Kleinplasie

Soos dit winter raak raak my ry ook al minder, want ek is glad nie n winter mens nie omrede in die somer kan jy vir jou ligter aan trek maar as jy n lyf het soos ek kan jy hom nie dukker aan trek nie.  Mens lyk later soos n oorryste Muffin wat in n cupcake pannietjie gebak is.

So word Wouter se ride geadverteer en dit lyk baie aanloklik.  Ek wou nog altyd kleinplasie besoek het en eintlik is dit n skande as jy op Ashton groot geword het en nog glad nie daar was nie en tog so baie deur Worcester gereis het en nog steeds doen.

Cool, ek gaan die ride doen, maar dit is bitter vroeg! Worcester is net anderkant die berg, gaan ons via Beaufort wes?  Ek bel my  ry maatjie (Marius Mouton) en dit nie baie oortuiging gekos nie hy kry my soos gewoonlik  langs die pad en wonder bo wonder staan ek vanaf 06h15 en wag vir hom, reg vir die ride.

Heerlik koffie gedrink by Donfords met n beskuitjie danksy oom John se gas vryheid.  Terwyl mens maar so staan en gesels vang my oë die interressante koffie pakkies  wat tekry is by Donfords  dit nog een vir een probeer.

Ons het weg getrek met 19 Fietse en paar pillions, vanaf Stellenbosch oor Helshoogte lings by Simondium na die Paarl en vandaar n kort entjie op die N1 oor du Toitskloofpas, gestop by die Lodge om weer almal by mekaar tekry maar iewers langs die pad het van ons mede ryers nie mooi opgelet nie, en ander pad gery. Die aanwysings is baie mooi en duidelik vir ons gegee, so toe ons Worcester van n ander kant af inkom he tons maar by mekaar probeer bly en het al die bakens duideliker geword.  By die Stop wat ons moet regs draai vir Kleinplasie het iemand met sy pillion mooi stadig om getip, en ek haal my hoed vir haar af dat sy dit so mooi en stylvol hanteer het, want ek sou verder geloop het. 

n Hartlike verwelkoming het ons ingewag by kleinplasie. En die verlorenes het by ons aan gesluit!

Wat n mooi paadjie

Vang n bietjie die son met n lekker koppie koffie en luister na van die stories vertel deur die Grootbaas (Kannie sy naam onthou nie)

Die handskrif het Mnr Winterbach met sy diamand ring 200jr gelede op die glas geskryf en dit is nog steeds in die venster

 Die Grootbaas het vir ons die geskiedenis van kleinplasie vertel en daarna het hy gereel vir n Witblits proe.

Die ontbyt was uit die boonste rak en beslis die waarde werd.

Vandaar is ons na die Kuns Gallery waar die proe ook gedoen is.  Almal staan maar en kyk eers wie gaan eerste proe.  Ek wat glad nie sulke goed drink nie staan eerste en proe die coffee liquer (40% alcohol), mense dit is lekker ek sommer 2 glasies geneem en toe begin die mense proe., ek besluit maar ek moet van die regte witblits ook proe en begin met die Pruim, o hel hy het my keel gebrand dat ek n kriewel in die keel gehad en gehoes het tot in die kaap.

Van die ryers het n grondpad aan gedurf terwyl ek en Marius die roete direk terug gevat het huis toe.

 

Baie Dankie Woutie vir n heerlike dag vol happiness