KZN - Eastern Cape

pdpafrica's picture
Holgatpas - het so "bietjie" werk nodigHolgatpas - het so "bietjie" werk nodigOorsig Dit het begin een aand, ver van die huis, oor n bottel wyn in Lone Hill (Jhb). Maruis van die Strand en ek van Westbrook, n “one motorbike village” in KZN (30 km noord van Durban). Kom ons doen n trip, n epic. Nie lank gevat om te reel. Die plan was maklik, ek sal Saterdag van Westbrook ry na Oos Londen (oorslaap), my vrou optel by die lughawe 12h00 in PE, ontmoet Maruis, Frits en Sabrina (van Belfast in Mpumalanga wat sal treiler na Stilbaai) in Keurbooms by die Sarie Marais woonstelle wat ons goeie vriende Willy en Lutrie Viljoen van Pretoria tot ons beskiking gestel het. Van daar sal ons oor Prins Alfred pas na Uniondale ry, die Kammanassie Rivier volg na De Rust waar ons vir Noël en René van Rensburg van Riversdal sal ontmoet, dan oor die Swartberg pas na Gamkaskloof (Die Hel), oorslaap, terug uit die Gamkaskloof, links by die afdraai na Prince Albert. Van daar deur Meiringspoort terug na Uniondale, proviant koop en die pad vat. Na so 15 km regs na die Baviaanskloof. Slaap by Boetie en Henriette Terblanche in Aalwynbak grot. Vat die pad deur Baviaans en dan was die plan redelik oop totdat ek vir Magda (vroulief) weer by PE lughawe aflaai en my pad terug maak deur die Transkei na Westbrook. Soos baie mense weet is die beplanning deel van die opwinding. Ek het maar min “off road” ondervinding en besluit toe om die WEB te tref. Probeer toe eers BMW Club Eastern Cape. Baie teleurgesteld, want die laaste “Trip Report” was in 2007. Bietjie rondgekrap en moet sê die trip report van Peet en Stephan van 2005 na Sani Pas, in my wereld, was lekker om te lees. Slaan toe die BMW Club Western Cape site en en tot my groot vreugde, Baviaanskloof Trip Report Submitted by GeelKameel on 16 October 2008 - 5:51pm. Ek sou nooit hierdie report geskryf het nie as dit nie was vir die inligting wat ek hier gekry het nie. Moet sê, die Holgat Pas storie het my gat n bietjie laat bewe, maar baie meer ‘n bietjie later. Die Trip Westbrook – Port Elizabeth – 1 Bike, 1 Rider – BMW 1200 GS 2005, Top Box 39 litre ( 12 kg), BMW tank bag ( 8 kg), Metzler Tourance bande voor (50km) en agter (500 km). Km lesing 30 055. The game is on. Sat, 25 Oct 2008 – 03h00 Kan nie slaap nie, staan op, dit drizzle. Pak, trek rainsuit aan, groet, ry 6.15 vm. 5 km later maak die hemele oop en dit bly toe oop (breakfast in Kokstad – 280km) tot in Umtata (koffie – 469 km) en toe trek dit oop. Ek het vir n jaar in Umtata gebly in 1990 en baie hierdie “stretch gery. Plekke soos Mount Ayliff, Mount Frere, Idutywa en Butterworth het net vererger. Dooie diere in die pad en honderde mense en taxis wat net aangaan, no rules. Die geboue is net meer vervalle as dit moontlik is. Umtata het nog verder agteruit gegaan. Die pad van Umtata tot in Oos Londen is BIKE wêreld (wat teer aanbetref). Veral die lieflike daling af en dan weer op deur die Groot Keirivier vallei. Ek sou in Oos Londen slaap, maar ek was toe n bietjie vroeg (2.30 nm). Goeie vordering 700 km in 8 ure met ontbyt, koffie en petrol stops. Besluit toe om deur te druk na Port Alfred, maar die Shark/Blou Bul final het my gedwing om plek te kry in King Wiliams Town. Ek is eintlik n Vrystaat supporter, maar die Sharks is my home province en 2 de keuse (gebore hier). Ek het n paar lekker biere gedrink saam met die locals, ek was die enigste Umlungu (wit ou), maar dit was lekker. Rugby is GROOT in die Oos Kaap. Gaan slaap 20h00. Son, 26 Oct 2008 – 05h00 Toe ek ry kom daar n paar manne eers huistoe. Gelukkig was ek vars en die lug ook. Na 35 km kry jy die gentle Keiskammarivier pas. Lekker, julle ken die gevoel, vars lug, vars biker, goeie vooruitsigte en die (Oos) Kaap is Hollands. So rukkie later gaan jy af na die Groot-Visrivier. Ek stop. Op n rots langs die water sit n Giant King Fisher. Ek neem n foto met my cell en stuur dit vir almal om hulle jaloers te maak. Ons het al almal sulke fotos gekry en gestuur…… Op met die pas, groot Kudu horings by n jagplaas langs die pad, Grahamstown, links na Port Alfred (R67), lieflike natuurskoon. Bathurst lyk na n plek wat jy kan aftree (very arty, too touristy for me). Ek gly Port Alfred in vir die eerste keer in 46 jaar (het my eerste Rock Cod hier gevang). Die plek, soos baie, het verander. Kry toe 2 manne langs die pad, een met n Harley en die ander met n fancy BMW, reverse gear and auto main stand. Waar kan kan n man ontbyt kry vra ek? Volg ons, maar ons ry stadig sế hy, want ek is half blind. Ek join toe die manne vir n lekker breakfast op Kenton-on-Sea. Ek moes hulle name neergeskryf het. In elk geval lieflike mense, selfs geweier dat ek betaal. Baie dankie! Hoeveel mense kan sê hulle het die Port Alfred breakfast run gedoen?. Tevrede ry ek verder met die R72 (lekker pad met mooi plase) deur Alexandria. Slaan toe die groot teer (N2) en maak my weg deur lughawe toe om vir mammie op te tel. Snaaks, langs haar op die vliegtuig sit n ou wat, toe hy hoor van ons trip alerhande raad will uitgee. Sy raad – as n ding nie deure en n dakliggie het nie moet nie die Holgatpas aandurf nie. Met Geelkameel se raad vars in my geheue en die donner wat my verder op hol (no pun intended) jaag, begin iets in my agterkop vorm??. Magda kom uit met haar helmit en tank bag, ons laai en laat waai. Ek het nou al 1 keer verdwaal van PE lughawe af en maak toe weer so. Land toe op die M9 (Seaview), mooi, maar ek is toe nou al lekker dors en het nie tyd vir sightseeing nie. Voel ook nie gemaklik met die ekstra 68 kg (vrou en tank bag - versigtig) nie. Warm, eentonige pad, 2 stop starts padwerke, maar uiteindelik Keurbooms, koue bier en wag vir Marius en Frits. Magda en ek geniet n lekker middag by die local. Ons eet toe die aand lekker en kruip vroeg in. Maandag, 27 Oct 2008 – 07h45 Pak in KeurboomsPak in Keurbooms Nou is ons 3 Bikes, My GS (2 up), Fritz se GS Adventure ( 2 up) en Marius Kawasaki 650KRS (1 up). Gepak en ons is deur die Prins Alfred pas na Uniondale. Pad is grond en bietjie verspoel, maar goed oor die algemeen. Weereens een van die mooi passe. Prince Alfred PasPrince Alfred Pas Prince Alfred - Magda en my GSPrince Alfred - Magda en my GS Die Uniondale Poort (R339) was toe en ons ry toe met die N9. Marius se bike maak geluide en hy is nie gelukkig nie. Op Uniondale werk ons uit die ketting is te styf gestel. Moet nooit jou bike laat diens net voor jy op n lang trip gaan nie. Die locals sort dit toe gou uit en wil nie vergoeding hê nie. Gawe mense. Ons doen toe tee en scones by n restaurant met klein olifant beelde voor in die tuin. Donners duur! Die team in Uniondale - tee en sconesDie team in Uniondale - tee en scones Uit Uniondale draai ons links op die N9 en so 9 km verder regs op n grondpad al langs die Kammanassie rivier met die doel om via Dysselsdorp by De Rust uit te kom. Waar ons vir Noël en René sou ontmoet. Lekker goeie grondpad, maar ons mis die afdraai na Dysselsdorp en land op die N12 tussen George en Outshoorn. Pyn in die gat, want toe is dit weer teerpad tot in Outshoorn. 3 ure laat ontmoet ons vir Noël en René. Nou is ons 4 bikes (nog n Geelkameel). Ons laat spaander op met die Swartbergpas tot net voor die afdraai na Gamkaskloof en bewonder die uitsig in altwee rigtings. Bo-op Swartbergpas uitsig na die suideBo-op Swartbergpas uitsig na die suide Die volledige span bo-op SwartbergpasDie volledige span bo-op Swartbergpas Die pad vanaf die Swartberg Afdraai na Gamkaskloof is mooi, met so paar water crossings. Pasop net vir die los klippe onder die water. Westwaarts na die GamkaskloofWestwaarts na die Gamkaskloof Die laaste 8 km in die Gamkakloof in is n steil pad met baie skerp draaie. Vat dit kalm en moenie vergeet om te stop en die uitsig te waardeur nie Die Gamkakloof in die laat middag son - van oos na wesDie Gamkakloof in die laat middag son - van oos na wes 2 uur later drink ons yskoue bier saam met die donkie voor die restaurant. Hier begin ek die gevoel van n regte pas kry, los klippe in die water crossings en natuurlik daardie laaste 8 km in die vallei in, 1 ste rat en brieke. Die pad was redelik goed. Frits se GS by die bierplek in Gamkakloof (Die Hel). Die naam is totaal onvanpas, want dit is pragtig. Kyk net die groen. Die restaurant in GamkakloofDie restaurant in Gamkakloof Ons bly toe in Oupa Piet se huis, lekker gebraai en besluit toe om sommer die volgende dag te chill in die Gamkaskloof. Oorspronklike Kloower huis - ons het hier geslaapOorspronklike Kloower huis - ons het hier geslaap Dinsdag, 28 Oct 2008 – 08h00 Noël en René moes die pad terug plaas toe vat. Die res van ons besluit toe om af te loop na die Gamkarivier, so 8 km na die kantore van Cape Nature. Vrek warm en plakkies is nie beste loopskoene nie. Dis nou ekDis nou ek Interessante huisies van die Klowers, die skool en grafte van n vorige geslag is te sien langs die pad. Ek het sommer respek gekry vir die mense wat n bestaan daar teen alle odds gemaak het. Orals is daar bobbejane wat hulle “ice cream cone” vormige ontlastings in die pad los. Gamkarivier met Die Leer in die agtergrondGamkarivier met Die Leer in die agtergrond Toe ons terug kom was ons baie dors en gaan eet toe by die restaurant en suig aan n paar yskoue biere. Omdat ons nie beplan het om nog n dag te bly nie het ons maar leftovers ge-eet daardie aand met so paar homemade Gamkakloof brousels wat ons gekoop het. Biere is duur R15, maar ons het betaal sonder om te kla. Woensdag, 29 Oct 2008 – 07h45 Die gedagte aan die eerste 8 km op uit die kloof het party mense wakker gehou die vorige aand. Gelukkig het die biere my lekker laat slaap. Alles het goed gegaan tot amper bo toe ek die pad byster raak en parkeer teen n klip wal. Magda klim toe af en toe ek wou wegtrek van die wal gebeur daardie “slow motion” insident wat baie bikers goed ken. Sit voet neer, grond te ver, bike val en ek staan demoer in en kyk. Geen skade net ego so bietjie seer. Gamkakloof - op pad uitGamkakloof - op pad uit Lieflike tyd om oos in die kloof op te ry. Die son kom van voor en die mis/wolke gee n sagte lig oor die hele valei. Goed om te lewe. Sonopkoms oppad terug Swartbergpas toeSonopkoms oppad terug Swartbergpas toe Sonopkoms oppad terug Swartbergpas toeSonopkoms oppad terug Swartbergpas toe Links by die T aansluiting en stop net onder Platberg by die uitkyk punt. Hier kan jy afkyk in die kloof doer ver onder. Mens kan amper nie glo dat n pad jou van daar tot onder sal kry nie. Die pad was fantasties, die uitsig asemrowend. Iets wat almal moet sien. Swartbergpas - kloof af na Prince AlbertSwartbergpas - kloof af na Prince Albert Gou gou is ons in Prince Albert se hoofstraat by Lazy Lizard en eet een van die beste en goedkoopste ontbyte wat ek nog gehad het. Lisa was baie vriendelik en ek sal enige iemand aanraai om haar te ondersteun. Koffie, tee en sap vir 5 mense, vars gebakte brood met home made konfyt (2 soorte), 4 full Monty onbyte (eiers, bone, vleis, bacon, mushrooms) en een health breakfast (home made Yoghurt met muesli), 2 cokes en water met arbeie in vir R 270. As jy dink daardie Uniondale scones en tee het R 210 gekos, blerrie boewe. Maruis on toerleierMaruis on toerleier Lazy Lizard in Prince Albert - Best breakfast everLazy Lizard in Prince Albert - Best breakfast ever Ons vat toe die pad (teer) deur Meiringspoort na De Rust. ‘n Stop by die waterval in Meiringspoort is n moet. Die water is vervrissend vir drink en swem. Stel voor jy drink eers. Meiringspoort - watervalMeiringspoort - waterval Van De Rust terug na Uniondale (R341 en regs op R339) op teer, koop bier, wyn en whiskey en sit af na Baviaanskloof. So 15 km uit die dorp draai jy regs op n goeie grondpad, na 20 km slap links, na nog 20 km kom daar n pad links in, hou reguit aan, na 15 km sluit jy by die pad aan wat van Willowmore af kom en dan gaan jy regs af in die Baviaanskloof. Nie ver van daar op regterhand is Boetie en Henriette Terblanche se plaas. Boetie het ons op sy bakkie gelaai en ons op Aalwynbak grot toe gevat. Alwynbak grot - die viewAlwynbak grot - die view Dankie JR vir die goeie raad – “As julle in Aalwynbak se grot slaap, vrae liewer vir Boetie om julle op te vat na die grot, nogal steil met los klippe.” Gerieflik, warm water, lekker vuurmaakplek en n wonderlike uitsig. Ons het karoo lamsvleis braaipakkies en n vars brood by Henriette gekoop. Baie lekker en bekostigbaar. Drink, braai, drink, slaap. Donderdag, 30 Oct 2008 – 05h30 Die groot dag - Baviaans Word wakker na n lekker rus. Alwynbak grot - die oggendAlwynbak grot - die oggend Pak en Boetie kry ons 7.30 met die bakkie. Eet n lekker brekkie by Henriette en Boetie en sukkel om weg te kom. n Paar staaltjies later van hoe die manne al geval het op na Aalwynbak en sommer lekker gesels met sout van die aarde mense. Ons pak en groet vir Boetie hulle. Aangename mense. Frits en Sabrina draai terug na Stilbaai. Jammer om hulle te sien gaan. 9.15 vm Nou is dit Marius op sy Kawa en ek en Magda op die GS. Lieflike oggend, lekker om te lewe en die spoke van Langwater en Holgat wat knaag. Die plan is om by Patensie vol te maak en dan, afhangende van die tyd, na Steytlerville te gaan. Die eerste deel van Baviaans is plat en die groen Acasias teen die berg is groener as die groen wat ek in Natal ken. Baviaankloof net voor die wildernisgebiedBaviaankloof net voor die wildernisgebied Angstig om by die wildernisgebied te kom het ek goeie raad ge-ignoreer en te vinnig gery. Nou spyt. Jammer Andyman, sy raad was “ Moenie deur haas nie, maak maar liewer baie tyd beskikbaar vir die Baviaans, 'n mens wandel daardeur” Moenie Baviaans in een dag doen nie!! Daar is te veel om te sien. Dit is seker onervaring, ek wou gaan afreken met my spoke. Die natuur, die alleenwees, die strome, kranse, koedoekoeie wat na jou kyk – mens moet dit beleef, want my skrywe kan dit nie beskryf. Andyman, ek het hard gesoek vir die renoster, nie eers n spoor of mis nie. Baviaanskloof net voor GrasnekpasBaviaanskloof net voor Grasnekpas Oor Grasnek, pragtig en ek en Magda leer met elke meter wat ons ry. Grasnekpas - 11.04 vmGrasnekpas - 11.04 vm Eindelik, spook nommer een, die langwater soos die ou by die hek dit noem. Hy het my verseker die langwater was nie meer daar nie. Hy het ook die goeie raad van gebruik die noorde kant van die crossing weerspreek. Hou regs was sy raad. Moenie die d**s glo nie Die langwater was daar. Skoene uit, Magda links Marius regs. Marius was so halfpad toe sluk die water hom in. Langwater - loop en toets maar die stukkie - 11.35 vmLangwater - loop en toets maar die stukkie - 11.35 vm So hou aan die Noorde kant, links as jy van Willowmore se kant af kom. Toe ons daar deur was het die water net so onder die knieg geloop en daar was n breuk (3m) tussen die eerste en tweede water. Die tweede water het nie klippe nie, maar daardie eerste donner is n ander jakkals. Eerste spook (langwater) is suksesvol mee afgerekenEerste spook (langwater) is suksesvol mee afgereken Sopnat voete struik ons aan, van hier raak die pad slegter en jy het so paar tricky, kort water crossings, eerste rat, point, go. Ek het nie besef ek is op die Holgat voor ek halfpad op was nie. Van hier was dit eerste rat, point, bid en go. Dit was warm, ek het gesweet en eindelik so net voor die einde was daar n Land Rover (kan jy glo?) by so sement crossing waar Marius vir ons gewag het. Ek vra toe vir Magda of sy wil Land Rover ry. Nee! Holgatpas - het so "bietjie" werk nodigHolgatpas - het so "bietjie" werk nodig Ons drink toe n bietjie water en laat spat. Ek was so bly om spook nommer 2 op sy moer te gee dat ek nie die kabelspoor gesien het nie. Ongelukkig het n klip my voetrem geslaan en die hele hefboom gebuig en die “link” tussen die hefboom en master cylinder gebreuk met die pad op. Te swaar gewees? Miskien die “damper” meer opstel volgende keer as jy 2 up deur die pas gaan? Nou moes ek af met Combrink sonder agter rem en “emergency” op die voor rem. Nie lekker op los klippe met net n voor rem. Eindelik kry ons vir Marius by Poorties. Ek sê vir Marius, nou is dit net Combrinks, minwetend ek is so pas af met Combrinks sonder agter remme. Van daar is die pad mooi, net baie sinkplaat. Ons is deur.. nie een val nie. Nie een keer gestaan nie..? Wel gedaan Magda. Op Patensie, by Tolbos, help n baie vriendelike en aantreklike dame ons om nommers te kry om my rem probleem uit te sorteer. Weereens ek moes haar naam gevra het. Baie dankie vir jou gasvryheid en hulp. Daar gaan ons Steytlerville trip. Ek “override” toe die diagnostics deur die sensor te"override" as ek die bike aanskakel en ek het ten minste ABS op die voorbriek. Ons skiet toe Jeffreys Baai toe, waar Phillip en Grace, wat 26 jaar gelede saam met Marius en ek in n “commune” in Pretoria gebly het n restaurant het. Die Walskipper by Clapton’s Beach. Ek was baie verbaas toe Grace ons herken, vol bier maak en hulle bied toe sommer onmiddelik hulle gastehuis aan vir ons. Wonderlike mense en ‘n wonderlike plek. Marius en Grace - n lekker aandMarius en Grace - n lekker aand Daardie aand het ons gefees, Phillip en Grace het kreef, prawns, vis, calimari, mossels, 5 bottels Beyerskloof Pinotage, n bottel Rose’ en n bottel Bells daar aangebring en ons het opgevang oor wat in 26 jaar gebeur het. Dank die hemel vir daardie klip wat my rem gebreek het. ‘n Fantastiese einde vir n fantastiese trip deur die Baviaans. Phillip en Grace en ek en Magda - fotograaf is bietjie onduidelikPhillip en Grace en ek en Magda - fotograaf is bietjie onduidelik Vrydag, 31 Oct 2008 – ??h?? ‘n Kopseer wat die moeite werd was. Sal hom nooit veruil vit enige iets anders. Grace bel en nooi ons vir ontbyt. Gaan die gasvryheid nooit ophou? Pak, opsaal en eet baie lekker by hulle fantastiese grasdakhuis op die strand. Die twee het n merk in die lewe gemaak, maar so plat op die aarde soos ons mense. Tyd stap aan, groet, Marius vat die pad Kaap toe en ek en Magda gaan presente vir die kinders koop by Billabong in Jeffreys. Van daar, ‘n bietjie wyser oor die stop-start padwerke vat ons die ou pad. 12h00 laai ek vir Magda af in PE. Sit n cable tie op die sensor en vat die pad Oos Londen toe. Voet in die hoek. Teerpad. Great Fish, Keiskamma, King, EL, en slaap oor op Cintsa in n skoon plek en eet n lekker steak. Saterdag, 1 Nov 2008 Gepak (05h25), en vat die pad. Cintsa - noord van Oos London, laaste been huistoeCintsa - noord van Oos London, laaste been huistoe Sien uit na die Keirivier op en af. Nou is dit net kop af en huistoe. Umtata, gooi petrol, koud, mis. K*k plek. Toe begin die reen weer. Gatvol stop nie eers vir die rainsuit nie. Mt Frere, mis, kan nie 5 m voor jou sien nie, trokke en alles wat die Transkei na jou kan gooi. Dit klaar op en toe ek oor die pas kom by Kokstad (09h11) is dit n pragtige dag, vars, skoon, helder. Kokstad - pragtige verwelkoming terug in KZNKokstad - pragtige verwelkoming terug in KZN Lekker om te lewe. Ontbyt en vat die pad. By Harding begin dit weer ernstig reen. By die tol klim ek op die N2 (11h15), bel my vrou. Die son skyn in Westbrook 100 km verder. Ek ry daardie dodelike N2 swart teerpad, moeg. Die reen hou op, die verkeer raak erger. Goeie dinge kom tot op n einde. 14h00 Westbrook, by die huis. Fantasties. ‘n Onvergeetlike ondervinding. Magda, nie meer onervareMagda, nie meer onervare Spesiale dank aan Magda, my vrou, wat met 20km grondpad ondervinding onder haar gat hierdie “epic” aangedurf het en die vertroue wat sy in my gestel het. Geen gekerm. Geen niks! Nou gaan ek sukkel om alleen te gaan ry en sy gaan sukkel om ooit n groter tas as n “Tankbag” saam op vakansie te vat. Dankie aan my broek, een week geen was (kyk hoe styf staan hy) Stokstywe broekStokstywe broek Baie dankie aan die manne van BMW Club Western Cape vir julle goeie raad (Geelkameel, JR, Andyman), party wat ek ge-ignoreer het tot my spyt. Dankie Mars vir die reelings, Frits, Sabrina, Noël en René vir die samesyn. Phillip en Grace vir die gasvryheid in Jeffreys en Willy en Lutrie vir julle plek in Keurbooms. Terug by die huis Die Indiese oseaan en my skoeneDie Indiese oseaan en my skoene Baie mense sal dink ons was gelukkig om nie meer probleme te he nie, ons was. Nie sleg vir n klomp ballies almal oor 50 nie. Dankie liewe Heer vir die skepping en die veilige toer daar deur. Groete Pieter du Plooy

Comments

Freakonaleash's picture
Offline
Joined: 2007/06/19
Great tripreport Pieter, nicely written, I really enjoyed reading it. I RIDE THEREFORE I AM!
n/a
PeterO's picture
Offline
Joined: 2007/09/11
Thoroughly enjoyable read. Thanks for sharing it. I shall avoid tea and scones if there are elephants in the garden! ''If you can dream it you can do it!''

If you can dream it you can do it!

Geoff Russell's picture
Offline
Joined: 2007/09/25
What a great experience!!

Committee: Ride Captain

Daniel Nelson's picture
Offline
Joined: 2008/02/08
Nice ride. Lets Ride!!!
n/a