Baviaanskloof - Prentjiesreport 2018

GeelKameel's picture

 

Gedurende November'18 het ek en Geo nodig gehad om sy motorfiiets van Patensie af na die Kaap te bring. Ons het besluit dit sal 'n alles-grondpad toer wees. En hoe dan anders as om deur die Baviaanskloof te ry --- ons vertrekpunt is slegs 16km van die oostelike ingang....

Vroeg-oggend al was ons in die Komdomo omgewing.

Die lang laagwaterbrug oor die Grootrivier.

Boerderye in die Cambria Vallei

Oral is pragtige groot bome, soos hierdie.

'n Halfuur van waar die grondpad begin het, was ons by die inganghek. 'n Vriendelike dame het ons permit uitgereik.

Anderkant die hek is die Poortjies, waar ons die eerste van vele waterdriffies teengekom het. (In die hele Baviaanskloof is daar meer as 40 plekke waar mens deur 'n driffie ry) 

 

Die lang klim in die Combrinkpas begin hier rond. 

Goeie pad en maklik om te ry.

By die eerste stopplek so halfpad op, het jy reeds hoog genoeg geklim dat jy die blou berge doer ver kan sien.

Verder op teen die Combrink pas is diep afgronde. Ek het styf teen die berg gery want ek is maar erg versigtig vir afgronde. Dit voel altyd vir my of hulle my trek soos 'n magneet.

Nog verder slinger die pad op teen die Combrinkpas.

Terugkyk na waar ons vandaan kom. 

Die Combrinkpas eindig waar die Pisgoedvlakte begin by Bergplaas. Die pad oor die vlakte is goed en maklik om te ry. 

By die parkeerplek kort voor Holgatpas is mooi inligtingsborde vir toeriste. Die inligting is hoofsaaklik van fauna en flora in die kloof.

 

Die boonste deel van Holgatpas is rof met klipriwwe. Gelukkig geen los klippe. Lig oranje maar heel maklik om te ry.

Verder af is twee spore gebou met sement. Dit klink na 'n gerieflike idee, maar dit is baie moeiliker om te ry as wat dit lyk. Die grond weerskante van die spoor is meestal baie laer en met los klippies besaai. Jy moet dus jy jou lyn baie goed hou sodat jy nie van die sement afry nie.

In die draai by die grot (Holgat) is 'n wye sementblad.

 

Vanaf die Holgatpas na Doodsklip is 'n mooi vallei met heelwat waterdriffies.

 

Hierdie uitkykpynt is hoog bo die vallei. Vandag het ons geen wild gesien nie. Vorige kere het ons koedoes gesien en verderaan bosbokke.

Nog een van die vele driffies en mooi bome.

Wat 'n voorreg om hier te kan toer!!

.

 

Hier begin die klim oor Langkoppas, in die omgewing van Doodsklip.

Steeds maklike pad met paar rotsbanke en min spoelslote.

Aan die Oostekant  van Langkoppas is twee dele wat geplavei is. Baie gerieflik en maklik, maar dit bederf bietjie die atmosfeer van ry op rowwe pad.

Net anderkant die laaste plavei is daar 'n 90grade draai wat direk in 'n waterdriffie inlei.

Toe die driffie skielik voor my verskyn was ek biki vinnig, biki te rustig en biki agterlosig.....

Ek het te laat afgerat en die agterrem was nutteloos. 'n Kleiiiiiin biki voorrem op die los gruis het my en Gryskameel reguit grond toe gestuur ! surprise

Gelukkig geen skades of pyne.

Ons het gou opgetel en gestaan en wonder hoe ek so'n simpel fout kon maak.

Tien minute verder, in die Rooihoek area, is die Smitskraal driwwe.

Die eerste drif oor sement was enkeldiep en deurry was maklik.

Die water by die bekende klipperige drif was helder en onversteurd.

Dit was redelik vlak en mens kon die klippe duidelik sien, maar daar was ook groot donker (dws diep) kolle. Dit was gou duidelik dat staan en deurry nie so maklik sou wees nie.

So was dit ook --- met die wegtrek het die wiele vasgehaak in 'n gat. Ons het dus maar gesit en voetesleep deur die water. Kort-kort was daar 'n klip of gat wat ekstra moeite gekos het om te oorwin.

Ons was veilig deur. Ons het nie omgegee om erg nat te wees nie want die dag was reeds baie warm.

Anderkant Smitskraal was daar heelparty dele met spoelklippe en stroke water wat vir heelwat opwinding gesorg het.

'n Lang (moeitevrye) waterdrif kort voordat ons Grasnekpas begin opgaan.

Grasnekpas se eerste steiltes. Goeie en moeitevrye pad, ten spyte van 'n paar rowwe klipbanke.

Bo by die uitkykpunt besef mens hoe ver en hoe hoog jy geklim het. Terwyl jy ry voel dit nie hoog of steil nie.

 

In die Geelhoutbos gebied staan Thomas Bain se klipwerk vandag nog teen die kant van die pad. Selfs die groot vloed van 1916 het dit nie weggespoel nie.

Die dag was baie warm.

Ons het 'n paar keer in water gestop en baadjies sopnat gemaak. Dit was heerlik koel vir 'n tyd, totdat die baadjie weer droog geraak het.

Nog klipperige nat kolle in Geelhoutbos.

Geleidelik het die veld meer droog en meer oop geraak.

 

By die volgende waterdriffie het ek so'n bietjie tweede gekom.

Wanneer jy aankom lyk hy soos meeste van die ander waterdriffies. Boonop was dit een met 'n sementblad, dus was 'n stewige spoed in orde.

Maar toe ek hom tref, ry ek deur 'n diep gat in die blad. Gelukkig geen skade aan die voorwiel of die bande laugh Net een hengse splash!

Die water het reg bo-oor my en die fiets getrek. Ons was sopnat van kop tot tone.

Tien minute later was ons by die westelike uitgaanhek. Weer 'n baie vriendelike dame wat ons permitte deurgekyk en die uitgang oopgemaak het vir ons.

 

Hiervandaan het die pad al hoe beter en wyer geword. Ons is deur die Zandvlakte en verby Studis.

In die Studispoort se omgewing is Babes se Winkel. Daar het ons 'n koue koeldrank (uit 'n besonder beperkte keuse) gekoop.

En verderaan weer baadjies nat gemaak by die eerste waterdrif.

Vero se winkel is vir my 'n moet-stop. Haar inisiatief om 'n winkel/padstal te skep is noemenswaardig.

https://www.youtube.com/watch?v=yBi90XQOhnM&feature=youtu.be

Ongelukkig was sy nie daar nie, sy was by haar ma se begrafnis iewers Plet se kant toe.

Die mens wat uitgestap gekom het toe ons stop, is nie juis sterk in die besigheidskultuur nie. Met moeite het ons haar oortuig om 'n koue koeldrank te soek (en te kry!). Sy het nie geweet wat dit kos nie en ons het toe maar R20 vir 'n blikkie betaal. 

Verby Rietrivier en Makadaat en Speekhout het ons by die besonder mooi Nuwekloof poort gebring.

Baviaanskloof was nou formeel agter die rug. Ses ure se heerlike ry aan 170km. 

Opgesom sou ek se' tegnies is die hele roete lig oranje, met moeiliker kolle soos bv Holgat se sement en Smitkraal se driwwe.

'n Klompie jare gelede was Combrink, Holgat en Grasnek diep oranje. Hierdie keer nie so erg nie.

Ons het rustig deur die besonder mooi Nuwekloof poort gery en daarna 'n reguit, wye en vervelige grondpad tot by Willowmore.

Ons het by Rony Desodt se Jumper's Place aangery en paar biere geniet.

(Rony stuur groete aan die Klublede en Kapenaars wat hom ken)

Terwyl ons keel natmaak het die son die skoene en kouse probeer droogmaak.

Teen vroegmiddag het ons op die R407 uitgery en 16km buite die dorp noordwaarts afgedraai. Ons was op pad na Prins Albert om daar te oornag.

Hierdie kort maar mooi poort word op T4A kaart gewys as die Leeukloof pas .

Op pad het die horison baie donker begin word en 'n sterk wind het opgekom. Die wind het later so sterk van die kant af gewaai dat ons met moeite in die spoor kon bly. 

Die wind het groot wolke stof oor die pad gewaai. Op een stadium het ons gestop en gewag dat die wind en stof bietjie kan bedaar. 

 

Vorentoe het ons weerlig begin sien.

En die eerste druppels het skielik 'n klein wolkbreuk geword. Ons was skielik deurnat en kon vir 'n tydjie lank min van die pad sien, net wit strepe (water) en swart strepe (middelman). 

Op een stadium het ek begin voel hoe die fiets sulke klein slangdansies begin maak. surprise

En skielik was die reen weg en die pad droog! 

Tien minute op die droee pad het ons by Prins Albert gebring en paar km anderkant die dorp op die Klaarstroompad was ons slaapplek, genaamd Oppi-Plaas.​

Ons het afgepak en terug dorp toe gery vir 'n lekker aandete.

Na 'n rustige ete en herkou van die dag se opwinding, het ons in die donker teruggery na die slaapplek.

Die volgende dag is die beplande roete via Merweville en Rammelkoppas na Sutherland, dan Oubergpas en Tankwa. Maar dit is 'n volgende storie.

 

Comments

Offline
Joined: 2013/06/28

Dankie vir die deel.  Verlang ek nou na daardie plek.  Mooi fotos.

hd
hd's picture
Offline
Joined: 2007/06/18

Dankie Danie, herinner aan JR se toere!

 

 

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21

Jip, HD! Wonderlike toere gewees daardie!

Kan jy glo dat dit 10 jaar gelede was?!!

http://bmwmotorradclubcape.co.za/baviaanskloof-oktober-08

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14

Hi Danie

A great trip report reminding Julie and me of our trip the other way through there just a few months ago (we were in a Suzuki).  Also nice to have all the names of the passes and Smitskraal (that somehow I can just not keep in my head for long).

During our trip we stayed in Willowmore at the Willow Historical Guest House, and in Patensie at the Ripple Hill Hotel.  Both were great.

Committee: Webmaster / Ride Captain

Geoff Russell's picture
Offline
Joined: 2007/09/25

Lekker Danie.

Committee: Ride Captain

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21

Ek het vyf kaarte van die Baviaanskloof...nie een van hulle wys alles wat ek graag op een kaart van die Baviaanskloof wil sien nie.

Ek het toe maar 'n eie kaart gemaak, met die name van plekke wat ek graag wil sien. Ek is seker daar sal paar ander ouens wees wat die kaart nuttig sal vind.

 

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21

Ek het n tikfout of twee reggemaak....

smiley