Karoo Kinkels

Matewis's picture

Soos julle reeds gelees het uit die vorige blog – Weskus Hokkie Weskus Hemel was die trippie na Die Hel reeds in wording en eintlik klaar beplan. Verblyf was effe van ‘n issue maar die stofpad gode het gekyk na ons en dinge so laat uitwerk soos ek oorspronklik wou ry.

Van die begin af het 5 man vasgemaak, en 3 moes nog toestemming by die regering(pantoffel), die werk, of die bankbestuurder kry. Dus was ons ‘n vyfmanskap. Ek, Spykerkuif, Hommel, Wikkels en Callievallie. Zack het onder groepsdruk geswig en sommer sy geld ook betaal. En toe word ons 6. Almal het sommer dadelik hulle gelde oorbetaal en die plekke is almal betaal en bevestig. Die roete het in die aanloop so 2 keer verander en actually langer geraak as wat oorspronklik beplan is. Als moes reg wees. Pannier racks en self-opblaasmatrasse is ingevoer uit Port Elizabeth, spotlights is aangesit op fiets, nuwe bande is gekoop en oorgetrek. Fietse is gediens, remme vervang als in afwagting op die naweek van die 29ste April.

VLNR: Hommel, Kat(Ek), Spykerkuif, Sak, Callie, Wikkels

Daar is besluit ons moet ‘n braai hou. Sodat almal weet wat om te vat en sodat ons nie dupliseer nie. Spasie is beperk en elkeen wil net die nodige saamry. Vrydag aand 8 April kom ons almal toe bymekaar vir ‘n braaitjie met ‘n slaaitjie. Spykerkuif het die manne almal ontmoet, vrouens het in die kombuis vergader en die kinders het die hele werf vol baljaar. Lang storie kort het ons so lekker gebraai dat ons teen 2:15 die volgende oggend nog steeds nie eintlik oor die benodighede vir die trip gepraat het nie. Almal die volgende dag die GS Trophy challenge gaan kyk het by Zone 7. Ons almal was dit eens dat ons een ding weet. Elkeen ry met sy eie fiets. Dis nou vroeg Sondag-oggend 17 April soos ek hier sit en skryf. Ons weet nog steeds nie wie vat wat nie. Whatsapp sal maar later ingespan word om gou die ou dingetjies te reel

Nou kyk, as ‘n man al 3 weke voor ‘n trip sy fiets so pak dan is hy lus vir ry. Of hoe Spykerkuif??
Ons het gou ‘n bymekaarkoms gereël by Kriges en net die laaste fynere detail bespreek. Met elkeen wat weet wat hulle moet bring is ons uitmekaar en het die dae begin aftel tot Vrydag. Ek was in die bevoorregte posisie om van die Woensdag al af te wees en het bietjie dinge rondom die huis gedoen en so stadig my fiets begin pak. Die idee was om Donderdag middag deur te ry Worcester toe, vinnige koffie by my ouers en dan deur na Spykerkuif waar ek die aand sou oorslaap.

Daar was ‘n ernstige weather-warning uit vir swaar reën en wind en selfs sneeu op die hoërliggende dele. Ek het die weer angstig dopgehou en sommer by voorbaat al my bagasie in swartsakke gesit. Die aluminium saalsakke is ‘n redelike duur uitstappie en moet nog aangepak word. Ek het vir Chantelle gegroet en in die pad geval. Witvos gou vol petrol gestamp en die stuk ingesit Worcester toe. Pas oor. Net so aan die begin van die pas kom ek agter Witvos se flikkerligte is dood. Asook die spotlights en my dashboard ligte. Ek het maar vandaar ernstig die regteroor gedraai sodat ek nog gou by my ouerhuis die tenk kon afhaal en kyk wat fout is. By die huis gekom was dit 5 minute toe is Witvos se tenk af en al die drade en plugs ensovoorts op hande om gou te kyk wat is fout. Pa het ‘n multimeter uitgepluk en begin lesings vat. Moet sê dis een ding wat ek love van my 1150, hulle is BAIE maklik om aan te werk en jy kan met min moeite by als uitkom.

Ek het onlangs aangesluit by ‘n nuwe groep manne wat ook almal 1150’s ry. Een vragie en 2 antwoorde later het ek die fout gekry. Gotta love the 1150 Owners group!!  Vinnige trippie Autozone toe, R97 en ‘n nuwe relay verder is Witvos weer belig soos ‘n vliegtuig wat kom land. Ek het een van moeder se befaamde panbroodjies gehap, lekker rustig koffie sit en drink en gou bietjie opgevang. Skuins voor 6 het ek gegroet en die kort rit gevat na Spykerkuif. Die weer het ernstig begin opsteek en die wind het ook baie opgetel. Ek en Spyker het lekker vuurtjie aangesteek en ‘n Kapteintjie genuttig soos ons gebruik nou al geraak het as ons saamkuier. Robert (Old School Biker) het ook ingeloer en kom hallo sê.

Ons het ‘n lekker worsie gebraai vir hotdogs en so met die braai saam het die druppels begin val. Ek sit en hou al vir ‘n maand lank die weer dop en het geweet hierdie gaan ‘n groot storm wees maar hy gaan vinnig oor wees. Ek het die manne mentally voorberei op ‘n nat Vrydag op die fietse asook redelik wind.

Deur die loop van die nag het ek maar min geslaap. Dis gewoonlik so voor ek ‘n trip aanpak maar met die weer wat so goor gelyk het was ek net nog meer on edge. 3 Manne, Zack(Sak), Carel(Callievallie), en Wikus(Wikkels) moes die volgende oggend 5:00 uit die Kaap ry.

Skuins voor 5 het die foon begin mal gaan met boodskappe en jaloerse manne wat laat weet ons moet dit geniet ensovoorts. Die manne was oppad en ek en Spyker het ons eerste beker koffie deurgewerk. Die manne het almal veilig arriveer.

Almal behalwe Hommel. So teen 6:33 kry ons ‘n boodskappie. Ek ry nou. Net na 7:00 bel ek vir Hommel. Hy is nou in Villiersdorp.

Met die dat ons wou wegtrek by Spykerkuif wil Sak se fiets nie start nie. Gou jumper kabels uitgehaal en daar dreun die ou weer.  Ons het afgesit Laerskool Worcester Oos toe. My alma mater en ‘n skool waarheen ek tot vandag toe nog gereeld teruggaan. My moeder is ‘n Graad R onderwyseres daar en hulle tema vir die week was beskermende klere.  Ons het bietjie ons klere vir die kinders gaan wys sodat hulle eerstehands kon sien en voel hoe ons aantrek.

Hommel het met groot gejuig ook die pad gevind tot by ons en het toe sommer ingestaan sodat die kinders kan sien hoe lyk iemand met al hulle klere aan.

Intussen is daar besluit Sak se skoeter kort ‘n nuwe battery. Goukyk toe is die ou battery uit en my pa en Sak oppad om ‘n nuwe pas-aangeeër vir die fiets te soek.

Soos julle kan sien kyk Sak se vrou mooi na sy vel. Nivea for men nogal!!

Kinders het intussen na ‘n fotosessie weer hasepad gekies terug klassies toe en my ma het koffie aangedra om bietjie die koue te verjaag. Sak en my pa het teruggekom en so gou soos nou het die fiets weer gedreun. Die ooppad het ons almal geroep en ons het padgevat rigting Matjiesfontein. Net buite Worcester het die reën so saggies begin uitsak. Van bo-op Hexrivier pas was dit aansienlik harder tot in Touwsrivier. Hier was reeds ‘n paar fietse onder die skadu-nette ingetrek en ons het gou die tenke vol petrol gemaak.

Van Touwsrivier af het ons BITTER swaar gery. Dit het sommer ernstig gereën en die pad was baie besig. Wat dit erger gemaak het is die trokke. Die risiko om verby te steek verdriedubbel as gevolg van die sproei wat die trokke se wiele opgooi.  Matjiesfontein se afdraai kon nie gou genoeg opduik nie.

Op Matjiesfontein het ons ‘n welverdiende koppie koffie gesoek. Die koffie raak toe sommer 6 cappucinos. Iemand bespeur toe ‘n biltong broodjie en dit raak toe 6 biltongbroodjies. Dit sou die verloop van die naweek geword het. WANT. Ons is mos maklike mense.

In die reën het ons arriveer, in die reën het ons vertrek. Van Matjiesfontein noord in die rigting van Sutherland het ons omtrent konstant teen ‘n FRIS wind gery wat gepaardgaan met reën. Van voor. Ons het op ongeveer 10km van die hele stuk pad tussen Matjiesfontein en Sutherland nie reën gehad nie. Met ons aankoms op Sutherland het ons sommer direk petrolpompe toe gery en volgemaak. Witvos se petrolverbruik is normaalweg rondom 17km/l, hierdie wind/reen episode het my te staan gebring op 14.62km/l.

Wat is ‘n besoek aan Sutherland dan nou sonder ‘n besoek aan die hotel. In die hotel het ek sommer dadelik tuis gevoel. Die bar in die hotel duidelik deel van my gemaksone as mens na sy naam kyk.

Na ‘n lekker Kaptein en Coke het ons Sutherland vaarwel geroep. Volgende bestemming Merweville.

Oppad na Merweville het ons grondpad gevolg. Aanvanklik was niemand vreeslik opgewonde om bande af te blaas nie en ek het sommer voorgevat en gery. Daar het so regte fyn Kaapse reentjie uitgesak. Net genoeg om jou gesig nat te maak as jou visor oop is, net te min om die water te laat afloop as jou visor toe is. Dit het die ryery bemoeilik. Ons het toe die reën skietgee gestop en toe word daar bande afgeblaas.

Ons is Rammelkop pas in die reën af en ek moet sê dis nogal iets om te beleef. Aan die onderkant van die pas het ons net gestop om weer te regroup. Ek het al staande aangery gekom, gestop, steeds staande(fout nommer 1) en die handvatsels ‘n aks na regs gedraai(Fout nommer 2). Witvos het liggies na regs gekantel ek het gou wydsbeen my voete geplant gekry en die fiets probeer regop hou. Nou 250kg kan jy net vir so lank ophou. Ek het boedel oorgegee en Witvos so sag moontlik laat val en gespring. Witvos het mooi op sy sy gaan lê(dankie vir crashbars). Voordat die kameras nog uit was het Spykerkuif my alweer gehelp om hom op sy wiele te kry. Ek was die eerste casualty vir die naweek.

Die res van die rit het sonder voorval verloop tot in Merweville.

Merweville was eintlik vir my nogal ‘n hoogtepunt aangesien ek die tv-reeks Die Boekklub slaafs gevolg het. Ongelukkig met die weer het ons nie vreeslik tyd in Merweville spandeer nie. Ek wil defnitief teruggaan en sommer een aand in die dorp oorslaap en verken. Dis nogal ‘n mooi klein dorpie en die kerk is prominent soos in amper enige Karoodorpie. Ons het voor die kerk stilgehou vir ‘n vinnige foto-sessie.

By die kerk is daar ‘n oorgang oor die kanaaltjie vir voetgangers. Sak het die voortou geneem en het sommer hier oorgery. Ek het gevolg en Hommel het besluit hy kan nie agterbly nie. MAAR. Hy het vergeet van sy panniers. Daar was ‘n dowwe knal en Hommel het sy linkerkantste pannier bietjie karakter gegee. Gelukkig was daar geen ander skade nie. Die plan was om grondpad langs te ry tot by Leeu-Gamka. Tyd het ons ingehaal en ons moes maar die teerpad vat tot by Prins Albertweg. Vandaar was dit reguit Leeu-Gamka toe om die nodige koeldrank ens te kry vir die aand. Ons is weer terug in die rigting van Prins Albertweg en het die Kruidfontein afrit gevat Abrahamskraal toe.

Vriende van my ouers besit Abrahamskraal en het dit omskep in een van die mooiste trou venues en ‘n prag gasteplaas. Een ding van die Karoo, maak nie saak waar jy jou bevind nie, die agtergrond is die perfekte backdrop vir ‘n mooi foto. Met die aankom op die werf het oom Johan sommer aangestap gekom. Ek het sommer dadelik tuis gevoel toe ek gegroet word met sy kenmerkende stewige handdruk en hy wat altyd sê: “Matthee, welkom hier by ons”.  Die manne het hulself sommer voorgestel en oom Johan het ons sommer gaan wys waar ons kampplek vir die nag is.

Om als in perspektief te bring het ek sommer paar fotos ingesit van hoe Abrahamskraal gelyk het 7 jaar terug. Ek het met skok verneem die laaste keer wat ek op die plaas was, was met my pa se 60ste verjaarsdag.

EENDAG, sal ek my eie karoo huisie hê

Bo die einste saaltjie waarin ons geslaap het

Saaltjie van buite

Ons het van lank voordat daar enige sprake was van ‘n gastehuis gereeld naweke hier op die plaas kom spandeer. Toe was daar geen krag, warmwater het gekom van ‘n donkie buite die huis en kerse vir lig. As kind het ek geleef vir hierdie naweke, want daar is skaap gewerk, gebraai en teiken geskiet. Hopelik kan ek eendag my kind dieselfde bied en so in die natuur grootmaak.

Oom Johan het gedagte gekry en gese as ons wil kan ons sommer in die saaltjie slaap, dan hoef ons nie tente op te slaan nie. Hierdie was ‘n heavensent en almal het sommer dadelik ingestem. Ons is die saaltjie gewys en die manne het sommer vinnig begin afsaal. Ek het vir tannie Hestie raakgeloop en eers bietjie gesels. Haar seun Dihan en sy verloofde saam met die toekomstige skoonfamilie het na die trou-venue kom kyk.

Een ding wat ek van my ma geerf het is die feit dat jy eerste sukkel om jou slaapplek reg te kry. Sy, en so ook my ouma het altyd gesê: “My kind, voordat jy enige iets doen, sorg dat jou kooigoed reg is.”

Ons het vooraf met tannie Hestie gereel vir ietsie vir die binneste en allamapstieks. Was dit nou ‘n lekker affere! Lekker dikgesnyde skaaptjops, boerewors, aartappelslaai, wortelslaai en natuurlik roosterkoek!! Ons klere was goed nat en wat is dan nou beter om klere droog te maak as ‘n lekker vuur. Spykerkuif het vir ons die chops meesterlik gebraai en ons het soos konings geeet. Na ‘n laaste koffietjie het ons gaan inkruip. As ek so na die snorkery geluister het, het almal van hulle motorfietse gedroom en dreungeluidjies gemaak. Sommige van die manne met free-flow pype en ander met standaard uitlaatpyp.

Na ‘n goeie nagrus en lekker oggend koffie het ons so stelselmatig begin oppak. Die aanvanklik plan was om Meiringspoort te gaan ry Saterdag oggend maar deur die loop van die aand se braai het dit verander. Ons gaan Prins Albert bietjie verken en so ligte rusdaggie vat. In retrospek ‘n baie goeie besluit aangesien ons dan die slaghuis nie oop sou kry nie. Met die oppak het ons besluit om so laaste foto by Abrahamskraal se oorspronklike hek te neem. Nou die hek het ‘n baie unieke storie. In die verloop van elke troue wat op die plaas gehou word, gaan die paartjie en hang ‘n slot met hulle name en die datum op die hek. Indien daar kinders gebore word en hulle kom dan weer op die plaas word daar ‘n klein slotjie aan hulle slot gehang.

Die pad Prins Albert toe het gevoel soos teerpad. En ai, daai lekker walle so entjie voor die dorp. kan mos ‘n fietsie so effe airborne maak!!

In die dorp het ons eers so draai deur die dorp gery en toe besluit op die Coffee Shop langs die Hotel.

Aanvanklik kon niemand eintlik tot ‘n besluit kom oor wat hulle wil eet nie. Wikkels het prontuit gesê hy eet omelet. Op die ou einde van die dag, eet al 6 toe omelet, en al 6 cappucino!

Wikkels was so bevoorreg om in ‘n Kokkedoor bord bedien te word.

Reg oorkant die Coffee Shop het ek die bordjie Soetkaroo bespeur. Ek het voor die tyd gaan oplees oor goed om te doen in Prins Albert. Soetkaroo proe was hoog op die lys en ek moet sê dit is verseker ‘n stop werd.

Ons het gou gaan uitvind oor die proe-tye en vandaar ‘n draai gaan maak by die mini-olyffees op die skougronde. Ons is terug Soetkaroo toe en daar het ons sommer lekker wyn geproe.

En so bietjie vrae gevra en meer geleer oor hierdie besonderse wyne. Ons het opslag ‘n bottel van Suzie se soetes gekoop want ons het geweet die Hel gaan koud wees. Ons het die motorfietse sommer net daar gelos en oor die pad gestap slaghuis toe. Ons het net gery toe ek nog ‘n 1150 bespeur. Dis manne wat op die 1150 Owners groep is. Ek het sommer net daar gestop en gaan bladskud. Eers bietjie gesels en toe kom gesels al die manne. Die arme manne is amper in die donker in die Hel af en Baviaans ook in die donker gery.  Was lekker om slag ‘n gesig by die naam te kon sit!

Die slaghuis was ‘n byenes van bedrywigheid. En net soos ek hou van ‘n plattelandse slaghuis. Klein en persoonlike aandag. Ons wou 6 T-bones hv maar met die fietsry die naweek op die dorp was die T-bene uitverkoop en daar het nog een so 4cm dik agter op die tafel gelê. Die manne het toe maar besluit op Rump. Ek het dwarsgetrek en gese ek soek daai T-bone. Nou ja ons het die steaks mooi gaan wegpak in ons fietse en gou na die plaaslike grocer gery. Moet sê dit was ‘n redelike teleurstelling. Geen brood, geen aartappels, geen uie, geen mushrooms. Needless to say eet ek nie steak sonder mushroomsous nie. 4 blikkies creamed mushrooms later was ons geholpe. Enigste probleem was geen kardoesies nie!! Zack en Carel het toe sommer gou plan gemaak met lekker pastaslaai wat ons van die rak af gekoop het. Cokes is in 1liter bottels gekoop aangesien dit baie makliker in gaatjies gepak kan word. Daar is gou plek gemaak op die fietse vir die kos.

Ons moes een laaste stop maak. Die Bushpub.

Een dop later het die berg geroep. Swartberg. Ons het koers gekies uit die dorp. Die fietsry was nog aan die gang en ons is gewaarsku dat ons maar moet op die uitkyk wees vir fietsryers wat berg-af kom.

Vir enige persoon wat nog nie die Swartberg pas gery het nie, is die eerste keer op ‘n motorfiets deur die pas intimiderend om die minste te sê. Ek is al met ‘n kar oor die pas, en op ‘n stofskoeter kom mens eintlik eers agter hoe baie jy mis. ‘n Motorfiets het geen dak wat jou uitsig belemmer nie. Deur die eerste waterdriffie het ons eers gestop. Soos mens dieper inry is dit asof ‘n wonderwêreld rondom jou ontvou en die berge letterlik oopskuif om jou in te laat in sy diepste donkerste geheime.

Die rotsformasies in die pas is werklik iets besonders. Ek sal nog weer deur die pas wil gaan teen ‘n nog stadiger spoed. Ons het so sporadies gestop op draaie waar mens mooi ver kan sien en mooi fotos kan neem. Groot was almal se verbasing toe ons ‘n frikkie oppad af teen die pas raakloop. MET ‘n RESIESFIETS!!! Offroad bande opgesit en die man pak wêreld!

Oppad na die draaipunt was daar paar lekker hobbels en wat is dan nou lekkerder as om die oor so bietjie te draai as jy oor ‘n hobbel gaan. Al staande vind ek toe uit 3de rat en ‘n handvol regteroor op die regte tyd laat Witvos sy neus optel oor die hobbels en dan sit jy hom later weer sagkuns neer. MAN toe raak dit lekker. Ons het die boonste punt van die pas bereid waar ons moet wegdraai na Gamkaskloof, of soos dit beter bekend staan. Die Hel.

KAAPSE KLOPSE HET NIKS OP MY NIE!

Hier het ek my fiets amper vir die 2de keer neergesit.Met die reen was die grond baie sag. Ek klim rustig af en daar voel ek die fiets agtervolg my! Balanseer hom mooi op sy sidestand en toe kos dit alle krag om hom terug te druk op sy wiele! In die momentum het ek hom sommer vorentoe ook gestoot en seker gemaak hy staan op stewige aarde. Bietjie op in die pad was daar ook ‘n groep bikers. Ons het opgesaal en die rit in na Gamkaskloof het begin.

Die eerste gedeelte is bitter klipperig en ons het ‘n paar manne op fietse raakgeloop oppad in die Hel in!! Al trappende. Respek vir die manne en dame. Dit wil gedoen wees. Ons het agfetrek en die ander groep bikers laat verbygaan. Meestal 1200’s.

Met die stop het Spykerkuif gesien die een Coke op Sak se fiets spuit ‘n straal. Die hakkie het deurgeskuur en gemaak dat die bottel lek. Daar is ‘n paar watercrossings en ons almal is relatief maklik deur hulle.

Op die laaste draai voor die laaste sak tot in Die Hel het ons gestop. Dis ‘n goeie uitkykpunt oor die vallei asook om te sien of daar enige voertuie oppad uit is. Daar het ‘n V8 Diesel Cruiser teen die bult uitgekom en gestop. Ons gesê daar is nog ‘n paar karre oppad. Nou kyk, min dinge laat my hart vinniger klop. Maar daai Cruiser?? SJOE. Eendag.

Terwyl ons wag het ons die tyd gebruik vir ‘n paar fotos.

Met die laaste voertuig verby het ons die kort en vinnige sak na die Hel gevat. Hierdie is regtig nerve-racking en prentjie-mooi terselfdertyd met kort draaie. Dis seker nog die langste wat my fiets konstant in 1ste rat gery het. Maar dit is hierdie pas se geheim. Haak eerste en vergeet van konstant rem. Laat die fiets se engine jou terughou. Gou-gou was ons by die ingang na Die Hel. Ons was effe onseker oor waarheen maar het sommer gou op die bord by die ingang gesien waar ons moet wees.

Ons het die kaart een kyk gegee en besluit om almal ‘n rigting in te ry en bietjie te verken tot een van ons ‘n geskikte kampplek kry. Ons almal het op ‘n kol by een plek gedraai. Sak het die draai nie so lekker gemaak nie en daar lê sy fiets op sy sy. Hommel wil toe ook gaan inspeksie doen. En toe eindig hy so op.