Beginners rit na Gansbaai (Deel 2 Finale)

Weedkiller - Adie's picture

Beginners rit na Gansbaai 2 (die finale –meer praat minder fotos)

Hoekom is ons hier?  Ek weet nie, wat ek wel weet is dat die meeste (almal?) klublede iets in gemeen deel en geniet.

Hier is ‘n stukkie van my storie.

Ek het jare gelede (toe seks nog veilig was en motorsport gevaarlik) my eerste motorfiets gekoop, ‘n 359 Honda twin. (eerstejaar student op UPE).  My eerste val was so ongeveer 90 minute later.  Dit was die dae toe die wit strepe op die pad nog met DUCO geverf was en m!@#$r glad was as dit reën.  Ek het Buffalo, Paradise en ander ‘byeenkomste’ bygewoon.

Die fietse daardie tyd was maar brutaal.  Tydens ‘n Trippie van PE tot Bloem moes daar seker gemaak word dat alle boute en moere nog vas is. Die fiets het hom letterlik self uitmekaar gehaal en weggegooi.  Verbasend genoeg was die rooi lyn daardie jare reeds op 11 000 rpm.  Dit was ook vermag sonder balanseer aste ens.  Sommige fietse het so vibreer dat mens toemond moes ry anders kom die vulsels los. Sommige ma’s het hul dogters verbied om saam op hierdie vibreerders te ry.

Tydens die bou van die N1 reg langs Karel Bremer het ek die pad teen so 120km/u (in ‘n 80 padwerk sone) as gevolg van ‘n potgat (pothole) byster geraak. Net hier besluit ek dat ek ook graag eendag sal wil trou en kinders hê. Pak die fiets weg (verkoop/weggee kanniemeer onthou).

Die hunkering om weer die vrye pad op twee wiele aan te pak moes altyd maar onderdruk word.  Die artikel “So you want a bike, huh?”  bmwmotorcycleclubcape.co.za/so-you-want-bike-huh  was moontlik die laaste wat my finaal laat besluit het om ‘weer te probeer’.  Ek het darem nou klaar ‘n vrou en kinners. (Dankie Charles)  Ek en Mike het al hier op die klub webtuiste rondgehang lank voor hy sy Dakar gekoop het.

Beide finansies (ek probeer vir myself werk) en die feit dat ek nooit vir my motorfiets rybewys gegaan het nie het die koopdatum bepaal.  Ek het wel twee leerlinge gehad (amper nooit onwettig gery).  My jongste dogter het so pas 16 geword en ons besluit toe dat ons saam leerling gaan skryf.  ‘n Week of wat na ek die A4 papier in my beursie kon stop was my eie Dakar (2006) hier.
 
En toe begin die sports.
Mike sê hy is meer bekommerd oor my as wat ek oor hom moet wees. (ek kan partykeer maar op my eie stasie wees)  As gevolg van werk kon ons nog nie vir opleiding gaan, ek moes maar weer van voor af leer ry op ‘n baie groter fiets as die ou 350.
 
Die twee Dakars.
Mike het ‘n 2001 model en ek die ‘facelift’. (beide sonder die ‘techno’ items)  Soms voel dit vir my asof die facelift soos vir ‘n ou vrou was. Hel sy lyk mooi maar is nie so lekker in gebruik nie. 

Die twee Dakars

Die twee Dakars

Ons het al die volgende agtergekom.
In baie opsigte ry die oue lekkerder (57 000km), is stiller, ruil lekkerder ratte, minder wind ens. Die facelift (23 000km) is soos ‘n straatvrou, raserig, winderig, en laat jou gou ongemaklik voel.  As ek nou so daaraan dink is dit ook die eienskappe van ‘n baba.  Miskien meer soos ‘n baba want daar is geen verantwoordelikheid of plig teenoor ‘n straatvrou, net kortstondige g…..  Die twee groot verskille is die saals en windskerm.  Mike se fiets sit lekkerder en ‘n mens word nie so gou moeg nie.  Die windskerm op die facelift is ‘amper’ nutteloos.  Teen 120km/u moet ‘n mens redelik begin klou aan die stuur takke.  Ons is reeds besig om ‘n skerm te ontwikkel wat dieselfde beskerming as die ou fiets sal bied.  Ek moet ook nog leer om meer te ontspan, dit sal nog kom.


Die ryery.
Gemeet aan my historiese ervaring met fietse is dit nogal senutergend gewees die eerste paar weke.  Dan trap ek die rat te sag, dan te hard en kry dit dan reg om sommer ‘n nutraal tussen 3e en 4e te maak.  ‘n Paar keer heeltemal in die verkeerde rat probeer wegtrek en ander dom foute.  Die meeste was ook as gevolg van teveel konsentrasie. (en banghied)  Met tyd het dit begin regkom en ek begin al meer ontspanne raak.  Aan die begin was my kneukels wit soos ek die stuur takke beklem omdat ek bang is ek val agter af as die straatvrou wegvlie.
 
Daar is ‘n dogter wat ook motorfiets wil ry.
 
Aan die ander kant moet ek nog vir Michelle (dogter) ook leer ry.  Daar is ook mos nie te veel wat ‘n pa wat amper haar oupa kon wees haar kan leer nie.  Sy het darem al twee trips gedoen. Hier van Durbanville na Somerset Wes en ook Taalmonument toe.
 
Sus met haar ‘wannabe’ padfiets.  Sy is so kort ons het maar opgegee om ‘n ‘scrambler’ te kry.

Sus se wannabe padfiets

Sus se wannabe padfiets

 

 Op pad Taalmonument toe

Op pad Taalmonument toe

Die lesse wat mens leer.
Op pad terug van Somerset af het ek en sy kort kort gestop sodat on konferensie kan hou en oor die foute wat sy maak kan praat.  Uit pure luiheid het ek later my been nie meer hoog genoeg opgetel as ek opklim en na die derde stop het ek ‘n helse miershoop op my maermerrie gehad.  Niemand het my jammer gekry, dit was die grap van die week.

Eina dit was seer - Moenie lag nie!!

Eina dit was seer - Moenie lag nie!!
 
Opleiding.
Na ek en Mike die draad oor die optel van ‘n fiets gelees het was die skrif aan die muur.  Pa is te oud, iemand sal moet help.  Ons besluit toe daar moet opleiding gedoen word.  Die fiets word saggies neergelê op die gras en toe moes die straatvrou opgetel word.  Kyk waar jy vat! Hey sy gaan seerkry!  Gelukkig is sy getrou aan haar professie en word ‘n paar keer neergelê en weer opgetel.  Ons kon na ‘n paar keer agterkom sy gaan die stryd wen.  Straatvrouens ken van lê en optel. Ek is oud en Mike is jonk, sy wen die rondte.

Tel haar op, sy lê in die sloot

Tel haar op, sy lê in die sloot


Nou moet ons ry ook.
Marinda (die vrou van my kinders waarvan ek weet) besluit ons moet Gansbaai toe om vir haar Pa ‘n vadersdag verrassingsbesoek te bring.  Sondagoggend toe die winter missie nog oor die kaapse vlakte lê is ons op pad.  Om meer ondervinding te kry sal ons oor Gordonsbaai en Kleinmond Gansbaai toe ry.  Weg van die gejaag en naby die draaie.

Vertrek

Vertrek


Na ‘n koffie by die Enjen voor Somerset was ons reg vir die pad.  Daar was heelwat padfietse wat iewers heen gejaae het.  Ek kan nognie verstaan hoekom daar so vinnig gery moet word.  Die genot is dan net soveel gouer verby. Ek dink nou net aan die ou gesegde dat ‘n Beetle net soos ‘n straatvrou is, as sy nie loop en raas nie lê sy in ‘n sloot op haar rug. (Jammer dames)
 
Skoonpa en dogter, Klipkop met rugsak en pasgebore Skilpad

Skoonpa en dogter, Klipkop met rugsak en pasgebore Skilpad 

Skoonpa kan goed met diere werk (daarom kan hy met my uithou) en het die skilpaadjie in die veld agter sy huis gekry pas na dit uit die eier gekom het. (skilpaaie moet van voëls famillie wees aangesien hulle ook uit eiers broei.) Hy word nou grootgemaak en dan weer vrygelaat.  Vanaf Gansbaai is ons oor Caledon, villiersdorp, Franshoek en Helshoogte terug huis toe.
Theewaterkloof dam, altyd mooi.
 
 Theewaterkloof Dam

Theewaterkloof Dam
 
Suikertjies in Franshoek saam met koffie en Gemmer Kaaskoek.

Suiker vir die Kalmte

Suiker vir die Kalmte
 
Die opdraende kant van die pas is agter die rug met ‘n paar foute.  Een draai het ons ingegaan teen ‘n hoër spoed as wat vir my gemaklik was.  Dit was nogsteeds veilig maar ek het darem ‘n roekelose geskiedenis.  ‘n Ander draai was ek in verkeerde rat en het probeer om in die draai te ruil.  Weereens was dit nie nodig, die fiets het genoeg krag gehad om deur te gaan waar ek met minder spanning ‘n ander rat kon kies.  Die rit was suksesvol en ek het weer selfvertroue gekry.  Sal nog ‘n ruk saam met die spoke van die verlede moet saamleef. Miskien oorleef ek hulle nog J
 
Die rit af tot in Franchhoek was ek baie meer ontspanne en sonder wit kneukels.
 
 Die duiwel sê "aanbid my en ek gee dit vir jou", ek sê aikona daai prys is te hoog.

Die duiwel sê aanbid my en ek gee dit vir jou, ek sê aikona daai prys is te hoog.
 
Terug by die huis na ‘n fantastiese dag uit.  O ja vadersdag is eers volgende naweek.  Lekker verskoning om weer uit te kom.

Dis nou agter die rug

Dis nou agter die rug
Wat het ek hieruit geleer. 
Arm mense kan ook die lewe geniet.  Bly binne jou vermoëns en dit kan dalk net langer aanhou.  Verder moet ek nog ontspan en my elmboë laat sak.  Ek ry oop armpitte soos ‘n veldryer en dit maak mens moeg.  Op ‘n punt het ek en Marinda besef iets is skeef, haar een been raak moeg en my een arm en een lies bly kramp.  Omdat sy ook kort is en my half omtrek om op te klim sit sy skeef en ek moet dus anderkant toe om te balanseer. Natat ons die foutjie reggestel het was die pyne weg.  Nou is dit nog net die windskerm wat aandag moet kry.
Adie

 

Comments

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14

Jislaaik jy het darem 'n mooi manier van skryf.  Adie, jy moet so gou as moontlik opleiding van 'n profesionele kry - ek wil nie he jy moet iets agterkom as gevolg van my bikery artikle nie.  Liewer dat die verantwoordelikheid op iemand anders se skouers sit Wink - jy sal buitendien van die opleiding baat vind.

Committee: Webmaster / Ride Captain

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21

Smile Smile Lekkerlees storie en lekker fotos! Dankie, doen weer so!

Offline
Joined: 2007/06/25

Pragtig Adie, dankie,  jy beskryf dit so mooi. Julle moet net veilig ry.

Think before you ink.

Trust is the most valuable asset.

I have the rest of my life to get old.

PeterO's picture
Offline
Joined: 2007/09/11

Nice report Adie, thanks.

If you can dream it you can do it!

Warren Ellwood's picture
Offline
Joined: 2007/06/18

Baie lekker Adie, dankie.

 

"Before you speak, ask yourself, is it kind, is it necessary, is it true, and does it improve on the silence?"

Offline
Joined: 2011/08/22

Lekker om stories in afrikaans te hoor!!

Dit gee my moed dat ek (as beginner op die pad) wel spoedig 'n gesoute ryer sal wees - aanhouer wen.

Karin Henriques

Weedkiller - Adie's picture
Offline
Joined: 2011/06/03

Dankie Karin, as jy die ander 'artikels' van my lees sal jy sien ek ook maar nuut in die game.  Geniet dit elke keer.  Vir my en Mike is dit ook dat ons fiets ry omdat ons WIL.  Was vanoggend gou Atlantic toe vir Charly Boorman met die fietse om ons boeke te teken.

Ek is ook gelukkig nie te skaam as ek my naam donkiegat (ass-hole) maak nie.

Oop oog ry.

A