerste woorde is dat ek nou ’n bierglas met ys en water heel gaan insluk.  DT laat op sy droë manier van hom hoor “skroef” die water, ek gaan nou ’n bier drink! Ons strompel soos wafferse cowboys ’n bedrywige kroeg binne, terwyl die buitelandse toeriste (jy kan hulle mos van ’n afstand af uitken) ons aanstaar. Ek kon myself indink wat hulle moes dink.... waar kom hierdie cowboys vandaan.  Ek reken hulle kon seker iets ruik ook.  Kon hulle dan nie sien wat ons die afgelope 11 uur moes verduur nie!!?. We Shouldn’t Have Been Alive!!!!Hy lyk beter na so 'n dagHy lyk goed na so 'n dag

Ek bestel my water en ys in ‘n bierglas, en DT 2 biere.  My bierglas was half, toe is DT besig met sy 2de bier. Daai aand was tent opslaan uit soos koekies in ‘n weeshuis en ons book by ’n chaletjie in.Ons chaletjieOns chaletjie Ons hettie die krag vir ’n ou tentjie nie. Die chaletjies is almal aanmekaar gebou en ons kry die eerste een. Die res was almal beset deur Duitse toeriste. Uit die aard van die saak het hulle almal ons sien arriveer, want hulle toer met een van hierdie toerlorries en het voor die chaletjies om ’n lang tafel gesit en eet.  Ons het net krag gehad vir aflaai, stort en slaap.Van die ou beseringtjiesVan die ou beseringtjies  Ons het sommer een chaletjie gedeel, maar hier moet ek dalk net een klein detailtjie met julle deel....... daar was twee enkel bedjies!! Sien, da was bedtjies met nette

Sien, da was bedtjies met netteSien, da was bedtjies met nette

Die muskiete daar word so groot soos posduiwe, so ek besluit toe om die muskietnet bokant my los te maak en vou dit sorgvuldig onder die matras in – ek issi nog lus vir muskietbyte ook nie.   En so raak ons aan die slaap.

 

12h00 die nag skrik ek wakker met ’n blienkin gegil in my ore, en 2 sekondes later hoor ek myself gil! Ek vang uit die hoek van my oog dat DT langs die bed staan.  Ek het nog nooit sulke intense pyn gehad van spierkrampe nie.  Nou het ek nog een probleem wat DT nie gehad het nie – ek moet nog uit die muskietnet kom!  Nou ja, ek is daar uit, en vir die volgende 10 minute was ons in erge pyn, gepaardgaande met die bypassend kreungeluide!  Die res van die nag was ’n straf om daai bene stil te hou.  Die geringste beweging het die krampe teruggebring. Ek was later te bang om net my oë te knip. Vroeg oggend was ons op, styf , seer en honger.  Met die oopmaak van ons chalet se deur, was die toeriste alreeds aan die ontbyt om die lang tafel. Nou imagine daai gesig... 2 manne book by ’n ou chaletjie in. Snaakse gille diep in die nag. Hallooo..... Nodeloos om te sê dat ons die bikes baie vinnig gepak het.Brandberg in die agtergrondBrandberg in die agtergrond

Ons kon nie nader aan die Olifante kom nie!Ons kon nie nader aan die Olifante kom nie!

Ons het nog tyd ook gehad vir goeie dadeOns het nog tyd ook gehad vir goeie dade

Ons besluit om die Spitzkoppe te skip en rek die BM’s se kuite in die rigting van Hentiesbaai. Die grondpad tussen tussen Uis en Henties is mos soos ’n teerpad.Uis Na HentiesUis Na Henties Asemrowende WoestynAsemrowende WoestynNet voor die soutpad kom ons af op die stel waar Charlene Theron besig is met die skiet van MAD MAX. Die aardigste gevaarstes ry die hele woestyn vol onherstelbare spore. Ons stop langs die pad, maar word sommer gou verwilder. Weet die mense dan nie waardeur ons die vorige dag is nie?!! Gou is ons op Walvis waar ons vir twee dae by my sussie “recover”.

Suide van NamSuide van Nam

Daarna is ons weer gecharge en doen aan by Moose op Solitaire vir sy berugte “Apfelkuch”.  VersamelnesVersamelnesHier lê die sooibrand vir jou en inwag!!Hier lê die sooibrand vir jou en inwag!!Die sooibrand loop nog dik, toe druk ons deur na Sesriem en pitch ons tentjie.Sesriem KampSesriem KampAs jy op my helmet skyt........As jy op my helmet skyt........Ons word egter ontnugter dat geen bikes meer in Sossusvlei toegelaat word nie. Die rede is blykbaar dat die Suid-Afrikaners met hul bikes gekom het en die hele woestyn vol spore gelos het.  Ek is onmiddelik so die josie in dat ek en die hekwag mekaar amper te lyf gaan.  Anyway..., so be it en ons druk deur na Helmeringhausen op die C27.  So 10km voor Helmering kry ons slaapplek op ’n plaas.Lafenis opi plaasLafenis opi plaas  Die volgende oggend sak ons af na Aus.  9h00 die oggend word ons gedwing om langs die pad te stop, want net soos ons deur die koppe voor Aus gaan, tref ’n misbank ons.  Net voor Aus. 2 GradeNet voor Aus. 2 GradeDie temperatuur metertjie gaan staan op 2 °C.  Dêmmit, dit was koud. Ons trek alles moontlik aan en sukkel met ons oros mannetjie-lywe om op die bikes te klim. Ons wil deurdruk na Luderitz, maar ’n toerbusbestuurder waarsku ons dat dit die heelpad soontoe reën. Nee wat, ons gooi nou sommer via Rosh Pinah grens se kant toe. Die grondpad lei jou langs die Oranjerivier en sorg vir die ongelooflikste landskappe. Oranje RivierOranje RivierDonker swaar wolke laat ons afsien van ons plan om langs die rivier te kamp en ons druk deur na Springbok. Ons is hartseer om weer op die teerpad te wees en om my geliefkoosde land agter te laat, maar nou gooi ons kole, want die reën gaan ons vang.  Die teerpad vanaf Noordoewer tot by Springbok leen hom gelukkig toe om jou bike se bene te rek en die BM’s is teen hierdie tyd lekker los en spelerig.  Maar die reën vang ons tog en ons kom druipstert op Springbok aan.  Die weervoorspelling wys erge reën tot innie Kaap. DT het ’n Hyundai bakkie wat in die Kaap moet kom en ons besluit dan is dit nou maar so. Ons sal die bikes agterop die bakkie laai en dan maar met die bakkie ry tot in die Strand (nie goed vir die bike-ego).  Die ou Famous &%$! BakkietjieDie ou Famous &%$! Bakkietjie


Hierdie besluit het natuurlik verreikende gevolge gehad!!!!  EK weet ek moet nou klaarmaak met die trip, maar byt so bietjie vas, die beste kom nog. Die bakkie is somewhere op ’n dorp Kaapse kant toe, en iemand sal hom die volgende oggend vroeg deurbring. So be it. Ons eet en gaan slaap.  Die water val verwoedelik en ons maak  vrede dat ons die volgende dag gerieflik, vinnig en droog die laaste 500 km sal aflê Kaap toe (natuurlik teen ons sin, want ons is geharde bikers). Ons raak met ’n smile in ’n warm, droë bed aan die slaap. Vroeg oggend is ons op, maar die wêreld spoel weg en dit is vriesend. Die man met die bakkie daag net nie op nie. Na ‘n  gesukkel kry ons hom op die lyn, net om te hoor die battery gee moeilikheid en die bakkie het gevrek buite Springbok. Nou kyk, ons is reeds in ons laaste skoon speelpakkies.  Alle vuil rykleertjies is reeds weggepak en rybootse is vergete. Ek hoor DT is nie baie opgeruk toe hy oor die sel sê ons is oppad nie. Net met ’n dun vleesbaadjie, helmet en jeans start ons op. Blikemmer dit voel nie lekker nie.  Dis koud en nat, en ons is nie mentally voorberei hiervoor nie.  Het ons maar geweet wat voorlê.  So 10 km anderkant Springbok staan die bakkietjie. Man, ons stop so agter hom en met die naderstap sien ek die bakkietjie is so in sy glory so in sy glory.  En ons moet met hom Kaap toe, 500 km ver. Ons stoot hom, maar hy willie vattie, en dit reën.  Ek voel die gestotery in my bene en dit wil-wil bekend voel! Maar ek sit dit yt my kop yt.  Nou kyk, wat toe gebeur, is nie nonsens nie en net ’n man wattie meer lus issie, sal dit doen.  DT loop trek toe mos daai 800 GS’ie voor daai trokkie en sê bring die tou. Daai moes ek afgeneem het, maar alles lê toe mos op Springbok innie kamer.  Die tou word aan die bike vasgemaak en daai 800 cc trek daai 2700 cc ani brand.  Ons maak tou los en haal weer Springbok vannie Kaap se kant af.  Ons prakseer gou ’n laaisone daar teen ’n skuinste en ry die bikes op. Behoede dat iemand die bakkie afsit! Hy idle deur al die gelaaiery en ons spring so by 9h00 in die pad.  Ek ry, die anner man in die middel en DT teen die deur. Ek kyk en voel die bakkie, maar sê niks. Dit reën nou hartstogtelik en die wipers is in slow motion. Ons laai die middelste man op die volgende dorp af en vat weer die pad.  Die wind ruk die bikes agterop rond en ons stop en maak stywer vas. Moet nettie dat die ding vrek nie. Teen lang afdraendes haal ons 110 op die klok!  Ons kyk net vir mekaar en hou onse gedagtes vir ons selwers.  Toe maak ek die eerste groot fout..... Ek waag dit om die flikkerlig aan te sit....... en daar vrek alles. Dit gebeur gelukkig op ’n afdraend teen so 100 km/h, maar dit smaak my iemand druk daai bakkietjie se keeltjie so toe.  Ek gear af, clutch, gear af, clutch, maar hy willie vattie.  Kan dit wees!!?  Ek stop terwyl daar nog so klein bietjie afdraende oor is.  Na beraadslag besluit ons stoot is alweer die enigste opsie. En die Hemel gooi!!! DT is buite en stoot.  Niks makie.  Nie lankie of hy is moeg. Ons change sommer so drywers innie stoot. My keel fluit ook later soos ’n stoomtrein, en my bene voel soos slapchips.  Ek wonder wanneer gaan die krampe weer terugkom.  Nou staan ons langs die pad en beraadslag. Alles is dood! Dit is nat en koud en ons het mos nou ook nie drinkgoed nie. Die Energadetjie is mos hoeka al opgedrink. O ja, dit laat my nou onthou, moenie Energade drink in 40 grade, terwyl jy ‘n 1200 GS in riviere rondstoot en geen ander water het nie. Dit maak jou ongelooflik dors! Vat net water saam. Noem dit sommer maar tip nommer 1!  Ewenwel, ons sit en beplan. Ons het niemand om te bel, so stoot is maar die inding.  Dit is nog oggend en so 400 km voor die Kaap. Wat kan dan nou erger wees. Die dag is nog ’n embrio. Nou maak ons maar beurte om te stoot.  Mind you, die gedagte het opgekom om weer die bikes af te laai....... natuurlik vir verskeie redes. Maar laai jy nou ‘n 1200 van ’n hoë bakkie af sonder enige hulp!  Later kry ons weer ’n afdraendtjie, en hy vat, maar nou is daar regtig niks. Nie eers die speedo werk nie. Ek ruk my GPS uit sodat ons darem ons spoed kan monitor.  Sy battery het nie lank gehou nie. Ons was nou ook te bang om dit by die sigaretaansteker in te prop. Ons weet mos wat maak ’n flikkerlig aan hom! Ek probeer maar my bes om deur die vooruit te sien. Later probeer ek ongesiens om darem net eenkeer die wiper aan te sit, en daar vrek hy weer!  Ons stoot beurtelings en exchange drywers so in die stoot, want as hy momentum verloor, sukkel jy. Toe vat hy weer, en ons vorder. Iets klink nie lekker met die enjin  nie, en DT maak hom sommer so in die ry hier van binne af oop. Ons moet stop, maar nou is daar net ’n flou idle, en die trap van die petrol pedaal help niks. Gelukkig het ek tools op die bike en ons karring aan die pypies en hy is reg.  Nou is dit al na die middag en ons is nog nie eens op Vanrhynsdorp nie (en die Kaap was maar 500 km ver!).  In ’n pas vrek die blienkin bakkie weer! Weet jy hoe voel dit om ’n Hyundia bakkie met twee bikes agterop, in gietende reën, te stoot (en dit in ‘n pas).  Seker nie....  Later stoot ons altwee, met net een wat so nou en dan die stuurwiel gryp.  Dan innie pad, dan weer met een wiel op die grond, anner een oppie pad. Scary as jy barriers langs die pad kry, want dan kan die karre nie verby, en daai pad is vrot van die lorries.  Hulle hoet jou van die pad af!  Jy hoor hulle al van ver af afgear en jou hart mis ’n klop, want niks sal van ons oorbly nie.  Kan jy glo, tot die polisie ry by ons verby. Niemand stop en vra om te help nie. Nie eens deur ons handgebare nie. Ons is nou moeg verby!! Ons hettie meer bene nie, en gee op. Nou kyk, ons het seker nou alreeds goed die helfte van die pad die bakkietjie gestoot! Toe kry ek ’n blink gedagte.......... As ‘n 800 GS die bakkietjie aan die brand kan sleep,  kan ‘n 1200 GS se batterytjie  seker die bakkietjie jumpstart. So be it. As my battery dan nou gefry word, is dit ook maar reg so. Ek het juis net voor die trip die battery vervang met ‘n upgrade aftermarket battery. Lieflik. So ’n rooie, die helfte kleiner en die helfte ligter. Ek mag seker nie hier sy naam noem nie..............Anyway, ek haal die 1200 se batterytjie uit en koppel alles met my mini jumper leads. Wragtig, daar start daai bakkietjie. DT nurse hom terwyl ek alles terugpak. Ons moet nou dringend ’n nuwe battery koop en Citrusdal is die naaste, maar dit is toemaaktyd. Ons haal die plek net toe die manne wil toemaak,maar hulle is vriendelik en help. Ons gemoed is nou hoog, want ons het nou ligte en dit raak donker.  Ons trek daar weg met ’n spoed. Gou is dit pikdonker en die Hemele gooi nogsteeds nat. Die wipers werk nogsteeds op slowmo en die ligte is tos!! Ek gooi later brights vir die aankomende verkeer, maar hulle kom dit nie eens agter nie! 8h00 daai aand land ons in die Strand tot ons vrougoed se verbasing! 11h00 uur aan 500 km!!!  Ons het natuurlik baie petrol gespaar, want ons het omtrent die helfte van die pad gestoot.  

 

Sjoe, wat ’n dag!  Sjoe, wat ’n trip. Ongelooflike ervarings!  Ek wens ek kon alles vertel, maar êrens moet ek ophou! Watter lesse het ons geleer?  Pak nog minder.  Ry met knobblies. Verwys na tip no 1 en tip no 2....moet liefs nie jou bike agterop ’n Hyundai bakkie laai nie. Verduur maar eerder die reën! Sal ons dit weer doen?  Wie sê ons is nie alreeds besig om die volgende een te beplan nie..............................................

Ek laai foto's laterLaughing

Comments

Tony's picture
Offline
Joined: 2008/08/24

Lekker lees ek nou!

Klink asof julle groot sports geahd het.

A bend in the road is not the end of the road... unless you fail to make the turn. ~Author Unknown

Leon Strauss's picture
Offline
Joined: 2014/02/12

Groot sports Tony, groot sports. My gedagte is om manne (en vroue) saam te vat op hierdie trips. Het nog so paar local toere ook wat ek wil host!

Geoff Russell's picture
Offline
Joined: 2007/09/25

Great reading, thanks Leon.

Committee: Ride Captain

Leon Strauss's picture
Offline
Joined: 2014/02/12

Thx for your comment Geoff. Must still learn to post the pics.

Mwendo's picture
Offline
Joined: 2011/04/13

Dankie vir 'n great report Leon!

Dit bevat waardevolle lesse vir almal. Die "kortpad na/van Brandberg" was nooit deel van ons planne nie maar nou kan ek dit met oortuiging vermy.

--
The only problem with hindsight, is you don't see it coming!

 
Leon Strauss's picture
Offline
Joined: 2014/02/12

Dankie vir die reply Mwendo! Hoekom vat julle nie daai kortpad nie. Ek wil graag hoor hoe ander mense dit ervaarWink

Offline
Joined: 2007/06/25

So wragtig nou het ek lekker gelees. This experience you will take to the grave.Smile

Think before you ink.

Trust is the most valuable asset.

I have the rest of my life to get old.

Leon Strauss's picture
Offline
Joined: 2014/02/12

Hi guys

Hier is 'n clip van ons Nam trip. Laat my weet wat julle dink Smile

http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=Xw3xF-ty0Z8

Leon Strauss's picture
Offline
Joined: 2014/02/12

Finally some photos..........................

 

Eerste stop by PiketbergEerste stop by Piketberg

Joe's Beerhouse of courseJoe's Beerhouse of course

Okangwati StoreOkangwati Store

Leon Strauss's picture
Offline
Joined: 2014/02/12

Epupa. Wat 'n gesigEpupa. Wat 'n gesig

Kamp by Epupa ValleKamp by Epupa Valle

Het jy die pilot gesien.......?Het jy die pilot gesien.......?


Leon Strauss's picture
Offline
Joined: 2014/02/12

Ongongo ValletjieOngongo Valletjie

Mamma, ek is moegMamma, ek is moeg

Mmmm, biltong en pastaMmmm, biltong en pasta


Leon Strauss's picture
Offline
Joined: 2014/02/12

Kamp by Aba HuabKamp by Aba Huab

Hy sit boetieHy sit boetie

En jy tel hom nie sommer net op nie,,,,,!!!!En jy tel hom nie sommer net op nie,,,,,!!!!

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14

Hi Leon

Looks like you learned on Wilddogs.  There is no restriction on the number of photos you can put in a comment.  Also, you can edit your original post and put the pictures in there. 

I "dragged" your photos into the text for you.

Committee: Webmaster / Ride Captain

Leon Strauss's picture
Offline
Joined: 2014/02/12

Nie so erg, ek pomp net bandeNie so erg, ek pomp net bande

Die mak stukkie van Landrover HillDie mak stukkie van Landrover HillBrandberg agter. 35 grade. Skep asemBrandberg agter. 35 grade. Skep asem


Leon Strauss's picture
Offline
Joined: 2014/02/12

Thx Charles!