Geleende Tyd*

carelvdmerwe's picture

Dis met ‘n swaar gemoed  en 'n hartseer hart dat ek die trip report skryf. Gister het ek ‘n boodskap ontvang van my goeie vriend en mede klub lid, Shaun Stassen, dat sy pa in ‘n noodlottige ongeluk met ‘n bus betrokke was.

Ek het toe net weereens  besef dat ons tyd op aarde ”Geleende Tyd” is en dat ons nie ‘n keuse het wanneer ons uur-glasie gaan leegloop nie. Ons tyd op aarde is ‘n vooreg en nie ‘n reg nie.

Ek wil net hier ook weereens aan Shaun en sy famlie sterkte toewens in hierdie hartseer tydperk van julle lewens.

Soos julle almal seker al weet kom sekere mense in jou lewe en jy besef net dadelik dat daar ‘n goeie vriendskaplike band tussen julle is. Shaun was een van daai mense  gewees. Ons het mekaar erens in 2013 op een van Eric se “Members choice breakfast rides” by die BMW Klub ontmoet en ons het net dadelik “ge-click”. Intussen het ons al baie avonture en bike trippies saam beleef.

Laas jaar erens vra Shaun my of ek nie een Saterdag saam met hom ‘n draai wil gaan ry met die motorfietse nie. Soos altyd is ek mos maar gewillig om te gaan oor draai, stof te gaan maak, nuwe paaie en plekke te verken en om tyd saam met vriende te spandeer. Ons het rigting van die Swartland ingeslaan en die agterpaaidjies van Malmesbury, Porterville, Piketberg ens gaan aandurf.

Ons het by ‘n restaurantjie in Porterville gestop vir middag ete. En tot my groot verbasing het Shaun my die groot vraag gevra, en nee, dit was nie daai GROOT VRAAG gewees nie. Daai vraag het hy darem al ‘n tydjie terug vir Sune gevra en gelukkig het sy  vir hom“JA” gesê. Hy vra my toe “Buddy, sal jy my bestman op my troue wees?”. Vir my was ‘n groot eer en voorreg gewees dat hy my dit gevra het en ek het ingestem.

Ek wil nou nie die storie onnodig langdradig maak nie en ek sal prober om dit so kort as moontlik te hou. Soos julle weet is dit mos die “bestman” se taak om ‘n bachelours vir die toekomstige bruidegom te reël. Daar was toe besluit dat daar eerder ‘n “His and Hers” party vir Shaun en Sune gesamentlik gehou gaan word. Dis toe dat dit my byval dat Shaun eendag aan my genoem het dat hy nog graag op ‘n bike trippie saam met sy pa wil gaan.  Vir ‘n groot deel van sy lewe was sy pa nie veel betrokke met hulle gewees nie.Dis toe dat my gedagtes begin rol oor hoe ek daai wens van hom kan help bewaarheid.

Ek het toe die idee aan sy suster, Surietta, genoem en sy was dadelik gaande gewees en het my haar pa se nommer gegee. Shaun se pa is tans woonagtin in Pretioria wat die logistiek bietjie moeliker gemaak het.Ek het eers gedink dat ek by die oom moet hoor of ons mekaar halfpad erens kan kry, maar dit gaan redelik tyd en onkostes verg en dan het mens nog nie eers by die trip gedeelte uitgekom nie. Einde van laas jaar was ek opsoek  gewees na ‘n motorfiets om as ‘n projek te restoreer. Ek het toe op ‘n 2002 BMW 650 afgekom vir ‘n goeie prys, die fiets het redelik oppervlak roes en kosmetiese skade gehad, maar niks wat ‘n bietjie “TLC” nie kan regmaak nie, meganies was hy 100%.  Terselfde tyd wou my meisie (Ilana) ook leer motofiets ry en toe sy die 650 sien het sy so baie daarvan gehou en het gesê dat  ek nie die motorfiets moet verkoop nie. Sy het toe sommer dadelik 50% aandele in die fiets gekoop. Dis juis toe dat ek die idee gekry het dat die oom daai 650 kan gebruik. Dit gaan baie tyd en onkostes spaar as hy kan afvlieg en ons die paaie hier rond kan ry wat ek al redelik goed ken.

Ek praat toe met Shaun se suster en sy stem dadelik in en was tot bereid om die vlug kaartjies vir haar pa te koop. Ek kontak toe die oom met die voorstel dat ek en Surietta hom wil afvlieg Kaap en dat ek ‘n verrassings motorfiets trippie vir Shaun saam met sy Pa beplan. Die oom het sonder te veel moeite ingestem. Ons het ‘n datum vasgemaak en Surietta het die kaartjies geboek. Ek het vir Shaun ‘n datum gegee en vir hom gesê buig of bars, jy hou daai naweek oop en maak seker dat jy en jou motorfiets reg is vir ‘n trip. Die man het ‘n bietjie gestres, want hy was skikkerig gewees dat daar dalk  ‘n rowwe bachelours of iets gaan wees aangesien ek vir hom gesê het dat sy motorfiets reg en gelaai moet wees Sateroggend 16 April om 8h end at hy sy verloofde eers die volgende namiddag gaan sien. Ek het met sy aanstaande bruid gepraat en sy was ook baie gaande oor die idee gewees en het haar goedkeuring gegee. Die moelikste was dat die paar van ons wat geweet het van die trippie dit moes stil hou. Ons het toe sommer van die geleentheid gebruik gemaak om die man se stress vlakke bietjie opte jaag oor sy “bachelours”.

Vrydag 16 April het aangebreek en ek, Ilana en Surietta is op die lughawe om hulle pa op te tel. Ek het nog nooit die oom ontmoet nie en weet glad nie eers hoe hy lyk nie. Ilana en Surietta was so aan die klets gewees dat hulle nie juis weet wat om hulle aangaan nie,  soos vroumense gewoonlik mos maar is. Tuseen die skare mense wat soos ‘n trop skape deur die “Arrivals” se deure strompel gewaar ek  ‘n  middeljarige skraal man met ‘n toksak,  motorfiets baadjie, KTM oranje helmet en met ‘n glimlag van oor tot oor. Ek besef toe dadelik aan dat dit Shaun en Surietta se pa moet wees. Ek onderbreek toe die twee dames se gesprek  om seker te maak of dit Surietta se pa is. Dis toe dat ek vir oom Ben vir die eerste keer ontmoet het.

Oom Ben het die Vrydag aand by ons geslaap. Vroeg die volgende oggend was ons al op en aan die gang gewees. Die oom het die opgewondenheid soos ‘n klein seuntjie voor kersfes gehad. As ek dit reg het, het hy sy kinders amper twee jaar laas gesien. Die idee was dat Ilana en Surietta so tydjie voor ons na Shaun en Sune se huis vertrek sodat hulle daar kan wees as ons daararriveer met die motorfietse.
 

Voor ons vertrek na Shaun se huis toe

Ek lui die klokkie van Shaun se kompleks en hy maak die hek vir my oop. Hy sien toe dat daar twee motorfietse aankom, maar ek dink nie eers hy het besef dat die ander fiets ook myne is nie. Dis eers toe sy pa sy helmet afhaal dat hy besef wat aangaan. Hulle het mekaar gegroet en ons het so tydjie nog gepraat voor ek die bevel gegee het dat ons die pad moet aanvat.

Oom Ben en Shaun reg vir aksie

Ek het op ‘n baie aangename en “minder bekende” kampplek langs die Breë Rivier op die Infanta pad afgekom. Hulle het so paar karavane daar en ‘n baie boomryke grasperk reg langs die rivier. Ek het die vrou gekontak en gevra of hulle motorfiets vriendelik is en of sy sommer vir ons beddegoed  en hanndoekke kan verskaf, want ons wil so  lig as moontlik toer. Ek het haar van my plan vertel en sy het sommer dadelik ingestem om te help. Sy het tot ge-offer dat sy vir ons die “bulky” goed soos hout, en ys sal kry aangesien dit moeilik is om dit op die motorfietse te vervoer. Ek het vir haar gesê dit sal gaaf wees. Dis toe dat die dame sê dat ons seker ‘n paar koue biere by aankoms ook wil hê, daar het daai tannie nou omtrent punte by my gekry. ‘n Paar dae voor die trippie laat weet sy my dat sy al ons proviante vir ons gekry het en dat daar koue bier met ons aankoms sal wees . Baie dankie Tannie Hannli Kemp van Crodinie kamp vir jou hulpvaardigheid en gasvryheid.

Ek het ‘n redelike kort roete met baie stoppe beplan. Die idee was immers dat die Pa en seun darem genoeg tyd sal hê om bietjie op te vang. Ons het sommer net buite Durbanville die grondpaaie aangevat rigting Wellington toe, vandaar is ons deur Bainskloof waar ons gestop het by Kalabash bush pub vir ‘n koffie’tjie en om weer ‘n bietjie te gesels.

Die 3 van ons in Bainskloof pas

Verversings by Kalabash Bush Pub

Van hier af het ons deur die pragtige Slanghoek Vallei gery. Oom Ben het gevra of ons nie dalk by die Slanghoek Kelder kan stop nie. Hy wil graag ‘n foto neem van die plek waar vandaan sy en sy goeie vriendin, Verna, se gunsteling wyn vandaan kom. Ek het toe vir hom gesê dis reg so en die woorde van ‘n ander goeie vriend aangehaal…. “Ons het dalk nie baie geld nie, maar ons het tyd…”. 


Slanghoek Vallei by Slanghoek kelder

Ons is toe verder deur die Slanghoek Vallei en het deur Worcester gery rigting De Doorns waar ons weggeswaai het om deur die Nuy Valley te ry. Vir middag ete het ons by die Saggy Stone Brewery gestop.  Hulle kos (en bier) is altyd ‘n wenner en daar is altys so “relaxed vibe”.

Na ons lekker geëet het het ons weer in die pad geval. Ons het deur Robertson gery en die Bonnievale afdraai geneem waar ons weer die grondpad gery het Swellendam toe. By Swellandam het ons gou by die Spar gestop om ietsie te kry om die aand oor die kole te kielie asook ietsie om die stof uit die kele uit te spoel. Vandaar het ons  gery tot by Buffeljags waar ons petrol ingegooi het voor ons die pad aanvat na die Pont by Malgas. Ek is al vele kere oor die pont, maar dit bly nog altyd vir my ‘n belewenis.

Natuurlik moet mens by die Malagas Hotel ook stop vir ‘n keel skoonmaak sessie. Ons was immers net ‘n paar kilometres van ons eind bestemming af en het tyd aan ons kant gehad.

Na ‘n koue verversinkie het die drie van ons die laaste paar kilometers aangevat na ons eind bestemming toe waar die koue bier ons ingewag het. Ons die aand lekker om die kampvuur gesels en was verbaas gewees toe ons sien hoe die tyd gevlieg het.


Crodinie Kamp

 Die Sondag oggend was ons weer redelik vroeg aan die gang gewees vir die terug tog huis toe. Ons het meestal die grondpaaie tussen Bredasdorp, Elim en Stanford gery. Ons het op Kleinmond gestop vir middag ete en was vroeg genoeg tuis gewees dat Oom Ben nog tyd saam met sy dogter en aanstaande skoondogter ook kon spandeer voor hy die na die lughawe moes gaan en sy terugtog huis toe moes aanpak.

 

Oom Ben, dit was ‘n groot verreg gewees om jou te kon ontmoet, al was dit vir ‘n baie kort tydjie. Dit was baie lekker om jou en Tannie Verna by Shaun en Sune se troue weer te kon sien, dankie dat julle die moeite gedoen het om 2-up al die pad van PTA na die Kaap en terug met daai KLR aan te pak vir jou seun se groot dag. Jy is een van daai mense wat sommer vining diep spore in mens se hart trap. Jou legende sal nog vir baie lank in ons harte en gedagtes bly voortleef.

Rus in vrede my vriend. Gone but not forgotten.

Hier is 'n kort video wat deur een van sy vriende saamgestel is. Ons gaan jou glimlag, grappies en positiewe houding baie mis.

https://www.youtube.com/watch?v=JyDa2p8nVos&sns=fb

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/pastoor-sterf-in-motorfietsongeluk-met-bus/

* Winner of the trip report trophy (Nov 2016)

Comments

Andyman's picture
Offline
Joined: 2007/06/22

Well Carel, looks like you made the trip happen just in time!

Imagine the sadness sif you had not done the trip and were still "getting around to it"

Strongs to you all, especially Shaun and Surietta, and Sunê.

 

The message from your special story is to JUST DO IT.

Don't put off the important things in life because you are busy sweating the small stuff.

You are right, we never know when our Great Father is going to call us, but we can make the most of what time we do have here.

Thanks for sharing.

 

Andyman
Anyone can ride a bike fast....   But can you ride your bike real slow???

Anna-Marie's picture
Offline
Joined: 2009/10/13

Mooi gedoen, Carel.  Baie spesiaal.  Dankie vir die deel van so 'n geleentheid.  Laat ons net weer besef hoe kort die lewe is. 

Jenski's picture
Offline
Joined: 2015/06/15

Thanks for sharing such a heart warming story Carel. So happy for you all that you did this trip... condolences to you all, especially Shaun - sterkte x

 

Offline
Joined: 2012/09/12

Sjoe, Carel nou pik ek n traan!  

 

Ons tydjie is so kort, dankie dat jy die spesiale tydjie met ons kon deel, ek seker dit is n wegbreuk wat Shaun altyd sal bybly.  Innige meegevoel aan Shaun en Sune. 

Matewis's picture
Offline
Joined: 2013/08/03

Sjoe Callievallie, goed geskryf. Lyk vir my of oom Ben die lewe reg aangepak het en voluit gegaan het.

Shaun ons dink aan julle in hierdie tyd.

“Don’t go where the path my lead… Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson https://kettingsaag.wordpress.com/ https://witvosblog.wordpress.com/

Warren Ellwood's picture
Offline
Joined: 2007/06/18

Nicely done Carel.

Condolences to the Stassen family.

 

"Before you speak, ask yourself, is it kind, is it necessary, is it true, and does it improve on the silence?"

NielG's picture
Offline
Joined: 2016/06/17

Sjoe, mooi woorde en 'n pragtige huldeblyk. Sterkte aan jou, oom Ben se familie en vriende.

Hans Ambulans's picture
Offline
Joined: 2013/10/01

Mooi geskryf Carel.

Baie spesiaal ook dat jy die ekstra myl vir Shaun geloop het om n droom waar te maak.

Sterkte Shaun aan jou en famile.

 

Shaun Stassen's picture
Offline
Joined: 2013/01/04

Carel 

My vriend ek kon nie vir mooier trip report gevra het nie. Thanx to everyone for the condolences and Prayers. We appreciate it. Dad's service was on Friday 4 Nov finished by a bikers salute by the Helpende Hand and Bombshelter Christian Motorcycle Clubs.crying

We know he is enjoying the gravel roads of Heaven next to our Almighty Father on the bike of his dreams. 

 

Carel eks vir altyd vir jou innig Dankbaar.yes

carelvdmerwe's picture
Offline
Joined: 2012/08/16

I decided to visit this awesome little gem of a campsite again and to do a over night camping trip for  my fellow club members. This place is just to amazing not to share with other people.

Since our last visit there were quite a bit of upgrades and improvements done. So I'm sure that this camp site will even be more amazing than it was before.

Please visit the below link for more info regarding this trip.

http://www.bmwmotorcycleclubcape.co.za/breede-river-%E2%80%9Cbewondering...