Tripreport: Calitzdorp na Uniondale via Matjiesrivier, De Rust en Koutjie

GeelKameel's picture
Na ‘n lang droogte was dit met groot opwinding dat ek weer die stofpaaie aangedurf het. Die JR groep het ‘n aanloklike driedag-toer beplan vir die laaste deel van die lang April vakansieweek – Anysberg, Calitzdorp, Swartbergpas, Prins Albert, Meiringspoort, De Rust, Dysselsdorp, Koutie, Uniondale, De Vlugt, (R339), Knysna, 7 passe na George... Ek wou graag my ouers op Jeffriesbaai besoek en hierdie buitengewoon lang week was die ideale geleentheid om dit te doen. Terselfdertyd ‘n goeie geleentheid om nuwe werelde te gaan verken. Ek het besluit om twee dae vroeer op my eie af te ry via ‘n deel van JR se roete. Paar dae later sou ek dan aansluit by die toergroep. So besluit, so gedoen. Teerpadlangs tot in Calitzdorp, daar Noord gedraai op die grondpad en al duskant langs die Kangoberg en Swartberg gery tot by De Rust. Daarvandaan na Dysselsdorp en suidoos na Koutjie en al langs die Kammanassierivier tot by die N9 by Uniondale. Daarvandaan teerpad tot in Jeffriesbaai. ‘n Groot deel was ‘n solo trippie, dus het ek klomp ekstra voorsorg getref itv gereedskap ens. RoetekaartRoetekaart Vroegoggend met eerste lig het ek vertrek. Oor die ou Du Toitspas het ek onverwags sterk en onaangename wind verduur. ‘n Onbekende (en vriendelike) ryer met ‘n Truimph padfiets het saam met my die pas oorgesteek en saamgery tot by Worcester. Daar is hy reguit aan en ek het afgedraai na die R62. Puik ryweer en ligte verkeer tot in Barrydale. Daar die gebruiklike glasie sjerrie en koffie en brekfis. Derrick was die gewone vriendelikheid self en het vir my ‘n "R62 Star" lapelwapen gegee. Brekfis in BarrydaleBrekfis in Barrydale Andre en Liesl van Stellenbosch het daar gesit en beplan waarheen volgende. Al vereiste wat hulle gestel het is : “...netnie see se kant toe nie, en voor Maandag moet ons by Laingsburg ‘n draai maak”. Ons het moontlikhede bespreek en ek is daar weg. Andre en LieslAndre en Liesl Dit was maar ‘n stil rit tot daar kort voor Calitzdorp, waar die Sewewekepoort se pad aansluit. Op ‘n afstand sien ek twee bikes wat by die R62 aansluit, rigting Calitzdorp. Ah, geselskap, dink ek dadelik. Toe ek nader ry sien ek dis niemand anders nie as Andyman en Annie nie! Groot groet het gevolg. In Calitzdorp het ons n koffie geniet en roetes bespreek. Gelukkig vir my het Andy besluit hy en Annie ry saam op “my” JR-roete. Koffie in CalitzdorpKoffie in Calitzdorp Die afdraai Noordwaarts is binne die dorp (soek afdraai na Calitzdorp Dam). Sommer van meet af sien ek hierdie pad is iets besonders. Slingerend en op-en-af tussen aantreklike plotte/plasies deur en toe begin die pad meer reguit word. Redelik smal en grof op plekke, maar baie veilige oppervlak. Dit is groen-roete soos wat jy maar kan wens. So 10km buite die dorp is jy baie skielik by die dam. Nie juis indrukwekkend nie, maar die bo-lope is baie mooi. Buite CalitzdorpBuite Calitzdorp Boloop Calitzdorp damBoloop Calitzdorp dam Klein entjie verder die enigste splash van die dag. ‘n Laagwaterbruggie in die Nelsrivier. Water van paar vingers diep gee miskien nie juis aanskoulike splash nie, maar die natuur was besonder mooi. Lowergroen bome en digbegroeide walle. Wanneer mens met die R62 langs ry, lyk Calitzdorp so droog en vaal.....hierdie kloof is presies die teenoorgestelde. G'n wonder nie dat Calitzdorp wyn en vrugte produseer. Andy splashAndy splash Oral waar die helling skuins en klofie smal was, is die pad opgebou met klippe aan die kloof se kant Bokant GroenkloofBokant Groenkloof Hier het Andy se voorwiel se een remskyf begin raas en het aandag nodig gehad. Die veertjies wat dit stewig in posisie moes hou was skoonveld. Onverklaarbaar dat al ses van hulle eenvoudig weg was. Hy het toe drie van die linkerkantse remskyf se veertjies afgehaal en regs ingesit. Andy fix die remskyfAndy fix die remskyf Lekker slingerpad naby Kruisrivier SlingerpadSlingerpad Links afdraai by Kruisrivier Afdraai by KruisrivierAfdraai by Kruisrivier Naby Welgevonden het ons vir Andre en Liesl weer gesien. Hulle het met 'n mooi Truimph Tiger 990 gery. AndreAndre By Matjiesrivier het ons vir Hendra en Jason met hul donkiekar raakgeloop. Baie vriendelik en vol vertellings. Die donkies, effe oud en gehawend, het vrede gehad met ons. Net so elke paar minute die gewig van een agterpoot na die ander verskuif. DonkiesDonkies Aan die voet van die Swartbergpas is ons regs. Die JR roete het oor die Swartbergpas gegaan, maar ons het suid van die berg gebly. Die wit strepie van die Swartbergpas is net-net sigbaar op die foto. Afdraai by SwartbergpasAfdraai by Swartbergpas In die Schoemanspoort het ons links afgedraai, rigting Rust-en-Vrede en De Rust. Hierdie pad was weereens baie goed en was maklik om te ry. Rust en VredeRust en Vrede Anderkant Oude Muragie was die N12 en tyd vir (tydelike) afskeid. Andyman en Andywife het Noord gedraai na Baviaanskloof en ek het Suid gedraai na Dysselsdorp. Oude MuragieOude Muragie My plan was om op Dysselsdorp vol te maak, maar op Dysselsdorp is daar geen petrol nie. Die son was al laag en ek wou nie sonder brandstof gaan staan nie in die vlaktes wat voorle^. Uit voorsorg het ek teruggdraai na De Rust en daar volgemaak. Ook maar goed, soos ek later sou uitvind..... Dysselsdorp is baie klein en stowwerig. Opvallend is die heuwel met die kerk op die kruin en n lang kronkelende pad na bo. Dysselsdorp kerkDysselsdorp kerk Die afdraai na Koutjie. Afdraai binne DysselsdorpAfdraai binne Dysselsdorp Die pad was maklik, met goeie oppervlak. Heelwat los klippe het hier en daar gele, wat gevaarlik was vir sny aan die bande. By Daskop het die son al laag gehang. SkaduweeSkaduwee Ten spyte van die rustige en mooi omgewing by Koutjie, het hierdie windpomp maar taamlik moeg vir die lewe gelyk. WindpompWindpomp Die heerlikste ervaring van die trippie was hier rond – die reuk van laatmiddag op n plaas. Die plaaslug kry mos so’n vars reuk laatmiddag net voordat die son sak. Die dag se hitte verdwyn skielik en dis net of die veld se plante vars asem uitblaas. Dis ook die teken dat, indien jy weg van die plaashuis is, dit tyd is om om te draai en terug te gaan voordat die donker jou inhaal. En as jy tarentale jag – nou moet jy doen wat jy beplan het want tyd vir groot veranderings aan jou strategie is verby. Laatmiddag koelteLaatmiddag koelte Die Kammanassierivier verskyn skielik wanneer jy oor n bult ry en dan ry mens ’n lang stuk langs die rivier. Soos n lang pas. Wye vlaktes met baie besproeiing trek jou aandag. Die rivier self is mooi om te sien maar is klein en nie juis indrukwekkend nie. KammanassierivierKammanassierivier Ek het die einde van die grondpad teen laatskemer bereik. My laaste foto op die grondpad sien mens die lig van die motorfiets (onderkant regs), so donker was dit al. Kort voor donkerKort voor donker Die teer van die N12 (naby Uniondale) was baie welkom en ek het regs gedraai na Avontuur, waar ek die bande wou pomp. My brandstof was genoeg om Jeffrriesbaai te haal. Ek het wel n voetpomp gehad, maar was lui om dadelik te pomp (Avontuur is mos naby). Aangekom by Avontuur – pikdonker, geen petrol of bande pomp. Misgund – Paar liggies, geen petrol of bande pomp. Louterwater ook. Krakeel ook. Die eerste geleentheid vir bande pomp was Joubertina op 80km. Ek het maar deurgedruk want dit was koud en ek moes in elk geval stadig ry in die donker. En ek was bitter bly dat ek op De Rust volgemaak het..... GeelKameel - Donker en Koud maar hoogs Tevrede in die LangkloofGeelKameel - Donker en Koud maar hoogs Tevrede in die Langkloof

Comments

tonyt's picture
Offline
Joined: 2007/06/19
Baie nice report Geel Kameel. "There is just something about riding a motorcycle, something I can't explain, but that it's just so good for one's soul... " Ewan Mcgregor - 2007
n/a
Offline
Joined: 2008/03/15
Ek WENS ek en Lobola kon saam ry, dalk volgende keur!!!