Baviaanskloof naweek

nuys's picture
Ek het die naweek van 24 tot 27 Aug op my eerste werklike motorfiets trip gegaan saam met die ouer geslag (my pa, Funduro & twee van sy vriende, Dakar & 650GS). Ons het ‘n 650GS vir my gehuur van Albert Franck (op die oomblik en Zambië besig om ‘n roete te plot vir ‘n toer). Ek kan enige iemand wat ‘n fiets wil huur aanbeveel om hom te kontak, die fiets het die pad opgeslurp en sy prys was die beste wat ons kon kry. ( www.gs-adventures.com ) Vir my ‘doop’ as ‘n motorfietsryer het die drie ouer manne dit goed gedink om vir die naweek gou-gou deur die Baviaanskloof te gaan ry... Ek het die fiets Donderdag middag sonder enige vuurwerke of papierwerke by Hamman in Durbanville opgetel. Ek was eintlik verbaas hoe maklik dit was. Als het goed gegaan, tot dit begin reën het. Die idee was om oor Du Toitskloofpas te gaan en Rawsonville om Swellendam toe waar die trip amptelik die Vrydag oggend, dou voor dag sou begin. Oppad het my moed my begewe en het besluit om maar deur die tonnel te gaan. Gestop by die Tolhek en gesukkel tot die sweet my afloop tot ek die geld met ‘n groot gekreun en steun uit my sak gekry het. Als goed en wel; maar daar wil die bleddie fiets nie wegkom na almal mooi rustig vir my gewag het om klaar te maak nie. Na ‘n paar benoude oomblikke wat soos ‘n ewigheid gevoel het ( jammer Albert, jy moes seker nagmerries gekry het soos die woorde in my gedagtes op jy gemik was) kom ek agter ek het die side-stand uitgeskop in my soektog na die tolgeld – so leer mens maar… Alles het verder vlot verloop en ons is Vrydag oggend vroeg weg en het een van ons makkers langs die pad by die Stilbaai afdraai gekry. Breakfast by Mosselbaai Wimpy. Gou by George aangegaan om ‘n klein probleempie op te klaar met een van die manne se remme. 5 Ure later vertrek ons weer nadat ons baie gelukkig was dat die ouens tyd in hul besige skedule gemaak het om ‘n nie so klein probleempie met die Dakar se remme uit te sorteer. (Baie dankie Lynn Schroeder Motorcycles – julle het ons naweek gered!) By Plet is ons weereens in die bek geruk toe die Dakar nie wou vat na ‘n pit-stop nie. As laaste uitweg het ons hom toe maar brand gestoot. Nou stel jou die prentjie voor. Twee ouens in volle motorfiets gewaad stoot gou‘n derde straat af terwyl die robot rooi is vir verkeer. Na die derde probeerslag gee die Dakar ‘n sluk en daar vlieg hy weg, so ewe op die agterwiel; glo die eerste keer in sy lewe wat oom Christo (63) ‘gewheelie’ het. Agter hom slaan een van sy kamerade gat oor kop in die middel van die pad. Dit was een van daai oomblikke wat hy nie weet of hy eers moet opspring, of eers moet kyk wie hom gesien het nie. Verder is hy so dik gestop en oorhaastig dat die eerste poging om op te kom hom net weer ‘n slag op moeder aarde neergebring het. Gelukkig het hy nog sy helmet aangehad en is sy identiteit gespaar. Die omstanders het gekraai van die lag. Nutteloos om te se die Funduro (skimp) het eers ver anderkant Plet weer terug gekeer na die spoedgrens. Nature's ValleyNature's Valley BloukransBloukrans Daarvandaan die N2 gevolg, afgedraai na die Grootrivier pas, na Nature’s Valley. Aan die anderkant uit het ons die N2 gekruis om die Bloukrans pas te ry. Twee pragtige klowe waarby mens meeste van die tyd ore in die nek verby jaag. ‘n Laat middag ete by Storms rivier en van daar moes die ysterperde hul voete optel tot by ons eerste oornag punt in Uitenhage. Vanaf Uitenhage is ons die volgende oggend Thornhill toe en van daar deur die toegemaakte pad oor die ou Van Stadens brug, waar jy die nuwe een van onder kan bewonder. Van Stadensrivier BrugVan Stadensrivier Brug Van daar by Saartjie Bartmann se graf om waar daar nogal ‘n indrukwekkende sonhorlosie is, deur Patensie Baviaanskloof toe. Wereld se TydWereld se Tyd Gelukkig vir my het nog nie een van die ander die kloof op motorfietse gery nie en was ons almal maar effe skrikkerig vir wat voorgelê het. Die pad in die kloof in van Patensie se kant af is definitief die slegste deel en nogal tegnies (oftewel die ergste wat ek nog gery het), maar ons is almal daar deur sonder om enige voor- of omvalle. Die ergste was om jou lyn te hou as jy dit gekies het. Die pad is baie uitgery en jy moes letterlik oor rotse en deur gate klim. Gelukkig is dit soliede rots riwwe en nie los klippe nie, so die fiets bokspring, maar gly nie. WaterWater Binne in die kloof het ons eers ‘n paar makker water kruisings gehad en ‘n worsie gebraai (jy kan nie daar sy sonder om ‘n braaitjie te maak nie) voor ons die GROTE gekry het. Die water kruising waarvoor ons almal gewag het; ‘n lang redelik gelyk drif, van so knie diep water (ek is nie te lank nie) met die rondste van ronde rivierklippe (jy moet maar jou vals tande uithaal of dit skut uit) gevolg deur ‘n diep gat sowat 8 meter lank waar ek kon hoor hoe die uitlaatpyp borrels blaas in die water. Dieper WaterDieper Water Daar was geen manier van droog bly nie. ‘n Paar benoude oomblikke later was ons almal aan die anderkant, aant giggel soos skool dogtertjies in ‘n biologie klas. Nou was die ys gebreek en het ons die res van die pad Uniondale toe gevoel of ons sweef. BaviaansBaviaans Die donker het ons gevang, en dit was vrek koud met nat voete die laaste 100 km in die donkerte, maar ons het oorwin. (Gepraat van; wat maak mens op die grondpad met die son in jou oë net voor die son sak? Mens kry niks deur die skerm gesien nie, want die stof reflekteer en mens kry nie gesien in die skadu kolle wat die bome & bosse oor die pad gooi nie. Enige raad?) Van Uniondale is ons die volgende dag met die ou ossewa pad (dieselfde pad wat mens met die Karoo 2 Coast ry) Prins Alfreds pas en toe Kom se Pad deur die bos, Knysna toe. ‘n Asemrowende stukkie pad, of jy hom nou met ‘n motorfiets of ‘n trapfiets ry. Ossewa PadOssewa Pad Prins Alfreds PasPrins Alfreds PasBosBos Van Knysna is ons deur die Phantom en Homtini Passe Barrington toe waarvandaan ons terug gekeer het N2 toe en huiswaarts gekeer het. Die hele rit van die Donderdag tot Maandag oggend wat ek die fiets weer terug besorg het was so by die 1 700 km. Ons het baie gestop en foto’s geneem en het so gemiddeld 10 uur gevat om by ons bestemming te kom. Ek het die brandstof verbruik uitgewerk en was nogal beïndruk. Dit was as volg met die 650GS. (Wat kry julle gewoonlik?) Swellendam tot Plet – 330.6 km @ 27.09 km/l (gehou by die spoed beperking – HEELTYD) Plet tot Patensie – 314.4 km @ 26.38 km/l (gehou by die spoed beperking - MEESTE VAN DIE TYD) Patensie tot Uniondale – 254.6km @ 26.6 km/l (DEUR DIE KLOOF!!!) Uniondale tot Mosselbaai – 241.4 km @ 26.7 km/l (gehou by spoed beperking - HEELTYD) Mosselbaai tot Durbanville – Vrek ver @ unknown(gehou by spoed beperking - VAN TYD TOT TYD) Nico Uys Nog 'n paar Foto's DroogmaakDroogmaakBraaiBraai VerledeVerlede ToekomsToekoms Prins Alfreds2Prins Alfreds2 Jy loer nogJy loer nogOssewa2Ossewa2

Comments

Charles Oertel's picture
Offline
Joined: 2007/04/14
Very nice report. If you had to hire a bike, where did you get the knowledge/experience of how to ride it? Had you ridden a GS before? regards Charles

Committee: Webmaster / Ride Captain

GeelKameel's picture
Offline
Joined: 2007/06/21
Baie dankie vir die verslag - wonderlike roete. Baviaanskloof is baie hoog op my lys om nog te ry. Die Prins Alfred pas, Phantom pas en Homtini pas het ek al gery - baie besonders mooi en lekker. Ek lei af julle het die hele kloof in een dag gery? Meeste ouens wat ek van weet het iewers oornag. By daai groot sonwyser in Patensie het ek 'n agterband verloor deurdat 'n stuk blik 'n slegte sny gemaak het.
nuys's picture
Offline
Joined: 2007/08/31
Thanks Charles Firs time on a GS, but I use every excuse I can think of to get a hold of my dads Funduro over the week-ends. My wife’s writing her learners next week, so maybe, just maybe we can get a 650 to start with (for reasonable price) when everyone upgrades to the 800’s
nuys's picture
Offline
Joined: 2007/08/31
Kameel - ja ons het van Uitenhage deur gery Uniondale toe, was noggal 'n lang dag, maar tyd was nie aan ons kant nie. Moes Maandag werk dat ek daai fiets kan bekostig...
Andyman's picture
Offline
Joined: 2007/06/22
Lekker report, Well done Looking forward to more of these reports. It's reports like this that make my palms itch again. Just gooto get out there... Andyman Yup that's me. Standing up in the traffic on the 1150GSA.

Andyman
Anyone can ride a bike fast....   But can you ride your bike real slow???